{"id":8995,"date":"2010-07-05T05:56:34","date_gmt":"2010-07-05T05:56:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8995"},"modified":"2010-07-05T05:56:34","modified_gmt":"2010-07-05T05:56:34","slug":"herrie-se-kerrie-kasterolie-vir-kroekende-stiefregters","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8995","title":{"rendered":"Herrie se kerrie: Kasterolie vir kroekende stiefregters"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Hoe gaan die pragtige liedjie nou weer?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDon\u2019t cry for me Maradonna.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of so iets.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sokker begin nou einde se kant toe staan, en so ook hopelik die vuvuzela-blasery ho\u00ebr op oorkant die straat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herrie is net nie so seker of dit so \u2018n wonderlike vooruitsig is om van Fifa se koloniale regering die afgelope paar weke ontslae te wees nie. Veral as dit sou beteken dat mense met \u2018n W vir wiskunde, en \u2018n H vir Houtwerk weer die land kom wysmaak hoe die land regeer moet word nie. En wie vir wie moet skiet nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die afgelope paar weke was misdaad immers minder in die nuus &#8230; behalwe natuurlik toe Paris Hilton glo saam met \u2018n vriendin met zolle betrap is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soveel bekendes was hier, dis eintlik snaaks Madonna het nie ook hier \u2018n Vigswesie of twee kom aanneem, en dat Oprah nie nog \u2018n skool kom open het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat Herrie egter altyd sal bybly is dat sport \u2018n element van sportmanskap moet bevat, anders kom die son nie weer op nie \u2013 of so voel dit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die stiefregters wat in die toernooi opgetree het, herinner Herrie aan die Biskoppe en SACS se \u201cskeidsregters\u201d as ons kleintyd af van Stellenbosch af teen daai Kaapse spogskole gaan speel het. Vir daai skeidsregters was daar net een re\u00ebl \u2013 \u2018n strafskop as \u2018n Afrikaanssprekende aan die bal durf vat. Dit was frustrasie op frustrasie, en daar was geen kyk-weer om die verneukspul te bewys nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">(Nou moet Herrie darem erken, \u2018n strafskop wat die uwe op die lyf geloop het was darem anders. Herrie, as flank, en SACS se heelagter het saam \u2018n bal gejaag wat een van Herrie se spanmaats deurgeskop het. Was Herrie eerste daar, is dit \u2018n drie. Maar daai Engelsman hou tree vir tree by. En dis toe dat Herrie se knie maar bietjie \u201cswik\u201d en met die reguitmaak kom Herrie se skouer onder die arme Engelsman se skouer op. Kyk, daai klomp sokkerspelers het nie een so lekker gevlieg soos di\u00e9 Engelsman nie, maar hy het nog nie eens afgekom nie, toe word daai fluitjie geblaas dat \u2018n vuvuzela na \u2018n bekfluitjie sou klink.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Herrie is bly om te sien die sokkermense neem lesse by die rugbymense. Al is dit nou ook ouerige re\u00ebls. Soos \u201chacking\u201d (om die opponent se bene onder hom uit te skop). By rugby is dit al jare \u2018n doodsonde, met Boer Coetzer wat seker al dertig jaar gelede, toe rugby nog nie die rooi kaart uitgevind het nie, afgejaag is omdat hy \u2018n opponent gepootjie het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou word op die sokkerveld \u201chacking\u201d gedoen of dit uit die mode raak, maar, smaak dit Herrie, die skeidsregters is half te\u00eb daarop.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog iets wat sokker met rugby gemeen het, is onkantspel. Maar, moet Herrie bieg, daai sokker-onkant is vir Herrie Grieks en Hebreeus, want van die doele is geskop deur spelers wat in rugbyterme in \u2018n oupa van \u2018n onkantposisie was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die sokkerspelers se toneeltalent het dit laat lyk of hulle onder \u2018n ander ou rugbyre\u00ebl, \u201cstragging,\u201d deurgeloop het. Dis nou om die opponent te wurg tot hy die bal los.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar, moet Herrie die sokkermense ter ere nagee, hulle vat \u2018n loesing, al het die ref ho\u00e9 gekroek, beter as baie rugbyspelers.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\">italiasvet<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/comments.ua\/society\/596417-trehletniy-malchik-skonchalsya.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoe gaan die pragtige liedjie nou weer? \u201cDon\u2019t cry for me Maradonna.\u201d Of so iets. Die sokker begin nou einde se kant toe staan, en so ook hopelik die vuvuzela-blasery ho\u00ebr op oorkant die straat. Herrie is net nie so seker of dit so \u2018n wonderlike vooruitsig is om van Fifa se koloniale regering die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[10189,10190,21092,10191,21133],"class_list":["post-8995","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-herrie-se-kerrie-kasterolie-vir-kroekende-stiefregters","tag-maradonna","tag-rubrieke","tag-skeidsregters","tag-c115-sokker"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8995","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8995"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8995\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8995"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8995"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8995"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}