{"id":8969,"date":"2010-07-01T06:22:42","date_gmt":"2010-07-01T06:22:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8969"},"modified":"2010-07-01T06:22:42","modified_gmt":"2010-07-01T06:22:42","slug":"sielkundige-impak-van-wereld-ekonomiese-krisis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8969","title":{"rendered":"Sielkundige impak van w\u00eareld-ekonomiese krisis"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl \u2018n Amerikaanse paneel nog nie onomwonde kon bevestig dat die w\u00eareld-ekonomiese krisis iets van die verlede is nie, is dit duidelik dat state, instansies en individue nie deur die krisis onaangeraak is nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die VSA is daar selfs \u2018n groep wat \u2018n dubbele insinking, die sogenaamde \u201cdouble dip\u201d verwag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Versigtigheid is nou die wagwoord. Die versigtigheid kleef nog duidelik na aanvanklike woede toe dit geblyk het inhalige magnate het so laag gedaal om staatshulp om hulle kop bo water te hou, te gebruik om opnuut banale bonusse aan hulself toe te ken.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, die woede was so erg dat daar in Nederland \u2018n ernstige poging was om bankbase persoonlik aanspreeklik te hou vir verliese as gevolg van dom-onnosele besluite, terwyl sommiges selfs wetgewing gevra het wat tronkstraf moontlik sou maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die   Pew Research Center   in die VSA het \u2018n peiling gedoen oor hoe die krisis gesinne geraak het, en hoe dit mense se denke be\u00efnvloed het. Meer as die helfte van die VSA se werksmag het werksverliese ervaar, moes instem tot salarisvermindering of moes verminderde ure werk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Agt elemente is ge\u00efdentifiseer oor hoe dit Amerikaners geraak het:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<ul>\n<li>32 % van die volwasse werksmag het in die resessie tye van werkloosheid ervaar.<\/li>\n<li>28 % van die mense wat werk het, se werksure is verminder, 23 % se salarisse is verminder, en 11 % is van permanente na tydelike werkers omgeskakel.<\/li>\n<li>62 % volwassenes het aangedui hulle spandeer minder as voor die resessie, en 31 % beplan om na die resessie steeds minder te bly spandeer.<\/li>\n<li>Ongeveer 6 uit tien mense wat ouer as 50 is, meen hulle sal dalk aftreeplanne moet uitstel omdat hulle nie seker is dat hulle genoeg voorsiening gemaak het nie. Die opname wys egter dat dit die sg \u201cbaby boomers\u201d is wat die hardste getref is, en ongeveer 30 % van hierdie jong mense is nou onseker of hulle genoeg sal kan verdien om vir aftrede voorsiening te maak. (Dit is veelseggend in die VSA met sy Green Card-stelsel).<\/li>\n<li>Ongeveer die helfte van die huiseienaars meen hul huise se waarde het afgeneem, en amper 40 % meen dit sal 6 jaar of langer neem om te herstel.<\/li>\n<li>Altesaam 26 % van die Amerikaners meen hul kinders sal, wanneer hulle die ouers se huidige ouderdom bereik, \u2018n laer lewenstandaard handhaaf.&nbsp; \u2018n Dekade tevore was slegs 10 % hierdie mening toegedaan.<\/li>\n<li>63 % meen dit sal die VSA tot drie jaar neem ekonomies heeltemal te herstel.<\/li>\n<li>Die peiling toon dat meer republikeine positief is oor die ekonomie wanneer die land deur \u2018n republikeinse president regeer word, terwyl meer Demokrate die mening toegedaan is wanneer \u2018n Demokraat sy intrek in die Wit Huis geneem het.<\/li>\n<\/ul>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In lande soos Belgi\u00eb is omvattende hoofstukke oor moraliteit in die ekonomiese herstelplanne ingeskryf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen di\u00e9 agtergrond is dit belangrik om die oog te hou op faktore hier te lande, soos Mangaung wat nou blykbaar van \u2018n ontwikkelingsbegroting na \u2018n welsynsbegroting oorgeslaan en die gans wat die goue eiers l\u00ea geslag het. Ministers wat peperduur vuurwaens aanskaf terwyl die nasionale begroting nie meer al die (slag)gate toestop nie. Korrupsie, die diefstal van \u2018n land se toekoms, wil maar nie wyk nie. Hierdie swartgallige lysie is ongelooflik lank.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Fifa-toernooi is nog nie eens in die pylvlak nie, en die \u201cdouble dip\u201d-sindroom slaan wyd uit. Ekonomies gesproke is volslae swartgalligheid dalk oordadig, maar versigtigheid is aangewese, en bel\u00ea in die toekoms onontbeerlik.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\">poteha-detyam<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63827-uspehi-harkovskoy-oblastnoy-prokuratury-i-zakonodatelnye-iniciativy-danilchenko.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl \u2018n Amerikaanse paneel nog nie onomwonde kon bevestig dat die w\u00eareld-ekonomiese krisis iets van die verlede is nie, is dit duidelik dat state, instansies en individue nie deur die krisis onaangeraak is nie. In die VSA is daar selfs \u2018n groep wat \u2018n dubbele insinking, die sogenaamde \u201cdouble dip\u201d verwag. Versigtigheid is nou die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8969\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Sielkundige impak van w\u00eareld-ekonomiese krisis&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[5336,21107,21093,10149,10147,2242,2848,10148],"class_list":["post-8969","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-fifa","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings","tag-pew-research-center","tag-sielkundige-impak-van-wereld-ekonomiese-krisis","tag-suid-afrika","tag-vsa","tag-wereld-ekonomiese-krisis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8969","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8969"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8969\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8969"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8969"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8969"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}