{"id":8967,"date":"2010-06-30T11:24:48","date_gmt":"2010-06-30T11:24:48","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8967"},"modified":"2010-06-30T11:24:48","modified_gmt":"2010-06-30T11:24:48","slug":"bepleit-bekker-ideekolonialisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8967","title":{"rendered":"Bepleit Bekker ide\u00ebkolonialisme?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Onlangse beriggie in Naspers het bykans ongesiens verbygegaan.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Koos Bekker, uitvoerende hoof van Naspers, het gewys na voordele van &#8220;sosiale media&#8221; asook die gevare en dat dit tot polarisasie kan lei. (Beriggie hieronder).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie kwessie word al lank en ruim deur talle instansies en individue onder die loep geneem. Die baken hiervan, uit die gedrukte media, was toe Tim du Plessis, destyds nog redakteur van Rapport, gewys het daarop dat hoofstroom media dwaas sal wees om nuus vir sekere doeleindes te manipuleer, omdat die werklike toedrag gewoon daaromheen sal vloei, soos deur die &#8220;alewige blogs.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bekker lys nou Facebook, Twitter en Myspace. Twitter het bekendheid verwerf toe di\u00e9 netwerk intensief ingespan is om die ware toedrag van sake met die laaste Iranse presidentsverkiesing te versprei. Koerante oorsee het nie net geskrewe inligting gekry nie, maar foto&#8217;s en videomateriaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, met di\u00e9 dat bykans amper elke mens nou &#8216;n wandelende joernalis is, en gereeld voor die dienende joernaliste op tonele soos ongelukke kan wees, wend verskeie media oorsee nou al lede van die publiek as &#8220;gemeenskapspers&#8221; aan om stories en foto&#8217;s uit alle uithoeke van die betrokke lande te verkry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wetlike druk van die media hier om aan ras- en geslagskwotas te voldoen, slurp bedryfsgeldjies op en korrespondente, vryskutjoernaliste (tensy hulle goeie verbintenisse het) en gemeenskapsjoernaliste trek noustrop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Internasionaal wil dit ook nog nie voorkom of adverteerders \u2013 enige media se lewensbloed \u2013 nog dieselfde premie op internetgedrewe media plaas as op die gedrukte, of die uitsaaimedia nie. Baie van die nuusblogs en woernale is dus nie kommersi\u00eble bedrywe nie. En hoewel die meeste slegs deur groot persoonlike opoffering bestaan en kwaliteit lewer, is die konvensionele media tog bekommerd. Dit ding wel om die advertensiekoek mee, en, soos Bekker dit stel, dit werk fragmentering aan die hand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit die berig is dit nie duidelik of Bekker hier in wese erken dat die pers, en dan spesifiek sy groep, &#8216;n soort eenvormige gedagtekolonialisme beoefen nie. Dit is moeilik om enige ander afleiding te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, onder die vorige redakteur het die Volksblad in &#8216;n hoofartikel, na kritiek oor partypolitieke bevooroordeeldheid tydens &#8216;n Kovsie-studenteverkiesing, sy eie beleidsbeginsels geplaas en daarby verklaar dat enige party wat hierdie beginsels onderskryf, die Volksblad se steun verdien. Di\u00e9 beleidstelling was nie van di\u00e9 van die DA te onderskei nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met &#8216;n vorige poging om &#8216;n missie te stel, het &#8216;n briefskrywer opgemerk dat die woord &#8220;Christelik&#8221; ontbreek. Volksblad het gekursifiseerd onderaan die brief geantwoord dat dit vanselfsprekend inbegrepe was. Met die latere beleidstelling was &#8220;Christelik&#8221; weer afwesig en was daar nie &#8216;n beroering onder lesers nie. Onder dieselfde redakteur het Volksblad verklaar dat &#8220;aborsie nie meer deel van die openbare debat&#8221; was nie. Met die laaste rits openbare debatte oor gewysigde aborsiewetgewing, het Volksblad en sy gemeenskapskoerante, die openbare verhore totaal ge\u00efgnoreer. Ander gemeenskapskoerante vanuit Media 24 se stal in die Vrystaat het egter wel nuusdekking verleen. Na die betrokke redakteur afgetree het, het verskeie omvangryke