{"id":8872,"date":"2010-06-21T06:03:24","date_gmt":"2010-06-21T06:03:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8872"},"modified":"2010-06-21T06:03:24","modified_gmt":"2010-06-21T06:03:24","slug":"die-byenes-van-plaaslike-regering","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8872","title":{"rendered":"Die byenes van plaaslike regering"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die byenes om die kop van Kenny Leluma, waarnemende munisipale bestuurder van Ventersdorp aan die oplaai is, moet ernstige vrae gevra word aan die minister van Sicelo Shiceka, minister van ko\u00f6peratiewe regering en tradisionele sake,<strong> <\/strong>oor sy erns om plaaslike regering reg te ruk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas het dit aan die lig gekom dat slegs twee persent van die land se munisipaliteite in die mees onlangse rondte skoon oudits van die Ouditeur-generaal verkry het. Die beste beskikbare mense is nodig om sake reg te ruk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Leluma is nou in die nuus oor hy deur die minister self na Ventersdorp gestuur is om ake reg te ruk. Nou blyk dit dat hy verskeie senior amptenare van die Bitou-munisipaliteit by Plettenbergbaai inspan as \u2018n sogenaamde ministeri\u00eble taakspan. Ventersdorp en Plettenbergbaai, en nie die ministerie nie, betaal skynbaar onregmatig die rekening van reuse konsultasiefooie aan mense wat reeds reuse salarisse verdien. Nou moes Ventersdorp boonop hoor, die onthullings ten spyt, gaan hulle tot die munisipale verkiesings volgende jaar met Leluma sit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Leluma is geen gewone openbare administrateur nie. Hy het in 1993 reeds die nuus gehaal toe hy as lid van die sogenaamde Bre\u00eb demokratiese Beweging in Qwaqwa ge\u00ebis het dat die Qwaqwa-ontwikkelingskorporasie gedemokratiseer word. In 2003 is hy weens beweerde wangedrag as munisipale bestuurder in Qwaqwa geskors. Sedertdien is daar min tekens van die deursigtigheid wat hy eens bepleit het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Leluma het sedertdien by Bithou \u2018n politieke adviseur geword. Bithou sal weer onthou word vir die omstrede munisipale bestuurder, George Seitisho, wat met \u2018n span hoogsbetaalde personeel van Bronkhortspruit gekom het, onder andere \u2018n sekretaresse wat toe glo die hoogsbetaalde sekretaresse in die land geword het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy aanstelling self was egter al \u2018n kopkrapper, nadat sy dienstyd in Bronkhorstspruit goed met dorings besaai was. Terwyl OG-verslae aan die lig gekom het waarvoor hy uiteindelik geskors en verhoor is, het die destydse Wes-Kaapse ANC-regering hom boonop administrateur in ander sukkelende munisipaliteite gemaak, waaronder die Kannaland-munisipaliteit wat toe behoorlik om al die verkeerde redes in die nuus was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kom dan ook as geen verassing nie dat Seitisho se naam weer opduik in die Leluma-debakel by Ventersdorp, en di\u00e9 keer is Seitsho in die media aangehaal as provinsiale ko\u00f6rdineerder van die ministerie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Seitisho se spoor deur elektroniese argiewe is nie altyd vir \u2018n joernalis maklik om te volg nie omdat sy van deur die jare nie altyd dieselfde gespel is nie. Vir die minister behoort dit egter kinderspeletjies te wees om \u2018n behoorlike agtergrondondersoek te laat doen.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Presies h\u00f3\u00e9 droog moet \u2018n kader maak voor hy sodanig in onguns verval dat hy nie met elke teenspoed in \u2018n nog ho\u00ebr amp beland nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ongelukkig gereeld Noordwes se spartelende munisipaliteite wat die spit moet afbyt. Die verhoor van \u2018n geskorste munisipale bestuurder van Moqhaka-munisipaliteit by Kroonstad word gestaak toe hy as munisipale bestuurder by Klerksdorp aangestel is. By Klerksdorp verweer die munisipale regering hom dat daar geen beletseling op die aanstelling was nie omdat al die klagtes teruggetrek is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook \u2018n voormalige munisipale bestuurder van Mangaung, wat Bloemfontein insluit, word as administrateur van \u2018n munisipaliteit in Noordwes gehersirkuleer \u2013 terwyl hy saam met \u2018n oud-burgemeester tereg staan op aanklagte van onder meer korrupsie en rampokkery.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/building-followers-instagram-easy\">how to build instagram followers<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/seotamplier.ru\/object\/transportirovka-gruza-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl die byenes om die kop van Kenny Leluma, waarnemende munisipale bestuurder van Ventersdorp aan die oplaai is, moet ernstige vrae gevra word aan die minister van Sicelo Shiceka, minister van ko\u00f6peratiewe regering en tradisionele sake, oor sy erns om plaaslike regering reg te ruk. Pas het dit aan die lig gekom dat slegs twee &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8872\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die byenes van plaaslike regering&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10104,10102,21107,10103,21093,6878],"class_list":["post-8872","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-bitou","tag-die-byenes-van-plaaslike-regering","tag-c33-hoofartikels","tag-kenny-leluma","tag-s7-menings","tag-sicelo-shiceka"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8872","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8872"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8872\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8872"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8872"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8872"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}