{"id":8873,"date":"2010-06-21T06:13:32","date_gmt":"2010-06-21T06:13:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8873"},"modified":"2010-06-21T06:13:32","modified_gmt":"2010-06-21T06:13:32","slug":"hoe-n-afrikanerowerheid-tot-stand-kan-kom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8873","title":{"rendered":"Hoe &#8216;n Afrikanerowerheid tot stand kan kom"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/02\/wingard_johann.jpg\" \/>In sy rubriek skryf dr Christo Landman dat \u2018n kenmekaarkonferensie op 7 Augustus gehou gaan word.&nbsp; Die doel van die konferensie is onder andere dat Afrikanerbelange organisasies mekaar beter sal leer ken en, indien moontlik, om aansluitende samewerking met mekaar te vind met die doel tot die latere totstandkoming van \u2018n Afrikaner Owerheid (AO), sou genoegsame toenaderingtussen die groeperings bereik kan word.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mense vra hoe kan so \u2018n AO tot stand kan kom as daar fundamentele verskille tussen rolspelers bestaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie verskille is hoofsaaklik twe\u00ebrlei van aard:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<ul>\n<li>\u2018n Volksraad word verkies in \u2018n een-man-een-stem-verkiesing waar slegs geregistreerde kiesers hul stemme mag uitbring. Dit is die liberaal-demokratiese benadering.<\/li>\n<li>\u2018n Afrikanerowerheid word saamgestel deur Afrikaanse organisasies. Dit is die konsosiatiewe benadering.<\/li>\n<\/ul>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die genoemde konferensie sal dr Landman asook mnr Paul Kruger die twee benaderings waarskynlik grondig bespreek en die voordele en nadele van elkeen uitwys.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die voordele of nadele van die twee benaderings ook al mag wees, staan een kwessie soos \u2018n paal bo water, naamlik dat daar slegs een verteenwoordigende liggaam namens Afrikaners op die binne \u2013 en internasionale terrein kan optree.&nbsp; Sou die Afrikaners op voetsoolvlak die AO nie as verteenwoordigend erken nie, dan besit so \u2018n AO geen legitimiteit by sy eie mense en in internasionale fora nie.&nbsp; Insgelyks, sou Afrikanerorganisasies die volksverkose Volksraad nie erken nie, en as net nog \u2018n splintergroep beskou, en sou hulle kan bewys dat hul gesamentlike ledetalle meer is as die getal Volksraadkiesers, dan het die Volksraad geen legitimiteit by bestaande organisasies nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou met watter een moet regerings dan amptelik skakel?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat daar slegs een verteenwoordigende organisasie erken sal word, moet hierdie dilemma besweer word voordat die AO tot stand kom, en ek wil \u2018n wenk of twee aan die hand doen om hierdie knelpunt te ontstrengel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eerstens, elkeen van die twee benaderings het sy eie voordele en nadele.&nbsp; Die kuns is altyd om die voordele te benut en die nadele uit te skakel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oplossing wat ek aan die hand wou doen is dat albei roetes gevolg word. Volksmobilisasie word bereik deur die liberaal demokratiese benadering en herinnner Afrikaners op voetsoolvlak aan hul eie identiteit en volkskap.&nbsp; Dit is die groot voordeel van \u2018n verkose volksraad, as \u2018n paar honderdduisend kiesers aan so \u2018n verkiesing sou deelneem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amptelike erkenning deur Afrikanerorganisasies verseker weer dat binnelandse sowel as buitelandse legitimiteit verkry word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">(\u2018n Verdere probleem duik egter op deurdat daar minstens twee registrasie-instansies bestaan wat kieserslyste saamstel en waar kiesers kan registreer, naamlik die VVK en die BVS (Boerevryheidstigting) wat reeds in 2005 ontstaan het.&nbsp; \u2019n Oplossing sou wees dat albei lyste geldig verklaar word vir die doeleindes van die verkiesing, maar dat kiesers slegs een stem mag uitbring as hulle op albei lyste geregistreer sou wees.)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">My voorstel sou dus wees dat daar twee soorte afgevaardigdes moet wees, naamlik die verkose lede en die aangewese lede.&nbsp; Dit wil s\u00ea, die helfte van die volksraadslede moet deur kiesers verkies word en die ander helfte kan deur Afrikaners se belangeorganisasies aangewys word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gestel dat daar dus altesaam sestig raadslede sou wees, dan word dertig by \u2018n amptelike verkiesing verkies.