{"id":8853,"date":"2010-06-17T06:54:40","date_gmt":"2010-06-17T06:54:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8853"},"modified":"2010-06-17T06:54:40","modified_gmt":"2010-06-17T06:54:40","slug":"jagtog-op-die-knersvlakte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8853","title":{"rendered":"Jagtog op die Knersvlakte"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Toentertyd, het pa Jan vertel, het \u2018n klomp Amerikaanse studente as aspirant-jagters op die Knersvlakte beland.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die storie oor hoe hulle hier gekom het, \u2018n storie op sy eie is, handel hierdie verhaal veel eerder oor hul \u201cNamakwalandse ervaring.\u201d Dus maar net so vluggies oor die aanloop drawwe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die drie, Thomas Bains, Richard Brightstone en Herman Gowalski was die telge van skatryk Wall Street-makelaars. Kort voor hulle klaar maak met skool, gaan kyk hulle \u2018n swart-en-wit Tarzanprent.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe kon dit nie ho\u00ebr of laer nie, hulle wil ook na die \u201chunting grounds\u201d in Donker Afrika gaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik is \u2018n kompromis met die ouers aangegaan. Hulle kan \u2018n jaar \u201cin Africa\u201d gaan studeer, en dan hulle make gemaak kry. Uiteindelik beland hulle by Ikeys, waar hulle terstond die byname \u201cTom, Dick en Harry\u201d kry. Hier spandeer hulle, tot groot vermaak van die ander Ikeys en met baie van die wal-in-die-sloot-advies, die meeste van hul eerste kwartaal vir hul groot safari \u201cup North\u201d.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die Vrydagmiddag breek uiteindelik aan dat hul Jeep gepak is. Alle belangrike toerusting is ingepak. Dit sluit voldoende drank, slaapsakke, vuurwater, tente, voggies, kos, likiede bates, gewere, skoplafenis, baie ammunisie, drank en ander minder belangrike bykomstighede in.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">O ja, ek moenie van die drank vergeet nie, want di\u00e9 het \u2018n baie belangrike rol in di\u00e9 verhaal gespeel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So juig die spannetjie die Vrydagaand na donker die Paarl in. Hulle bemerk \u2018n man wat vier rye spore loop, \u2018n algemene Bolandse verskynsel teen sononder op \u2018n Vrydag. Hulle is op soek na \u2018n gids wat hulle \u201cup North\u201d sal kan neem \u2013 na die \u201chunting grounds\u201d toe.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ou Jacob word genader. Fout.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jacob stem in. Hy mag sleg gesuip wees, maar sy paar breinselle is darem nog nie doodgesuip nie. Hy gewaar in die skemerte die Bachussop in die Jeep, en hy het familie in Vanrynsdorp wat hy graag wil besoek. Hy klim terstond op, en beduie in \u2018n koers. Skaars het die wiele begin draai, of Jacob is in droomland.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net buite Vanrynsdorp word \u201ckamp\u201d opgeslaan. Dis egter al amper sonsopkoms, en met al die voggies wat deur die nag gevloei het, kry Tom, Dick en Harry hul l\u00ea in die oopte. Die tente is gans te ingewikkeld om opgeslaan te kry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sonbesies raas al oorverdowend toe Tom, Dick en Harry met die vreeslikste koppe wakker word. Van Jacob en \u2018n taamlike deel van die vog is daar geen teken nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die situasie word ontleed. In plaas van om in \u2018n tropiese woud wakker te word, is hulle op \u2018n kaal haai vlakte. Hulle onthou egter Jacob het hulle met die kamp-opslanery verseker hulle het in die \u201chunting grounds\u201d gearriveer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle kry koers die vlakte in. Destyds was die Knersvlakte nog nie so van drade toegespan nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie lank nie, brand die woedende Namakwalandse son van reg van bo af. Hul watersakke is lankal leeg, maar die ander vog hou nog. Hulle soek iets om te skiet, maar al wat beweeg, is die dansende hitteduiwels.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik gewaar hulle iets. Aan die agterna-verduidelikings kon dit enigiets van \u2018n meerkat tot \u2018n kangaroe of selfs dalk \u2018n boerbok gewees het. Hulle l\u00ea aan en skiet, tot die \u201cslagoffer\u201d maar naderhand verkas.