{"id":9000,"date":"2010-07-06T06:44:52","date_gmt":"2010-07-06T06:44:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=9000"},"modified":"2010-07-06T06:44:52","modified_gmt":"2010-07-06T06:44:52","slug":"toernooi-afname-in-misdaad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=9000","title":{"rendered":"Toernooi-afname in misdaad"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Volgens die Vrystaatse polisie was daar gedurende die W\u00eareldbeker-sokkertoernooi in Bloemfontein minder misdaad, en die stelling word selfs gemaak van geen ernstige misdaad nie.<\/p>\n<p>Uit mediaberigte is dieselfde indruk gelaat, hoewel die sektorpolisi\u00ebrings-nuusbriewe nie werklik op \u2018n afname dui nie. Na die Konfed het dit byvoorbeeld uit buitelandse bronne en latere onthullings geblyk dat die misdadasituasie nie heeltemal was wat voorgegee is dat dit was nie. Boonop beweer huishulpe dat swart woongebiede tydens plaaslike wedstryde rot en kaal besteel is.  <\/p>\n<p>Indien dit egter korrek is dat daar \u2018n afname in misdaad was, is daar nietemin belangrike lesse te leer.<\/p>\n<p>Ten eerste, dat daar \u2018n saak uit te maak is vir behoorlike polisi\u00ebring. Die Vrystaatse polisie oorweeg juis om die veiligheidstrukture na die toernooi te behou omdat dit so goed gewerk het. <\/p>\n<p>Die tweede les is dat duidelike regeringstandpunt-inname skynbaar wel na die bevolking deursypel. Die eerste opspraakwekkende misdaadvoorval na die aanvang van die toernooi is dan ook deur onwettige immigrante gepleeg. <\/p>\n<p>Dit laat die vraag ontstaan: Sou daar nie dalk \u2018n paar minder plaasaanvalle kon wees as die regering deurlopend en konsekwent, en voor die voet plaasaanvalle veroordeel het nie? Het, deur meestal in al elf amptelike tale dawerend te swyg nie bygedra daartoe dat veel minder buitelanders die toernooi kom bywoon as wat aanvanklik verwag is nie? <\/p>\n<p>Was dit nou werklik nodig dat, terwyl die sogenaamde gewone misdadigers nou hul plek geken het, staats- en semi-staatsorganisasies met openbare fondse gaan sokkerkaartjies koop het. Volgens die jongste syfers is meer as \u2018n R100 miljoen se kaartjies so aangeskaf, en daar is sprake dat die uiteindelike syfer dubbel soveel kan wees. <\/p>\n<p>Die Vrystaatse polisie wys daarop dat misdaad en die sosio-ekonomiese toestande hand aan hand loop. Dit geld egter selde witrboordjiemisdade en sekere soorte geweldsmisdade soos motorkapings. Iemand roof immers nie \u2018n luukse motor of geldwa om vir sy verhongerde gesin kos op die tafel te plaas nie. Maar hoeveel van \u2018n voorbeeld kry die misdadiger wat om den brode steel, as die superrykes andermansgeld gebruik om miljoene rande se sokkerkaartjies aan te skaf?<\/p>\n<p>Terwyl dit koste-gewys en logisties dalk moeilik sal wees om die vlakke van wetstoepassing vol te hou, is dit geen koste of moeite om misdaad verbaal die stryd aan te s\u00ea nie. Die regering moet eenvoudig die regte voorbeeld stel, en aanhou stel, om te keer dat die land kort voor lank die misdaadhool is wat soveel buitelanders afgeskrik het. Dit sluit natuurlik in dat ministers en ander ho\u00eblui \u2018n silwerskoon voorbeeld moet stel. \u2018n Vis vrot immers van sy kop af.<\/p>\n<p>In plaas hiervan word iemand nou as ambassadeur in \u2018n belangrike land ontplooi, oor wie se kop \u2018n storm losgebars het. Die Departement van Internasionale Betrekkinge het bevind dat die be\u00ebdigde verklaring van \u2018n joernalis en ander aanduidings nie op enige bewyslas neerkom wat die ontplooiing in gedrang behoort te bring nie. Dieselfde departement wat \u2018n ongelukkige geskiedenis met \u2018n sekspes gehad het wat uiteindelik eers in die hof uitgepluis is, en wat oud-komm. Jackie Selebi voortgebring het. <\/p>\n<p>Al die eendjies om \u2018n verbeterde beeld te skep is nog nie in \u2018n ry nie.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/uslugi-poligraf.com\/blog\/detektor-lzhi\">\u0434\u0435\u0442\u0435\u043a\u0442\u043e\u0440 \u043b\u0436\u0438 \u043f\u0440\u043e\u0433\u0440\u0430\u043c\u043c\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/blagoustroistvo-slobodskogo-raiona-harkova-prodoljaetsya\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Volgens die Vrystaatse polisie was daar gedurende die W\u00eareldbeker-sokkertoernooi in Bloemfontein minder misdaad, en die stelling word selfs gemaak van geen ernstige misdaad nie. Uit mediaberigte is dieselfde indruk gelaat, hoewel die sektorpolisi\u00ebrings-nuusbriewe nie werklik op \u2018n afname dui nie. Na die Konfed het dit byvoorbeeld uit buitelandse bronne en latere onthullings geblyk dat die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-9000","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9000","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=9000"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/9000\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=9000"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=9000"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=9000"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}