{"id":8904,"date":"2010-06-23T06:56:59","date_gmt":"2010-06-23T06:56:59","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8904"},"modified":"2010-06-23T06:56:59","modified_gmt":"2010-06-23T06:56:59","slug":"politiek-van-die-blikbord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8904","title":{"rendered":"Politiek van die blikbord"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Deur die half toegewasemde kombuisvenster sien ek hulle aankom. Netjies agtermekaar karring hul beentjies agter hul \u201crygoed\u201d aan en trap slordige spore deur die dik, spierwit ryp.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jonas, die voorste, se \u201cryding\u201d bestaan uit \u2018n bandlose fietswiel wat hy vernuftig met \u2018n stok aanjaag. Salmon, die tweede, \u201cry\u201d met \u2018n draadkar wat mens sommer oor die verte kan sien, oor verbluffend baie detail beskik. Die kleinste, skaars twee bakstene hoog, Johannes, sleep sy \u201cryding\u201d aan \u2018n draad agter hom aan. Dit lyk na \u2018n langwerpige visblik. Sy boot, het ek later verneem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle trek langs mekaar voor die agterdeur in.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oupa Anneries roep huis in na die bulletjies: \u201cJonas-hulle is hier!\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bulletjies was besig om iewers in die opstal \u2018n stamoorlog te voer. Dis nog \u2018n klomp onopgeloste kwessies van die vorige dag se ver ry plaas toe wat uitgepluis moet word. Maar oupa se nuus laat die bakleilus op slag verdamp.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met gilletjies van vreugde troep die spannetjie by die huis uit. \u201cJonas!\u201d \u201cSalmon!\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Johannes was met die vorige jaar se kuierslag op die plaas nog te klein, en di\u00e9 is nog half vreemd aan die stadsbulletjies.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die spelery is eers vlak by die agterdeur. Ek kry bitter koud vir hul onthalwe, waar ek hier langs oom Anneries voor die Aga sit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die kleingoed is oom Anneries \u201coupa\u201d al is hy ouma Mari\u00e9 se tweede man. Oupa Japie self is \u2018n paar jaar tevore oorlede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie lank nie, toe neem Sanna vir Jonas-hulle hul koffie en brood. \u201cFire buckets\u201d het ons met diensplig daai groot blikbekers genoem. Die snye brood is so dik soos twee duime, en die stoom trek uit hulle uit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die blikbekers en blikborde leeg by die agterdeur gelos, verkas die spelery eers na die stoor toe, waar dit warmer is. Later die dag sal die omgewing aan die beurt kom, en wanneer dit warm genoeg is, sal die spannetjie agterop die bakkie saamry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">By oupa Anneries op die plaas is daar verskriklik baie te doen. Danksy \u2018n syferfontein selfs kleilatgooi in die winter. Botterboom-ry nou nie, maar ou sinke waarvan die een punt effe opgebuig word, deug net so lekker om teen die buitekant van \u2018n gronddam se wal af te ry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Paar fietse van bedenklike herkoms wat oom Anneries by \u2018n vendusie aangeskaf het, dien as rygoed as die spannetjie haastig is. Die binnebande is lankal met plastiekpyp vervang, en as die fietse ooit remme gehad het, was dit nie onlangs nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is daar bietjie meer tyd, is daar genoeg rygoed om opgesaal te word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar di\u00e9 vakansie sou anders wees, kom ons oor middagete agter.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cPa, Jonas wil weet hoekom hulle hul koffie in blikbekers kry?\u201d Oudste Bulletjie roer die saak aan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEn blikborde,\u201d sit Tweede Bulletjie vers twee in. Jongste Bulletjie se verstaan van politiek l\u00ea nog ver in die verskiet, en hy knaag nog te lekker aan \u2018n stuk dro\u00ebwors om hom met kwessies van die lewe te bemoei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar tussen die twee versies het ek al oom Anneries sy asem skerp hoor intrek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">My kop woer-woer nog, toe s\u00ea Ouma Mari\u00e9: \u201cHoe lank dink julle gaan erdebreekgoed hou terwyl julle so woes speel?\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlig sien ek die vrae is behoorlik, deeglik, en duidelik opgeklaar. Wat die Bulletjies betref, in elk geval.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die Bulletjies weer na buite stroom, bly die grootmense agter. Ouma Mari\u00e9 pak die saak sommer dadelik aan: \u201cVoor \u2018n mens nou die dam onder die eend se jis uitruk&#8230;dit laat my dink aan die ma wat so geskrik het toe haar spruit by die huis kom en vra waar hy vandaan kom. Die ma het gehoop daai vraag sou eers heelwat later kom. Om vir tyd te speel terwyl sy vervaard dink, vra sy hoekom hy wil weet.