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ruk later gewaar hulle weer iets roer. Gelukkig, voor hulle losbrand, merk hulle dis \u2018n man te voet. Hulle ry nader, en kom by \u2018n trens aan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis nou die manne wat so van plaas tot plaas geswerf het en in ruil vir kos, onderdak en \u2018n ietsie allerlei herstelwerkies gedoen het soos skoene regmaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cA, \u2018n potensi\u00eble gids,\u201d meen die manne.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En ja, die trens sal saamry. Maar skaars het die Jeep weggetrek, of die trens het al \u2018n bottel vuurwater teen die mond, wat nou ook al vuurwarm is. So ry hulle, terwyl die trens \u2013 wat nie \u2018n woord Engels verstaan nie, net kort-kort in \u2018n rigting beduie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En toe, net voor hulle wil handdoek ingooi, sien hulle \u2018n volstruis op die horison.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle besluit om op di\u00e9 gedierte los te brand tot dit ook verkas. Die volstruis bekyk die geraas met sy plat bakkies, en toe iets naby sy kop verbyvlieg, druk hy sy kop in \u2018n gat. \u2018n Ruk later bekyk hy weer die raserige gedoente my sy plat bakkies. Dit klink soos \u2018n jong oorloggie, en in die proses wek hulle die \u201cgids\u201d wat ondertussen ook aan die slaap geraak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy strompel regop, en beduie dat hy ook \u2018n skoot wil h\u00ea. Tom, Dick en Harry besluit dit kan dalk net sports wees. Hulle maak die trens slinger-slinger staan op die Jeep se neus, en stop hom \u2018n baster olifantgeweer in die hande.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die trens druk die loop in die rigting van die volstruis, en terwyl die loop sulke groot sirkels in die lug trek, trek hy die skoot af.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die slag lig die trens uit sy verslete skoene en slinger hom op die plat Knersvlakte neer dat hy skoon tussen die bossies deur op die gruis skuif.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tom, Dick en Harry wil hulle breeklag, maar die trens strompel regop, klap die ergste stofwolke uit sy gelapte klere, en beduie in die rigting van die volstruis: \u201cLets ghou fets h\u00f4m\u201d beduie hy.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tom, Dick en Harry sy koppe ruk soos hulle omkyk, en jou waarlik, daar l\u00ea die volstruis bene in die lug!<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis \u2018n flink ent se ry om by die gevalle vo\u00ebl te kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verbaas roep Harry uit: \u201c  He\u2019s shot the thing through the head!\u201d<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/izmernitelnyy_instrument\/\">\u043b\u0438\u043f\u0435\u0446\u043a \u0438\u0437\u043c\u0435\u0440\u043d\u0438\u0442\u0435\u043b\u044c\u043d\u044b\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/58379-istoriya-supermarketov-klass-ot-osnovaniya-do-nashix-dnej.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043f\u043e\u043b\u0438\u0442\u0438\u043a<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Toentertyd, het pa Jan vertel, het \u2018n klomp Amerikaanse studente as aspirant-jagters op die Knersvlakte beland. Hoewel die storie oor hoe hulle hier gekom het, \u2018n storie op sy eie is, handel hierdie verhaal veel eerder oor hul \u201cNamakwalandse ervaring.\u201d Dus maar net so vluggies oor die aanloop drawwe. Die drie, Thomas Bains, Richard Brightstone &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8853\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Jagtog op die Knersvlakte&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[21134,10079,9862,10078,8000,10075,8001,10077,10076],"class_list":["post-8853","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","tag-c117-algemeen","tag-donker-afrika","tag-feiulleton","tag-herman-gowalski","tag-humor","tag-jagtog-op-die-knersvlakte","tag-namakwaland","tag-richard-brightstone","tag-thomas-bains"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8853","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8853"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8853\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8853"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8853"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8853"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}