{"id":8925,"date":"2010-06-25T08:32:07","date_gmt":"2010-06-25T08:32:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8925"},"modified":"2010-06-25T08:32:07","modified_gmt":"2010-06-25T08:32:07","slug":"herrie-se-kerrie-oumagrootjie-se-moet-troue","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8925","title":{"rendered":"Herrie se kerrie: Oumagrootjie se m\u00f3\u00e9t troue"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Met die kleinhuisie-moles in die Kaap kan Herrie nie verstaan hoekom die volkie saans vasgenael voor die TV sit en sepies kyk nie. Ja, s\u00ea Groot Herrie, die kleinhuisiemoles laat die k*k behoorlik spat &#8230; by wyse van spreke natuurlik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar saans sit die nasie Sewende Laan en kyk, omtrent soos \u2018n eietydse boekevat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En van boekevat gepraat, daar was al \u2018n paar gevalle waar inbrekers veel meer as boeke gevat het terwyl die huismense vasgenael sit en kyk wat aangaan \u201cin die Laan.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens \u2018n gewoonlik betroubare bron was daar nog nie \u2018n enkele swangerskap in Sewende Laan wat nie buite die eg was nie. Tot Jan-Hendrik se eerste vrou se verwagting was in afwagting van \u2018n ding met die boetie (vertel die bron).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou, so klink dit vir Herrie, \u2018n beter naam vir Sewende Laan sou die Afrikaanse naam vir die reeks, Dallas, wees. Spyk*rkaskenades.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dis nie van vandag af dat die volkie darem geweet het hoe om te vry dat die rook trek nie. Van Herrie maar kan onthou is gefluister van iemand wat in die ander tyd is, iemand, wat soos Worsie ges\u00ea het oor die tou geval het, moet troue, en vele meer. Dit lyk ook of die hompiekedompioes wat gebruik is, al jare lank van Indi\u00eb af kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die moet-troue die verste terug waarvan Herrie weet is \u2018n vriend se oumagrootjie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vertel die vriend, hy was stom verbaas oor hoe di\u00e9 oumagrootjie heel openlik gepraat het oor haar moet-troue. Na oumagrootjie al weggeval het, pla die ding hom nog, en hy vra sy pa daarna.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy pa lag. \u201cJa, jou oumagrootjie moes trou. Toe sy nog \u2018n jong meisie was, het daar \u2018n vryersklong gekom, waaroor sy nog nie seker was oor hoe sy voel nie. Op \u2018n dag gaan ry hulle perd, en toe die jongetjie haar op die perd help, toe skuif haar rok bietjie op en hy sien haar kaal enkel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cToe moet ek maar met hom trou,\u201d het ouma vertel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 storie het naderhand \u2018n tweede vers bygekry, wat oumagrootjie heelwat later in die geskiedenis plaas. Die tweede vers het sy oorsprong \u2018n \u2018n gepubliseerde storie, maar Herrie kan nou glad nie onthou in watter bundel en deur watter skrywer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede vers lui dat die ouma se enkel gewys het toe die tweetjies op die plaas gaan stap het, en die jongetjie vir ouma deur die draad gehelp het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met hul vyftigste huweliksherdenking kry hulle lus om weer daai stap nostalgies te gaan stap. Die plaas is toe al lankal in ander hande, maar die kinders kry \u2018n toestemming gere\u00ebl.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die twee oues by die draad kom, is dit \u2018n blinknuwe draad. Deur moet hulle deur, ter wille van die besondere herinnering. Maar skaars is die tante nog in die proses, toe skop sy die oom se knieskyf dat dit heel skeef staan. Die tante vlieg op: \u201cNou wie het daai draad loop elektrifiseer?\u201d<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/mashinki-i-tehnika\/tehnika-na-upravlenii\">\u0438\u0433\u0440\u0438 \u0434\u043b\u044f \u043c\u0430\u043b\u044c\u0447\u0438\u043a\u043e\u0432 \u043c\u0430\u0448\u0438\u043d\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.theinsider.ua\/rus\/politics\/54eb7edf432fb\/\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met die kleinhuisie-moles in die Kaap kan Herrie nie verstaan hoekom die volkie saans vasgenael voor die TV sit en sepies kyk nie. Ja, s\u00ea Groot Herrie, die kleinhuisiemoles laat die k*k behoorlik spat &#8230; by wyse van spreke natuurlik. Maar saans sit die nasie Sewende Laan en kyk, omtrent soos \u2018n eietydse boekevat. En &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8925\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Herrie se kerrie: Oumagrootjie se m\u00f3\u00e9t troue&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[10129,8017,10127,9993,10128],"class_list":["post-8925","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-boekevat","tag-herrie-se-kerrie","tag-herrie-se-kerrie-oumagrootjie-se-moet-troue","tag-rubriek","tag-sewende-laan"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8925","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8925"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8925\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8925"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8925"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8925"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}