{"id":8870,"date":"2010-06-21T05:37:44","date_gmt":"2010-06-21T05:37:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8870"},"modified":"2010-06-21T05:37:44","modified_gmt":"2010-06-21T05:37:44","slug":"sokkerpolitiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8870","title":{"rendered":"Sokkerpolitiek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Sokkerpolitiek in Suid-Afrika kom al van ver af. Buthana Komphela en Seppie Frolik kan gaan slaap as hulle dink hulle het politieke inmenging in sokker uitgedink. En selfs Griekeland, Kenia en Iran wat al hieroor uit Fifa geskors is, kan gaan slaap. In die Namakwaland in is dit al lankal uitgevind \u00e9n vervolmaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pa-Jan se suster, tannie SC, het vertel hoe hulle kleintyd daar op Nieuwoudtville sokker speeltye by die skool gespeel het. Dit was die dae van Smelters en Gesuiwerdes, en die grootmense se politieke verdeeldheid het so diep geloop dat dit na die kinders deurgeloop het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pouses was dit die Gesuiwerdes wat die Smelters op die \u201csokkerveld\u201d die stryd aanges\u00ea het. Of liewer, hul kinders.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sokker wat die kinders opgedis het, kan dalk nie met die poer-poer sokker wat nou by die w\u00eareldbeker opgedis word, vergelyk nie. In elk geval nie wat entoesiasme betref nie. Pa-Jan het ges\u00ea dit het soos twee spanne honde gelyk wat \u2018n vlakhaas op die sportterrein jaag. Die bal, die vlakhaas, en die speler wat eerste by was, het dit ongeag die posisie op die veld, met alle mag na die opponente se pale geskop. Gelukkig was daar nie skeidsregters nie, want sou daar wees sou die rooikaarte gesorg het dat die wedstryd gou oor sou wees, selfs te gou vir klein pouse.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Danksy ds. Steenkamp, wat later \u2018n rukkie Amerika toe is en met sy terugkeer ges\u00ea het is nou \u2018n mediese dokter, en toe SAP-parlementslid geword het, was daar in hierdie kol bietjie meer Smelters as wat mens andersins sou verwag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die bakleilus tussen die Gesuiwerdes en Smelters was hier nie minder erg as elders in die land nie, soos Ladybrand se stadsaal se deftige voordeur wat kosyn en al uit die muur uit gebaklei is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kom maar op enige dorpie, soos byvoorbeeld Philippolis, en gaan kyk in die venduasiekrale se stoor hoe lyk die stoele van daai tyd. Dit was sulke hout opslaanstoiele wat sulke lang rye aanmekaar vas was. Heel stewige stoele, maar waar mens hulle raakloop is daar ook genoeg in die stoorkamer wat mens laat wonder hoe daai stoele so flenters geraak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle is so gebaklei, man. Vat nou so \u2018n lang ry opvoustoele, \u2018n fris boer en \u2018n paar politieke opponente. Dan is daai ry stoele darem \u2018n gawe mokerding. \u2018n Fris boer kan met een hou maklik vier gesuiwerdes, of ses smelters buite weste moker. D\u00edt, het wyle pa-Jan vertel, is hoekom so baie van daai stoele in daai treurige toestand is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En as Johny de Lange met daai voltreffer in die parlement op dr. Manie Schoeman gedink het hy het die resep uitgevind om iemand van party te laat verwissel, is hy maar laat.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos ek die storie onthou, was daar die aand in Calvinia se stadsaal \u2018n politieke vergadering, en in die skoolsaal nog een. As dit nie was dat pa-goed ges\u00ea het die Smelters het nog opvoeding nodig gehad nie, sou ek nooit geonthou het wie was in watter saal nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die Gesuiwerdes se spreker was, anders as die Smelters s\u2019n, droog en oninspirerend. Heeltemal uit pas met die hitte van die politieke era. Ook nie lank nie, vlieg \u2018n man in die gehoor op en skree: \u201cEk s\u00ea, kom ons los hierdie vergadering, en gaan d*nder die Smelters!\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die spreker ag dit sy plig om die grondbeginsels van demokrasie neer te l\u00ea. \u2018n Rukkie is dit stil, maar toe is dit weer so. Nog \u2018n ongeduldige lid van die gehoor wat meen dis veel aptytliker om die Smelters te gaan d*nder.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weer paai die spreker.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe \u2018n vyfde lid van die gehoor opvlieg en meen dis beter om maar hier te los en die Smelters te gaan regsien, is die spreker self half m*erig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWil jy my nou wysmaak jy sal \u2018n Smelter regged*nder kry?\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa! Ek was \u2018n Smelter, en hoe het ek reggekom? Ek is regged*nder! Ek s\u00ea ons los hierdie vergadering en gaan d*nder die Smelters!\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen hierdie goed-beredeneerde logika, wat so suiwer uiteengesit is, had die spreker geen verweer nie. Die manne stroom uit, sommiges met die lang rye opslaanstoele onder die arm, en sit af skoolsaal toe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">G\u2019n niks \u2018n gesissie-storie soos Julias wat die polisie opdrag gee om sy opponente te laat toesluit nie. Dis selfhelp-politiek op sy allerbeste.