artikels en gere\u00eblde nuusdekking oor aborsie w\u00e9l in Volksblad verskyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die punt is, die nuus, en nie die redakteur of koerantgroep se ideologie nie, maak die nuus. As die nuus dan via ander &#8220;sosiale netwerke&#8221; rondom die tradisionele media beweeg, bevind hulle hulself in effektief dieselfde posisie as veral Arabiese lande se regerings wat streng perssensuur toepas, maar nie kan verhinder die dat die publiek goed ingelig is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As koerante sy &#8220;saamtrekkende krag&#8221; (aldus Bekker) wil gebruik om by voorkeur mense uit die dampkring van Max du Preez (pas byna woordeliks nagepraat deur prof. Amanda Gouws), Henry Jeffreys, Zelda Jongbloed en ander te &#8220;kolonialiseer&#8221; is dit te wagte dat &#8216;n toenemende aantal denkende mense hulle tot alternatiewe sal wend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit &#8216;n globale perspektief handhaaf hierdie mense (Max en kie) &#8216;n &#8220;politieke visie&#8221; wat reeds ongeveer dertig jaar uitgediend is. Verdien die publiek nie &#8216;n meer verteenwoordigende globale staatkundige en politieke perspektief nie? L\u00ea die probleem van polarisasie nie eerder daarin dat baie mense nou net aan een van die perspektiewe blootgestel word nie en dan noodwendig elders na die geheelbeeld moet soek?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om te argumenteer dat dit wat aan lesers in terme van politieke en staatkundige be\u00efnvloeding voorgesit moet word, aan die kriteria van fatsoenlikheid moet voldoen, gaan gewoon nie op nie. Gebrek aan fatsoenlikheid kom nie net op een deel van die politieke spektrum voor nie. Dit sal byvoorbeeld bars gaan om Jeffreys se &#8220;Afrikaner-afvalliges&#8221; in enige dampkring &#8216;n baadjie van fatsoenlikheid aan te trek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En kan politieke retoriek gebaseer op foutiewe inligting enigsins kwalifiseer om as &#8220;fatsoenlik&#8221; voorgesit te word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;D\u00ede media kan tot fragmentering lei&#8217;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">KAAPSTAD. \u2013 Daar is voordele aan sosiale media, maar dit kan tot die fragmentering van ons samelewing lei, het mnr. Koos Bekker, uitvoerende hoof van Naspers, gister gewaarsku in &#8216;n praatjie oor sosiale media in die Kiks.<br \/>Sosiale netwerke soos Facebook, Twitter en Myspace se rol in die samelewing het die naweek op Fortune, Time en CNN se Global Forum ter sprake gekom. Volgens Bekker word daar al hoe meer wegbeweeg van gestandaardiseerde media soos koerante en tydskrifte, en mense wat nog saam die 19:00 nuus kyk en die volgende dag kan saampraat oor wat in die w\u00eareld aangaan. &#8220;Die sametrekkende krag van media (soos koerante) wat gebruik word, word verswak.&#8221;<br \/>Hy het ges\u00ea dit word al hoe makliker om in kleiner groepies bymekaar te kom, wat kan lei tot polarisasie. &#8220;En ons word so versterk in ons vooroordele.&#8221; \u2013 Alicestine October<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/302\">how to promote<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Onlangse beriggie in Naspers het bykans ongesiens verbygegaan. Koos Bekker, uitvoerende hoof van Naspers, het gewys na voordele van &#8220;sosiale media&#8221; asook die gevare en dat dit tot polarisasie kan lei. (Beriggie hieronder). Hierdie kwessie word al lank en ruim deur talle instansies en individue onder die loep geneem. Die baken hiervan, uit die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8967\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bepleit Bekker ide\u00ebkolonialisme?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-8967","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8967","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8967"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8967\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8967"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8967"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8967"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}