{"id":8959,"date":"2010-06-30T05:14:09","date_gmt":"2010-06-30T05:14:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8959"},"modified":"2010-06-30T05:14:09","modified_gmt":"2010-06-30T05:14:09","slug":"beste-stede-ter-wereld-le-wyd-of-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8959","title":{"rendered":"Beste stede ter w\u00eareld l\u00ea wyd \u2013 of nie?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">In 2008 het Kaapstad in &#8216;n opname onder 25 000 lesers van twee Britse koerante die titel van &#8220;beste stad ter w\u00eareld&#8221; verower. Johannesburg tel onder een van die mees bekostigbare stede ter w\u00eareld, maar omdat die beskikbare tabelle gewoonlik van die duurste af werk, en dan net die eerste 50 lys, is dit moeilik om sinvol Suid-Afrikaanse stede met die buiteland te meet.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe vaar Afrikastede se aantrekkingskrag as wetenskaplike peilings gebruik word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stad wat die duurste vir buitelanders is om in te woon en twee van die drie duurste stede is in Afrika, blyk uit Mercer se jongste opname. Luanda, die Angolese hoofstad, klop nou Tokyo as die stad waar buitelanders die gordel die styfste moet intrek, met N&#8217;Djamena in Tsjad in die derde plek. Hulle word deur Moskou en Gen\u00e8ve gevolg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op verlede jaar se lys van duurste stede was Tokio die duurste, gevolg deur Osaka, Moskou, Gen\u00e8ve, Hong Kong en Z\u00fcrich. Hierdie lys kan egter nie vergelyk word met die lys van duurste stede vir buitelanders om in te woon nie, omdat wisselkoerse &#8216;n reuse verskil maak. Afrikastede soos Lagos, Dakar en Algiers kom eers van die 28ste posisie af aan die beurt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die &#8220;beste stede om in te woon&#8221; word die top-drie ingeneem deur Duitssprekende stede, Wenen in Oostenryk, en Z\u00fcrich en Gen\u00e8ve in Switserland. Stede in Duitsland onder die top tien sluit in D\u00fcsseldorf, Frankfurt en M\u00fcnchen.  Bern in Switserland is in die 9de plek. Geen Afrikastad tel onder die top 50 nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen Afrikastad tel ook onder die top 50 op die eko-ranglys nie. Hier neem stede in Kanada, die VSA (Honolulu), Finland en Nieu-Seeland die topposisies in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarnemers waarsku dat dit &#8216;n uiters komplekse proses is om geldgewys te bepaal waar dit die lonendste is om te woon. Huispryse is nie altyd in ooreenstemming met ander lewenskoste nie. Boonop, voor &#8216;n mens trekplanne kry, moet &#8216;n mens vasstel hoe betalend die persoon se beroep in die nuwe bestemming is. Dit help weinig om agter goedkoper lewenskoste aan te trek, maar daar &#8216;n hongerloon te verdien.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-94\/letnjaja-odezhda\/futbolki-bluzy-rubashki?p=5\">\u0440\u0443\u0431\u0430\u0448\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3895972\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In 2008 het Kaapstad in &#8216;n opname onder 25 000 lesers van twee Britse koerante die titel van &#8220;beste stad ter w\u00eareld&#8221; verower. Johannesburg tel onder een van die mees bekostigbare stede ter w\u00eareld, maar omdat die beskikbare tabelle gewoonlik van die duurste af werk, en dan net die eerste 50 lys, is dit moeilik &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8959\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Beste stede ter w\u00eareld l\u00ea wyd \u2013 of nie?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-8959","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8959","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8959"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8959\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8959"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8959"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8959"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}