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Later het die baie bekende storie ook uit hierdie dampkring ontstaan. Die referendum oor republiek of nie, is onderweg, en mense vir en teen die republiek reis die land vol en spreek vergaderings toe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik werk dit nie vreeslik nie, want elke groep gaan luister na hul eie sprekers, en dus oortuig niemand vir niemand nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar een maer mannetjie waag dit om by \u2018n pro-republiek-vergadering op te daag.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe die spreker sy storie klaar gestorie het, vlieg die mannetjie op, en skree: \u201cJa, maar wie gaan ons beskerm?!\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die spreker verduidelik geduldig, maar is net klaargepraat, dan vlieg die mannetjie weer op en gil: \u201cJa, maar wie gaan ons beskerm?!\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So met die vierde opvliegslag had die fris tante wat reg agter hom gesit het, genoeg. Sy druk hom op die skouers plat, terug in sy stoel in, en toe sommer die stoel heel flenters, terwyl sy kliphard vir hom s\u00ea: \u201cSit str*nt, \u00e9k sal jou beskerm?\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hiermee is die argument vir die republiek toe ook gewonne.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pa-Jan en tannie SC het baie staaltjies van ds. \/ dr. Steenkamp vertel, maar dis \u2018n storie op sy eie. Johan van Wyk, jare lank Volksblad se skrywer van die rubriek, Stop van Myne (nou Goeiem\u00f4re na die dampielus so teenspoed gekry het), het by geleentheid ook iets oor dr. Steenkamp as politikus se wel en we\u00eb geskryf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy groot verkiesingsbelofte was die bou van \u2018n groot dam. Maar toe dr. Steenkamp verkies is, is hy vort Kaap toe en in sy kiesafdeling so skaars soos hoendertande. Die dam, nog skaarser.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naderhand is dit weer verkiesingstyd, en dr. Steenkamp maak \u2018n slag sy opwagting. Die bloed kook behoorlik oor die beloofde dam waarvan niks gekom het nie. Met vraetyd is dit sommer die eerste vraag ook. Nou wat van daai gebeloofde dam?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNee,\u201d verduidelik dr. Steenkamp, hy was skaars in die parlement toe verduidelik hy die behoefte aan die dam. En daai dam was sommer dadelik so te s\u00ea gebou ook, toe breek die oorlog met die Duitsers uit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cToe dink ek so by my sigselwers, maar as daai dam nou vol re\u00ebn en die Duitsers kom en bombardeer daai dam, dan loop versuie al die goeie mense hier oor die Knersvlakte tot by die see. Ek sit toe dadelik af na die minister toe en pleit dat die dam tog nie gebou moet word nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van Wyk skryf hiermee was die argument goed gewen, en die dak lig behoorlik soos dr. Steenkamp toegejuig is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hierdie storie moet mens dalk nie te wyd laat loop nie. Netnou lees pres. Zuma dit, en gaan bedink hy iets om vir die massas te verduidelik hoekom hulle nou eintlik so gese\u00ebnd is om sonder beloofde dienste oor die weg te moet kom. Soos: \u201cMense, dink net, as julle behoorlike dienste gehad het kon julle ook stort. En, so klink dit my na \u2018n bohaai, stort werk nie teen vigs nie. Dink net hoe gelukkig is julle om in die <em>basins<\/em> te moet was.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ja, nee, bring my enigiets oor vandag se politiek en ek sal bewys dat dit al ou, ou nuus in die Namakwaland in was.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/mal-chiki\/verhnjaja-odezhda\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u043a\u043e\u043c\u043f\u043b\u0435\u043a\u0442 \u0432\u0435\u0440\u0445\u043d\u0435\u0439 \u043e\u0434\u0435\u0436\u0434\u044b \u0434\u043b\u044f \u043c\u0430\u043b\u044c\u0447\u0438\u043a\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sokkerpolitiek in Suid-Afrika kom al van ver af. Buthana Komphela en Seppie Frolik kan gaan slaap as hulle dink hulle het politieke inmenging in sokker uitgedink. En selfs Griekeland, Kenia en Iran wat al hieroor uit Fifa geskors is, kan gaan slaap. In die Namakwaland in is dit al lankal uitgevind \u00e9n vervolmaak. Pa-Jan se &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8870\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Sokkerpolitiek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[10097,10096,4686,21092,10098,21133,10095],"class_list":["post-8870","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-buthana-komphela","tag-nieuwoudtville","tag-politiek","tag-rubrieke","tag-seppie-frolik","tag-c115-sokker","tag-sokkerpolitiek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8870","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8870"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8870\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8870"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8870"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8870"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}