&nbsp; Die ander dertig word voor die verkiesing reeds aangewys, om amptelike erkenning aan die verkiesingsproses asook aan die&nbsp; daaruitspruitende AO te verleen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat organisasies slegs die helfte van die raadslede verteenwoordig, verhoed dat een of twee sterk organisasies die Raad nie sal kan kaap nie.&nbsp; Darenteen, sou \u2018n politieke party besluit om sy bronne en takke te gebruik om sy partylede tot die Raad verkies te kry, kan die Raad sodoende ook nie deur \u2018n politieke drukgroep oorheers word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan is daar die probleem van makro- en mikro-organisasies. Die stemstelsel binne die AO kan seer sekerlik tog nie dieselfde gewig aan elke organisasie, groot of klein, gee nie. Daar is byvoorbeeld belange organisasies met meer as \u2018n honderduisend lede, terwyl ander organisasies minder as tien lede het wat&nbsp; tussen hulle \u2018n rekenaar of faksmasjien besit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou hoe gaan ekwiteit tussen die organisasies bereik kan word? Hoe kan \u2018n balans verkry word tussen groot en klein organisasies?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een uitgangspunt is dat getalle alleen nie die waarde van \u2018n organisasie as sulks bepaal nie.&nbsp; Daar is ander faktore, soos die strategiese belang wat gedien word, die gehalte van die leierskap, die geloofwaardigheid asook die relevansie van organisasies op nasionale vlak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Oplossing sou wees dat organisasies met minder as honderd ingeskrewe lede slegs een stem kan uitbring, terwyl organisasies met tussen \u2018n honderd en \u2018n duisend lede twee stemme kon uitbring. Dan sou organisasies met meer as \u2018n duisend lede \u2018n maksimum van drie stemme kon h\u00ea.&nbsp; Organisasies sou dan ook by \u2018n neutrale instansie kon registreer deur hul ledelyste sowel as hul onderskeie grondwette en bedryfstate voor te l\u00ea om hul bona fides te bewys. Waar organisasies minder as byvoorbeeld vyftig lede het, kan hulle \u2018n onderlinge assosiasie vorm om gesamentlik deur een afgevaardigde met \u2018n sekundus verteenwoordig te word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Tussentydse grondwet en reglemente kan die hele struktuur logies uiteensit sodat kiesers sal weet waarvoor hulle op 31 Mei 2011 gaan stem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met hierdie uiteensetting wil ek dus nou die nasionale debat open vir die totstandkoming van \u2018n legitieme Afrikanerowerheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die omvang van die probleem te besef, besoek gerus<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/www.radiopretoria.co.za\/Volksorganisasies.html\">http:\/\/www.radiopretoria.co.za\/Volksorganisasies.html<\/a><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/millstream-wines.ru\/bardolino-italyanskoe-vino\/\">\u0431\u0430\u0440\u0434\u043e\u043b\u0438\u043d\u043e \u0438\u0442\u0430\u043b\u0438\u044f \u0432\u0438\u043d\u043e \u043a\u0440\u0430\u0441\u043d\u043e\u0435 \u0441\u0443\u0445\u043e\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/gordonua.com\/news\/localnews\/v-harkove-religioznaya-organizaciya-nezakonno-uderzhivala-narkozavisimyh-prokuratura-194121.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In sy rubriek skryf dr Christo Landman dat \u2018n kenmekaarkonferensie op 7 Augustus gehou gaan word.&nbsp; Die doel van die konferensie is onder andere dat Afrikanerbelange organisasies mekaar beter sal leer ken en, indien moontlik, om aansluitende samewerking met mekaar te vind met die doel tot die latere totstandkoming van \u2018n Afrikaner Owerheid (AO), sou [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7517,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[768,8364,10105,1668,21092],"class_list":["post-8873","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c113-johann-wingard","tag-afrikaner","tag-afrikanerowerheid","tag-hoe-n-afrikanerowerheid-tot-stand-kan-kom","tag-johann-wingard","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8873","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8873"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8873\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7517"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8873"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8873"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8873"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}