{"id":9003,"date":"2010-07-07T07:38:42","date_gmt":"2010-07-07T07:38:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9003"},"modified":"2010-07-07T07:38:42","modified_gmt":"2010-07-07T07:38:42","slug":"eksodus-uit-die-land-vanwee-xenofobie-gerugte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9003","title":{"rendered":"Eksodus uit die land vanwe\u00eb xenofobie-gerugte"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die situasie van vreemde burgers op die N1 naby die Paarl is &#8220;heeltemal&#8221; anders as di\u00e9 van mense wat deur die xenofobiese geweld in 2008 verdryf is, het die hoof van rampbestuur in die Wes-Kaap gister ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2008 was daar werklike geweld en dreigemente, en die staat het &#8216;n duidelike verantwoordelikheid gehad om te reageer, s\u00ea Hildegard Fast.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Duidelik is die huidige situasie heel anders.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het gepraat by die toneel waar buitelanders, meesal Zimbabwi\u00ebrs, by &#8216;n vragmotorstilhouplek op die N1 gekampeer het in die hoop om &#8216;n saamrygeleentheid noordwaarts te kry.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Vrees vir xenofobiese geweld<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vele het aan verslaggewers ges\u00ea dat hulle uit Kaapstad en die omringende dorpe vlug vanwe\u00eb vrese dat &#8216;n hernieude vlaag xenofobiese geweld kan losbars as die sokkerw\u00eareldbeker eindig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Party het selfs meubelstukke by hulle gehad terwyl hulle langs die pad gewag het in die hoop om geleenthede by vragmotorbestuurders te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Fast verlaat diegene by die vragmotorstilhouplek die land vrywillig en nie as gevolg van geweld nie. Hulle reageer slegs op gerugte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons benadering is dat ons baie versigtig moet wees om nie gerug op gerug te versprei nie,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het bygevoeg dat die landbouseisoen in die Wes-Kaap di\u00e9 tyd van die jaar ten einde loop wanneer vele mense in elk geval vrywillig na Zimbabwe terugkeer, dus moet die kwessie ook binne daardie konteks gesien word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Braam Hanekom, die woordvoerder vir die vlugtelingregte-organisasie Passop, het vroe\u00ebr Dinsdag ges\u00ea dat dit &#8220;baie, baie treurig&#8221; is dat vreemde burgers so onbeskermd moet voe, en dat hulle bereid is om bloot op grond van gerugte &#8220;hulself uit die voete te maak&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit moet egter in ag geneem word dat gerugte &#8216;n baie vyandige omgewing vir buitelanders skep.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Polisie reageer<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Polisie in die Wes-Kaap was gou om te reageer, het hy ges\u00ea, en het weereens die veiligheidsforum heringestel wat na afloop van die uitbraak van xenofobiese geweld in 2008 opgerig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle het vir ons &#8216;n lys van elke polisiestasiebevelvoerder gegee wat ons 24 uur per dag kan kontak as daar enigiets van &#8216;n xenofobiese aard plaasvind,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Passop het die pogings wat deur politici op &#8216;n nasionale en provinsiale vlak aangewend word, erken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dis belangrik om munisipale raadslede, waarvan sommige in die verlede geweld teen buitelanders aangeblaas het, te kry om &#8216;n standpunt teen xenofobie in te neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die moeilikheid met hierdie gerug is dat dit soveel spanning in die gemeenskappe geskep het dat een ge\u00efsoleerde insident vinnig na ander gemeenskappe mag versprei,&#8221; het Hanekom ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea dat benewens die buitelanders wat Kaapstad verlaat, daar ook verdrywings binne die stad self plaasvind, met mense wat uit die lokasies padgee na nywerheidsgebiede toe.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Smouse koop nie nuwe voorraad<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vele Somaliese handelaars in die lokasies handhaaf hul voorraad op baie lae vlakke of koop geen nuwe voorraad nie, vanwe\u00eb &#8216;n vrees vir plundery.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder kolonel Billy Jones het ges\u00ea daar was &#8220;geen polisiewerk&#8221; betrokke nie aangesien die xenofobievrese tans net op gerugte gegrond is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die provinsiale kommissaris Mzwandile Petros het egter die veiligheidsforum byeengeroep en het burgerlike gemeenskapsorganisasies gevra om te help om mense se vrese te besweer.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/266\">advertising through social<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/doctor2.ru\/object\/mezhdunarodnie-perevozki-top-cargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die situasie van vreemde burgers op die N1 naby die Paarl is &#8220;heeltemal&#8221; anders as di\u00e9 van mense wat deur die xenofobiese geweld in 2008 verdryf is, het die hoof van rampbestuur in die Wes-Kaap gister ges\u00ea. In 2008 was daar werklike geweld en dreigemente, en die staat het &#8216;n duidelike verantwoordelikheid gehad om te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[10202,7568,7578],"class_list":["post-9003","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-eksodus-uit-die-land-vanwee-xenofobie-gerugte","tag-xenofobie","tag-zimbabwiers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9003","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9003"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9003\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9003"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9003"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9003"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}