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cVerduidelik die mannetjie: \u2018Toe ons so speel s\u00ea Pietie hulle kom eers van Johannesburg af, en Kosie s\u00ea hulle kom van Durban af. Nou waar kom ons vandaan?\u2019\u201c<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroulief giggel verbouereerd. Ek en oom Anneries sit met diep kepe tussen die o\u00eb. Iets fluister vir ons dis nie die einde van die storie nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dit was nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aandete: \u201cJonas s\u00ea hulle het nie eens spoellewwies nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEn Jonas s\u00ea hulle kan elke dag net \u2018n rukkie TV kyk.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou is daar geen keer aan oom Anneries nie. \u201cAs daai bl*&amp;sem van St*ntsake weer sy pote op die plaas sit&#8230;!\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ouma Mari\u00e9 druk haar man ferm op die skouer: \u201cDie kinders, my man.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cGaan pak jul legkaart by die verwarmer in jul kamer, kinders,\u201d gelas Vroulief.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kinders laat hulle nie twee maal nooi \u201com van tafel verskoon te word nie&#8221;. By ouma Mari\u00e9 is aansit by die eettafel ononderhandelbaar. En dit bly nie by net eet aan tafel nie, die kuier moet ook daar voortgesit word. Die kiertsregop eetkamerstoele, glo ouma Mari\u00e9 is goed vir haar rug en dus almal anders se r\u00fbe. My rug is na \u2018n halfuur morsaf, en ek verlang na die sagte sitgoed in die sitkamer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eendag, toe ouma Mari\u00e9 nie by was nie, brom oom Anneries hy kan dit nie verstaan nie. Soos klokslag is die kos nog nie klaar terwyl die tante Sewende Laan kyk nie, maar net soos die TV-nuus moet begin wat hy weer graag wil kyk, word hy tafel toe geroep. Dan is die TV buite sig- en hoorafstand.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cToe koop ek \u2018n klein TV vir die eetkamer, toe wil die tante my skei.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek self was nog nooit in ouma Mari\u00e9 se goeie boekies nie, dus as daar klaar ge\u00ebet is, s\u00ea ek dankie vir die kos, maar nou is my rug af, en ek gaan sitkamer toe. In die proses is ek dieper in die \u201cdog box\u201d maar daarmee het ek vrede gemaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie lank nie, sal oom Anneries by my kom inval. Dan kyk ons die nuus wat opgeneem is. Dit het ons al geleer om in stilte te doen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroe\u00ebr het ek en oom Anneries \u2018n slag gebrom oor dinge soos die Esybiesie se bevooroordeeldheid, toe kry ons \u2018n skrobbering oor ons ongeselligheid om by die gesels aan tafel weg te loop om hier voor die verderflike TV (wat ook Sewende Laan uitsaai) te kom sit en kyk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar vanaand is daar ernstiger sake op die hart. Die weerwanvoorstelling is skaars klaar, of oom Anneries spreek sy woord.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDaai *&amp;^ vent van Str*ntsake maak net moeilikheid. Van hy tydig en ontydig hier op die plaas aangesit gekom het, is alles te kort of te lank&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEn om te dink, ek was seker die eerste boer wat water en krag na die strooise aangel\u00ea het. Ek betaal meer as die minimumloon&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNou die ou van Grondsake \u2013 kom hy nie die protokol vir plaastoegang na nie?\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Anneries sug.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHy s\u00ea hy weet nie van die protokol nie, maar al is daar so \u2018n protokol, geld dit hom nie want hy is van L\u00eant Eff\u00ears. Dan bel ek die polisie om hom vir betreding te laat gryp, dan s\u00ea hulle hulle weet ook nie van so \u2018n protokol nie, en dan bel ek die landbou-unie en na ek met so die derde een gepraat het dan weet hulle daarvan en dan sal hulle die mense weer inlig oor die protokol.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar \u2018n dag of twee later dan is die opstoker weer hier en s\u00ea hy weet nog steeds niks van die protokol nie. Het al gedink om per ongeluk \u2018n skoot tussen sy pote af te vuur, maar ek is nie lus om soos Skip Wandrag die naweek in die selle te sit nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMaar hy het mos \u2018n skadevergoedingseis teen die polisie gewen.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa, maar hy was nog steeds die naweek in die selle.