{"id":8994,"date":"2010-07-05T05:52:42","date_gmt":"2010-07-05T05:52:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8994"},"modified":"2010-07-05T05:52:42","modified_gmt":"2010-07-05T05:52:42","slug":"as-hulle-dan-nie-brood-het-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8994","title":{"rendered":"As hulle dan nie brood het nie &#8230;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201cAs hulle dan nie brood het om te eet nie, laat hulle koek eet.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer die inkomstegaping in \u2018n land te groot word, so lui die model van relatiewe deprevasie, dan raak die rewolusion\u00eare klimaat ook baie groot.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie beginsel behoort nie aan die regering vreemd te wees nie. Die ANC is immers met die SAKP in alliansie, en \u2018n rewolusion\u00eare klimaat is waarop die kommuniste tradisioneel teer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuus dat Eskom se topbestuur aan hulself verhogings van gemiddeld 83 % toegeken het, en kopsku was om \u2018n aanbod van meer as \u2018n tiende hiervan aan die werkers te maak, was dus vir baie \u2018n skok.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sulke reusebestuursverhogings gebeur selde in isolasie, en dit wil voorkom asof dit di\u00e9 keer ook nie anders was nie, met die vervoerstaking wat om min of meer dieselfde rede groot ontwrigting op die vooraand van W\u00eareldbekersokkertoernooi gebring het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is maklik om werkers te verkwalik vir ho\u00ebr as inflasieverhogings te midde van ernstige pogings om inflasie hok te slaan, en pogings om die impak van die w\u00eareldekonomiese krisis af te skud. Boonop lyk dit uiters selfsugtig om groot verhogings af te dwing as daar \u2018n toename in werkloosheid te midde van reeds baie ho\u00eb werkloosheidsyfers is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alle redenasies loop hulself egter bloedneus as die bestuur van ondernemings, veral semi-staatsinstellings, aan hulself banale verhogings toeken. Daar sal teen-argumente wees soos dat ho\u00ebvlak kundigheid uiters skaars en nodig is om hierdie instellings te laat vlot. Daardie argument het egter voorbehoude, soos dat die kundigheid wat behou moet word wel die vakkundige kundigheid insluit, en dat bestuur wat sulke rojale meevallers kry inderdaad oor die bestuursvaardighede beskik. Wanneer na die geskiedenis van die afgelope dekade en \u2018n ietsie gelet word, lyk dit nie so nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voor hierdie jongste reeks verhogings was Suid-Afrika al \u2018n ruk lank die land met die grootste meetbare inkomstegaping.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Peperduur paloekas stuur gewoon die verkeerde boodskap na die werkers uit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit laat die vraag ontstaan oor hoekom die regering dit toelaat. \u2018n Nuwe aristokrasie is immers uit pas met \u2018n regering waar ANC-raadslede net voor hulle Bloemfontein se tariewe verlammend verhoog, sing \u201c  We are Communists  .\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is reeds soveel vreemdhede wat op die regering se brood gesmeer kan word, dat \u2018n waarnemer stellig nie verbaas moet staan as daar nog \u2018n vreemdheid ook kop uitsteek nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So \u2018n klein poel van mense wat vermoedelik superbelasting betaal, sal kollektief hopeloos te min oplewer om munisipale begrotings te laat klop, of die staat in staat stel om sy program van mense wat welsynstoelaes ontvang uit te brei. Omdat hierdie super-betaaldes nie in die werklike produktiewe sektor is nie, sal dit nie genoeg entrepreneurskap inspireer om werksgeleenthede te skep nie. Trouens, dit werk soos roes op bestaande werksgeleenthede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het \u2018n soortgelyke uitwerking as die super-verhogings wat Bloemfontein nou op die lyf geloop het. Terwyl dit amptelik gedoen word om te neem by die sogenaamde rykes sodat die armes beter versorg word en meer gratis dienste kan ontvang, is dit reeds duidelik dat baie huishoudings nou noodwendig hul huishulpe moet laat gaan, en verskeie ondernemings hul deure moet sluit. Daar is selfs van \u2018n kollektiewe strafreaksie om huishulpe te laat loop sprake.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die ekonomiese herstelprogramme wat talle lande opgestel het, is ellelange segmente aan moraliteit gespandeer. Toe dit blyk dat van die Amerikaanse maatskappye wat met staatshulp uit die verknorsing gehelp is, van daardie geld gebruik het om weer aan hul elite reuse bonusse te betaal, was die vet in die vuur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die een of ander rede lyk dit of niks die nuwe klas eietydse Mandaryne van hul grypsug sal genees nie, al veroorsaak dit dat die land vir die gewone burger ekonomies kreupel sal bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Antwoord is waarskynlik meer in opportunistiese politiek te vinde \u2013 maak die rykes in ANC-geledere so ryk dat \u2018n volle implementering van sosialisme hulle steeds superryk laat. Dan is daar nie uit daardie geledere protes nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/zdorov-e-i-ujut\/transport\/roliki\">\u0440\u043e\u043b\u0438\u043a\u0438 \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0441\u043a\u043e\u0439 \u043e\u0431\u043b\u0430\u0441\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cAs hulle dan nie brood het om te eet nie, laat hulle koek eet.\u201d Wanneer die inkomstegaping in \u2018n land te groot word, so lui die model van relatiewe deprevasie, dan raak die rewolusion\u00eare klimaat ook baie groot. Hierdie beginsel behoort nie aan die regering vreemd te wees nie. Die ANC is immers met die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8994\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;As hulle dan nie brood het nie &#8230;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[227,10187,4827,21107,21093,8009,10188],"class_list":["post-8994","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-anc","tag-as-hulle-dan-nie-brood-het-nie","tag-eskom","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings","tag-sakp","tag-verhogings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8994","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8994"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8994\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8994"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8994"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8994"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}