{"id":8932,"date":"2010-06-28T06:31:03","date_gmt":"2010-06-28T06:31:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8932"},"modified":"2010-06-28T06:31:03","modified_gmt":"2010-06-28T06:31:03","slug":"g-8-gee-min","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8932","title":{"rendered":"G-8 gee min"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dat veral sommige lande van die G-8 erg agter skedule is met miljarde dollar beloofde ontwikkelingshulp aan ontwikkelde lande is \u2018n feit, maar daar is ook \u2018n ander sy aan di\u00e9 dollarmunt.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Europese Kommissie se voorwaardes vir ontwikkelingshulp maak dit baie duidelik aan watter vereistes lande moet voldoen om vir die ontwikkelingshulp te kwalifiseer. Onder die hoofvoorwaardes is die wyse waarop korrupsie en demokrasie bestuur word. Is die pogings om korrupsie hok te slaan nie sterk genoeg nie, en is daar te min neerslag van demokrasie, word die geld nie na die ontvangerlande se staatskas gekanaliseer nie, maar na nie-regeringsorganisasies en dus grootliks buite bereik van die grypsugtige regerings. Pres. Robert Mugabe se galbrakery teen NRO\u2019s is welbekend.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer die VSA se minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton, in Nigeri\u00eb die Nigeriese regering oor die uitroei van korrupsie aanspreek, dan spreek dit boekdele van erns.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog verwag die ontwikkelende lande steeds \u2018n oop hand ten spyte van volgehoue nepokrasie\u00eb, kleptokrasie\u00eb en ander mismaaksels. Die G-8-lande is hard deur die w\u00eareld-ekonomiese krisis getref. Hoe maklik sal hulle geld kanaliseer na \u2018n land waar die munisipaliteite saam in een jaar R13 miljard wanaangewend en vermors het? Watter boodskap stuur die regering uit deur die hersirkulering van kaders wat reeds uitgevang is en selfs ontslaan is, in ho\u00ebr of gelyke poste. Die lys word al langer, met die jongste   Phil Mohlahlane     wat as waarnemende hoof- uitvoerende beampte by die Landbank die trekpas gekry het en nou \u2018n senior pos by die Limpopo Landbou-ontwikkelingskorporasie losgeslaan het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op munisipale vlak lyk dit al meer na \u201cmusical chairs\u201d soos uitgevangde munisipale bestuurders elders weer munisipale bestuurders, waarnemende munisipale bestuurder soos op Ventersdorp, of administrateurs word soos wat met die afgedankte munisipale bestuurder van Mangaung gebeur het, en wat nou op aanklagte van onder meer korrupsie en rampokkery tereg staan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika, en Afrika, se hantering van pres. Robert Mugabe en ander Afrikaleiers, onder andere een vir wie die Internasionale Strafhof \u2018n lasbrief uitgereik het, sal beslis ook nie die lus vir geld-uitdelery aanwakker nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit moet ook in gedagte gehou word dat verskeie Europese regerings beduidende hoofstukke in hul eie ekonomiese herstelplanne ingeskryf het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In skrille teenstelling hiermee wil pres. Jacob Zuma \u2018n openbare debat voer om moraliteit te herdefinieer sodat sekere praktyke aanvaarbaar sal wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Clinton het pas haar vorige monduitspoelery oor die korrupsie op die kontinent opgevolg met \u2018n duidelike streep in die sand te trek dat Afrika self sy voetwerk vir bevatlikheid vir hulp in orde moet kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik, in \u2018n globale ekonomie, maak dit sin om te bel\u00ea waar hulpbronne is. Die kwessie van relatiewe prysvoordeel is nog ver van behoorlik ontwikkel oor die natuurlike ingesteldheid tot proteksionisme. Die bietjie uitvoer-vervaardiging van Ethiopi\u00eb is enkele jare gelede deur elektrisiteitstekorte nek omgedraai. Toe die kragkrisis oorkom is \u2013 tydelik blyk dit nou \u2013 kon die eertydse vervaardigers nie hul buitelandse marke herwin nie. Doeltreffender mededingers het die geleenthede opgeslurp. Dis taai, en Kersvader kom net eenkeer per jaar.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">roulette games no<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/2day.kh.ua\/4-dostijeniya-leta-v-kharkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dat veral sommige lande van die G-8 erg agter skedule is met miljarde dollar beloofde ontwikkelingshulp aan ontwikkelde lande is \u2018n feit, maar daar is ook \u2018n ander sy aan di\u00e9 dollarmunt. Die Europese Kommissie se voorwaardes vir ontwikkelingshulp maak dit baie duidelik aan watter vereistes lande moet voldoen om vir die ontwikkelingshulp te kwalifiseer. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8932\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;G-8 gee min&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[5031,10136,10135,10137,5829,21107,21093,6034],"class_list":["post-8932","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-demokrasie","tag-europese-kommissie","tag-g-8-gee-min","tag-g8","tag-hillary-clinton","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings","tag-robert-mugabe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8932","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8932"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8932\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8932"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8932"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8932"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}