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons sit \u2018n oomblik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJy sal met jou seuns moet praat,\u201d vervat oom Anneries. \u201cEk kan met Jonas-hulle praat. Maar dan is die ou van Str*ntsake oorm\u00f4re weer hier en dan het ek weer allerlei moeilikheid. Jy kan nie glo wat ek alles na die tyd moet opvreet nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOom Anneries, ek sal met die Bulletjies praat. Maar die winde van verandering het my bietjie onverhoeds gevang&#8230;\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWinde van verandering&#8230;\u201d brom oom Anneries. As dit by winde van verandering kom, dan sou hy \u2018n orkaan ook terugverander het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDink oom nie dis dalk \u2018n grondeis wat broei nie?\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNie restitusie nie,\u201d s\u00ea oom Anneries. &#8220;Met die sluiting was daar beslis geen eis teen die plaas geregistreer nie. Maar grondhervorming, sal ek nie stry nie. Omtrent almal wat nie seuns het nie, begin op hul oudag geteister te raak om die grond via Str*ntsake aan die plaaswerkers te verkoop. Maar dis \u2018n erfplaas di\u00e9 en my dogter kry dit eendag.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met dogter bedoel hy vroulief, sy stiefdogter. Sy eerste huwelik was kinderloos.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cStraks kry een van die Bulletjies lus vir boer eendag&#8230;\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis natuurlik nie iets wat nou vir hulle gevra moet word nie. Die plaas assosieer hulle met vakansie en speel, en op daardie ouderdom klink dit soos die hemel moet wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek praat met die bulletjies, omsigtig, minder omsigtig ook. Ook hard en duidelik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die winde van verandering het nie sommer ophou waai nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die volgende dag:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOupa, Jonas s\u00ea sy naam is eintlik Si..Si..\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSimon!\u201d val Klein Bulletjie hom in die rede.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNee man, nie Simon nie,\u201d s\u00ea Groot Bulletjie. Hy kyk hoopvol, amper pleitend na sy ouma.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSipho,\u201d help ouma hom uit sy woordstrikke.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa, Sipho,\u201d vervat Groot Bulletjie bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie ander s\u00ea hulle name is eintlik ook verkeerd, maar ek kan nie onthou wat hulle regte name eintlik is nie,\u201d s\u00ea Tweede Bulletjie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weer is ouma ter hand met ontlontende woorde: \u201cMaar in die stad het julle ook mos ander name. Kobus, Fran\u00e7ois en Stephan. Hier het julle plaasname.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die lig gaan vir die Bulletjies op, maar ek begin wonder of hul ouma nie nou net besig is om die oomblik van waarheid uit te stel nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aand praat ek weer met die Bulletjies. \u2018n Bietjie van politiek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hoe vertel \u2018n mens nou vir die knape dat iets wat voor hul geboorte gebeur het, op hul brood gesmeer word en nog baie gesmeer gaan word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos dit is, word die kinders groot met \u2018n persepsie dat die juffroue by die skool lieg soos ek en vroulief hulle met huiswerk reghelp, veral as geskiedenis aan die beurt kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle glo vas die Esybiesie lieg soos hulle my gereeld hoor raas oor iets wat verdraaid aangebied is&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om nou te hoor hul vakansiespeelmaats lieg &#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek gaan slaap met \u2018n klip op die bors, daai aand.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommer vroeg die volgende oggend breek die slag van Bloedrivier buite uit. Die grootmense los die stomende bekers koffie en storm uit, maar toe is die slag klaar gelewer. Jonas, of te wel Sipho, huil-skree soos \u2018n maer vark, en hou sy oor vas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cGroot Bulletjie, hy Dz\u00f4nas gemo*r,\u201d doen Salmon verslag. \u201cDz\u00f4nas hy gas\u00ea oubaas Anneries hy \u00eas die varrik, toe Groot Bulletjie hom h\u00eatte ged\u00f4nner.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jonas het intussen soos \u2018n loeiende sirene afgesit na sy stroois toe. Op die \u201cslagveld\u201d lyk dit of Groot Bulletjie \u2018n heldedaad verrig het \u2013 wit en swart.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDaai Dz\u00f4nas, sy kop hy raas,\u201d verklaar William, die trekkerdrywer wat toevallig op die werf was om te kom roomkanne aflewer. \u201cEs goet die Groot Bulletjie hom hette gemo*r.