{"id":8996,"date":"2010-07-05T06:06:47","date_gmt":"2010-07-05T06:06:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8996"},"modified":"2010-07-05T06:06:47","modified_gmt":"2010-07-05T06:06:47","slug":"skeefgetrekte-rasionaal-oor-grond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8996","title":{"rendered":"Skeefgetrekte rasionaal oor grond"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/gideon.JPG\" \/>Die aanslae op ons eiendomsreg met die klem op ons landbougrond neem in felheid toe met min. Tina Joemat-Pettersson aan die voorpunt. Uit die bloute word grondeienaars verras met \u2018n nuwe slenter om 40% van ons eiendom aan die een of ander parasiet gekamoefleer as \u2018n aandeelhouer af te staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die agbare minister maak groot gewag rondom die volgende as rasionaal hoekom grond dringend en drasties herverdeel moet word:<\/p>\n<ul>\n<li>Witmense besit agv apartheid 87% van alle grond.<\/li>\n<li>\u2019n Gebrek aan waardigheid by die massa is gelyk aan \u2018n gebrek aan toegang tot grond.<\/li>\n<li>Toegang tot grond is gelyk aan voedselsekerheid.<\/li>\n<li>Nouer samewerking met die staat is die sleutel tot oorlewing en groei.<\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vergun my die volgende kommentaar op bg illusies:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By \u2018n vorige herverdeling of afbakening van grond het lande soos Botswana, Lesotho en Swaziland hul ontstaan gehad; hiervoor is ongeveer 50% van van SA afgestaan. Dit laat die witmense en ander met 50%. Verdere herverdelings het plaasgevind waar spesifiek swartmense gronde in Kwa-Zulu Natal, asook in die Oos- en Noord-Transvaal van destyds, duisende vierkante kilometers grond ontvang het. Voeg hierby die latere TBVC-state, dan raak die 87% witmansgond belaglik en verregaande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">D\u00edt wat ons oor het, is agv regeringsmanupulasie gereduseer tot \u2018n bate wat baie handelsbanke sien as riskant en grondeienaars sodoende uitlewer aan die staat as enigste rolspeler.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waardigheid, agbare mimister, word myns insiens gemeet aan verantwoordelike burgerskap en nie noodwendig grondbesit nie. Ek ken duisende waardige witmense wat nie \u2018n duim grond besit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe belaglik om toegang tot grond as voorwaarde vir voedselsekerheid voor te hou teen die agtergrond van die staat se selferkende mislukkings met sy sg grondherverdeling waar derduisende uiters produktiewe plase misvorm is tot uitgestrekte, onkruidbegroeide, nikswerd grond.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nouer samewerking wat op niks anders dui as onbeholpe staatsinmenging nie. Die vrye mark sonder inmenging reguleer homself. Goeie regering het ten doel om goeie infrastruktuur en \u2018n veilige omgewing te skep waarin voedsel- en veselproduksie kan gedy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die agbare minister skroom nie om blatant te dreig nie. Haar ongevraagde opmerking dat, sou die boere nie gehoor gee en saamwerk (kapituleer) nie, d\u00edt wat in SA gaan kom Zimbabwe met sy bekende vergrype sal laat lyk soos \u2018n teddiebeerpiekniek. Was die kwessie nie so ernstig nie, sou ek dit amusant gevind het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Troos u die moeite en besin met u kollegas rondom die gesubsidieerde aanwas wat u kunsmatig skep om toekomstige onwaardige mense daar te stel wat nog groter druk op ons beperkte hulpbronne gaan plaas met gepaardgaande en nimmereindende konflik. Maak \u2018n plan met die miljoene der miljoene onwettiges wat ons eindeloos dreineer en nog meer druk plaas op die groepie verantwoordelike en waardige mense wat hulle met dade beywer om hierdie land te maak werk. U en u regering het uitstekende infrastruktuur oorgeneem. Begin gerus by die lewensgevaarlike slaggate en verkrummelde paaie; hiermee kan tasbare en broodnodige onderbou vir voedselsekerheid verskaf word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan medeboere: Hou aan en hou uit, koester julle eiendomsreg op die trant van: die boere is hier om te bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Aan die groter waardige gemeenskap: daar is nog Boere, daar is nog hoop!<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">casino free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ru.golos.ua\/suspilstvo\/shokin_uvolil_prokurora_harkova_1161\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die aanslae op ons eiendomsreg met die klem op ons landbougrond neem in felheid toe met min. Tina Joemat-Pettersson aan die voorpunt. Uit die bloute word grondeienaars verras met \u2018n nuwe slenter om 40% van ons eiendom aan die een of ander parasiet gekamoefleer as \u2018n aandeelhouer af te staan. Die agbare minister maak groot [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[77],"tags":[9625,4946,4111,21092,10192,10193],"class_list":["post-8996","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c67-gideon-meiring","tag-grond","tag-grondhervorming","tag-landbou","tag-rubrieke","tag-skeefgetrekte-rasionaal-oor-grond","tag-tina-joemat-pettersson"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8996","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8996"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8996\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8996"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8996"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8996"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}