{"id":9008,"date":"2010-07-08T11:15:09","date_gmt":"2010-07-08T11:15:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9008"},"modified":"2010-07-08T11:15:09","modified_gmt":"2010-07-08T11:15:09","slug":"weer-praatjies-oor-mediatribunaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9008","title":{"rendered":"Weer praatjies oor mediatribunaal"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Gedagtes oor &#8216;n mediatribunaal wat vanuit ANC-geledere geopper word, is nie nuut nie. Die jongste uitsprake het egter &#8216;n krapperigheid by wat nie ge\u00efgnoreer kan word nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten eerste kom dit van &#8216;n sterk man in die ANC, sy sekretaris-generaal, Gwede Mantashe. Dit kom verder kort na dit bekend geword het dat mense met noue ANC-bande, waaronder Essop Pahad, beplan om &#8216;n nuwe koerant te begin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter die inhoudelike van Mantashe se gesprek wat die harerigste is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy meld ter aanvang van beter waghou oor etiese beriggewing, maar dan verstrengel hy hom suiwer in die politiek. In wese kom dit daarop neer dat die media gereeld &#8216;n prentjie skets dat sake onder die ANC-bewind beroerd gaan, terwyl die ANC meen sake gaan voor die wind, meen hy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy meen, soos ook baie ander, dat die Persombudsman getoon het dat die media nie in staat is om waghond oor homself te wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar kom gereeld onetiese en swak beriggewing voor wat &#8216;n redelike ingeligte leser die mure uitdryf. Die internet en ander gemeenskapsinstellings soos Twitter dra eenvoudig nuus wat die konvensionele media nie wil dra nie, by die media verby na die publiek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Mediatribunaal gaan dus waarskynlik meer doen om die konvensionele media na die ANC se pype te laat dans as wat dit daartoe gaan bydra dat die publiek minder slaggate gaan raaksien, minder van korrupsie bewus gaan wees, en minder plakkergebiede raaksien. Amper elke selfoon het &#8216;n digitale kamera en selfs &#8216;n video-opneemvermo\u00eb, en dit kan sekondes later aan die anderkant van die w\u00eareld wees. Dit kan hierdie Hansie-my-kneg-media, vrywillig of onder dwang, ernstige skade berokken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Statistiese ontledings dui ook daarop dat daar &#8216;n regstreekse verband is tussen die plekke wat lande op die persvryheidsindeks beklee, en ander indekse soos die korrupsie-indeks, die beleggersvertroue-indeks en vele meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was immers nie die media wat voor die w\u00eareldbekertoernooi Suid-Afrika as misdaadparadys voorgesit het nie, maar die misdadigers. Die media het nie die wrede plaasmoorde uit hul duim gesuig nie \u2013 inteendeel \u2013 van die media onderweg terug van Eugene Terre&#8217;Blanche se begrafnis het by nog &#8216;n plaasaanval oorgekom om die betrokke geval te verswyg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die misdaad, soos die marteldood van &#8216;n Belg, en nie die beriggewing daaroor nie, het veroorsaak dat minder mense die toernooi in Suid-Afrika kom bywoon het as wat die regering aanvanklik verwag het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering het reeds &#8216;n geweldige voorsprong op ander partye om hul saak te stel, soos die regering se kommunikasieddiens. Di\u00e9 het juis enkele jare gelede groot gewag gemaak van Suid-Afrika se goeie posisie op die persvryheidsindeks. Toe die land die kreeftegang op daardie indeks begin gaan, was die diens tjoepstil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mantashe is wel in beginsel reg as hy bekommerd is oor hoe die enkele groot mediahuise in staat sou wees om die boodskap te be\u00efnvloed wat die publiek kry, en wat daardie media pas. Groter diversifikasie is nodig, en dan behoort die voorskriftelike regulering van die lugwe\u00eb meer in ooreenstemming met die grondwetlike spraakvryheid te kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meer, eerder as minder, stemme moet gehoor word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d\u044b \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0445 \u0438\u0433\u0440\u0443\u0448\u0435\u043a \u043a\u0438\u0435\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/vestiua.com\/ru\/news\/20150223\/64209.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gedagtes oor &#8216;n mediatribunaal wat vanuit ANC-geledere geopper word, is nie nuut nie. Die jongste uitsprake het egter &#8216;n krapperigheid by wat nie ge\u00efgnoreer kan word nie. Ten eerste kom dit van &#8216;n sterk man in die ANC, sy sekretaris-generaal, Gwede Mantashe. Dit kom verder kort na dit bekend geword het dat mense met noue &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=9008\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Weer praatjies oor mediatribunaal&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9008","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9008","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9008"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9008\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9008"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9008"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9008"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}