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie lank nie kom Willemien, Jonas se ronde ma, met \u2018n steeds skreeuende Jonas agterna, die voetpaadjie opstal toe aangestoom. Sy is wild boos, kan \u2018n mens van ver af sien. Maar Willemien is nog sommer \u2018n hele ent van die werf af, toe skree Sanna vir Willemien in Suid-Sotho wat gebeur het. Hier, so diep in die Oos-Vrystaat in, is daar al baie Zoeloes, soos ook Sipho se ouers, maar almal verstaan Sotho goed.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Willemien kom tot stilstand, en Sipho besluit dis nou \u2018n gawe tyd om op te hou tender vir \u2018n Oscar. Hy besluit ook dis nou \u2018n gawe tyd om flink te makeer, maar te laat. Willemien gryp hom aan die arm, en die volgende oomblik val die houe. Die sirene word op slag weer aangeskakel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na \u2018n ruk kry Sipho homself losgewikkel, en l\u00ea die rieme neer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En net daar het die winde van verandering ook ophou waai. Vroegoggend val Salmon met sy draadkar, en Johannes met sy \u201cboot\u201d voor die agterdeur in. Eers na hulle hul koffie uit die \u201cfire buckets\u201d gedrink en hulle aan die heerlike dik, warm snye brood versadig het, word die spelery na die res van die werf en verder uitgebrei.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van Jonas is geen teken nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So twee dae later is die drie Bulletjies saam met Salmon en Johannes agter op die bakkie. Op pad lande toe. Oupa ry egter \u2018n ompad, en hou by Sipho-hulle se stroois stil. Willemien loer uit, en oom Anneries praat met haar Zoeloe. Willemien knik, en is terug die stroois in. Toe gaan daar weer \u2018n sirene aan, en kort daarna kom sy met \u2018n skreeuende Jonas aan die arm by die stroois uit, en pluk hom onsagkens by die ander agter op die bakkie. Hier sit hy dikbek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die lande wink oom Anneries vir Jonas nader, en Jonas volg hom skoorvoetend \u2018n ent weg. Daar sien ek, so op \u2018n afstand, praat oom Anneries met hom, praat ernstig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jonas skud sy kop op en af. Hy verstaan. Oupa gee vir hom iets wat ek op hierdie afstand vermoed \u2018n stuk biltong of dro\u00ebwors moet wees. Toe kom hulle terug, beide \u2018n bre\u00eb glimlag op die bakkies.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die spelery vervat asof daar nooit \u2018n onmin was nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Dag of twee later doen Groot Bulletjie verslag: \u201cOupa, Jonas s\u00ea oupa is Y\u2013wan. Wat is Y-wan, oupa? Ons speel nou so lekker ek wil hom nie onnodig klap nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek verduidelik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So \u2018n week na die vakansie is dit oom Anneries wat van die plaas af lui. Dis nog die koffiemeule-model, en om stad toe te lui is \u2018n hele storie. Maar oom Anneries moet darem di\u00e9 nuus rapporteer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie ou van Str*ntsake was weer hier maar iemand het hom met \u2018n klip platgegooi. Die spul sweer hoog en laag dit was Sipho&#8230;vir ingeval het ek hom \u2018n sakkie biltong gegee.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ja-nee, nou is daar weer vooruitgang met oom Anneries se boerdery. Hy is mos Y-wan, en niemand stry meer nie. Behalwe miskien die ou van Str*ntsake.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/aktivnye-igry\/kegli-detskie-detskie-kolcebrosy\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u043a\u043e\u043b\u044c\u0446\u0435\u0431\u0440\u043e\u0441 \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur die half toegewasemde kombuisvenster sien ek hulle aankom. Netjies agtermekaar karring hul beentjies agter hul \u201crygoed\u201d aan en trap slordige spore deur die dik, spierwit ryp. Jonas, die voorste, se \u201cryding\u201d bestaan uit \u2018n bandlose fietswiel wat hy vernuftig met \u2018n stok aanjaag. Salmon, die tweede, \u201cry\u201d met \u2018n draadkar wat mens sommer oor &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8904\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Politiek van die blikbord&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[21134,21105,10116,6307,10117],"class_list":["post-8904","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","tag-c117-algemeen","tag-s32-feuilleton","tag-politiek-van-die-blikbord","tag-vrystaat","tag-winde-van-verandering"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8904","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8904"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8904\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8904"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8904"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8904"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}