{"id":8871,"date":"2010-06-21T05:53:36","date_gmt":"2010-06-21T05:53:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8871"},"modified":"2010-06-21T05:53:36","modified_gmt":"2010-06-21T05:53:36","slug":"oranje-deur-na-tweede-rondte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8871","title":{"rendered":"Oranje deur na tweede rondte"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Nederlandse sokkerspan, bekend as Oranje, het die eerste span in vanjaar se w\u00eareldbekertoernooi geword wat van \u2018n plek in die tweede rondte verseker is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Nederlanders het reeds twee van hul drie wedstryde suksesvol agter die blad na die toernooi se oorpresteerders, Japan, ook in die slag gebly het. Kameroen, saam met Denemarke in die poel, het by die Dene slae gekry en dit is nou reeds seker dat di\u00e9 span die eerste rondte nie oorleef het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit gaan nou keer kos om die Oranjegolf te keer. Fifa en die SA Polisie se optrede teen die oranjerokbrigade, saam met sokkerkoors, blaas die Oranje-sentimente sterk aan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen bly dit \u2018n toernooi van volop verrassings, met sterk spanne wat sukkel om op dreef te kom en aspoestertjiespanne onder die knie te kry. Een van die spanne wat teleurstel is Frankryk, wat boonop nou deur onderlinge twiste en stryd geteister word. Frankryk se probleme is egter nie nuut nie, en hierdie finaliste van die vorige w\u00eareldbeker sou nie eens in die toernooi gewees het, as dit nie vir die berugte handbal teen Ierland was nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou agterhaal di\u00e9 sonde die Franse blykbaar. Die groter prentjie is dat verskeie van Algeri\u00eb se spelers, wat in Frankryk gebore is en trouens vir die Franse Onder 21-span uitgedraf het, verkies om eerder vir die ongeroemde Algeryne te speel as vir Frankryk, wat as sokkerreus gereken word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit beteken egter nie dat Bafana-ondersteuners op \u2018n verassing in Bloemfontein moet reken nie. Bafana, om nog by die gleufie in die agterdeur deur te glip, moet die Franse met minstens drie doele klop om Uruguay of Meksiko in die stof te laat byt. En selfs al ransel die Bafana Frankryk so erg af, sal dit alles tevergeefs wees as die twee Suid-Amerikaanse spanne gelykop sou speel, en \u2018n ligapunt elk sou insamel. In die Bafana-kamp broei dit na berig word ook.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Interessante vraag ontstaan nou. Voor die toernooi is die enigste wit speler in die Bafana-groep, Matthew Booth, dikwels as woordvoerder en ambassadeur ingespan. Hy het egter nog nie die uitsoekgroep gehaal nie, en sy stem by nuuskonferensies het stil geword. Booth het egter in die oefeninge die entoesiasme self gebly, is topfiks, en nie \u2018n tipiese prima donna wat besluit wanneer hy gaan sweet of nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop is die spelers wat w\u00e9l die span haal, oor die algemeen maar aan die kort kant, soos veral in die oefenwedstryd teen Colombia geblyk het. Dit benadeel die span se vermo\u00eb om van hoek-inskoppe die telbord met kopskote aan die gesels te hou. Booth, \u2018n hemelbesem, kan uiters waardevol wees in \u2018n wedstryd waar die Bafana baie doele moet aanteken, of selfs met \u2018n oorwinning en al in die slag te bly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die Afrika-karakter wat die organiseerders en die regering op die toernooi afdruk, is dit egter onseker of gewaag sal word om \u2018n swart speler vir \u2018n wit speler op te offer, veral na die eerstekeusedoelwagter   Itumeleng Khune   (swart) weens \u2018n rooi kaart nie sal kan speel nie en deur \u2018n bruin speler vervang gaan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen berig Siya-nuus dat daar onmin in die Bafana-kamp is, en luidens di\u00e9 berig steek daar waarheid in wat lankal vermoed word \u2013 dat afrigter  Carlos Alberto Parreira sommige spelers as onaantasbaar beskou, en dat dit juis hulle is wat die span teen Meksiko in die steek gelaat het, en toe teen Uruguay nog erger verbrou het. Gerugte wil dit h\u00ea dat Parreira onder geweldige druk is om so veel as moontlik \u201cetniese swart\u201d spelers in te span, wat beteken dat Steven Pienaar nie behoorlik sy voete kan vind nie, en boonop uit sy gunstelingposisies ingespan word. Dit is egter ook moontlik dat hierdie storie sy oorsprong het in die berigte dat minister    Makhenkesi Stofile   en oud-minister Ngconde Balfour \u201coorvalle\u201d sou kry as Makaya Ntini se plek in die Proteaspan in die gedrang sou kom, ongeag vorm.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/statii\/nabori-lego-dlya-razvitiya-rebenka\">\u043b\u0435\u0433\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/info.html?_m=publications&#038;_t=cat&#038;id=116184&#038;s=print\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Nederlandse sokkerspan, bekend as Oranje, het die eerste span in vanjaar se w\u00eareldbekertoernooi geword wat van \u2018n plek in die tweede rondte verseker is. Die Nederlanders het reeds twee van hul drie wedstryde suksesvol agter die blad na die toernooi se oorpresteerders, Japan, ook in die slag gebly het. Kameroen, saam met Denemarke in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[123],"tags":[7109,10101,1093,6925,10100,10099,21133,21101,2242,6714],"class_list":["post-8871","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c115-sokker","tag-bafana","tag-denemarke","tag-frankryk","tag-nederland","tag-oranje","tag-oranje-deur-na-tweede-rondte","tag-c115-sokker","tag-s25-sport","tag-suid-afrika","tag-wereldbeker"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8871","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8871"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8871\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8871"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8871"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8871"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}