{"id":8833,"date":"2010-06-16T05:37:47","date_gmt":"2010-06-16T05:37:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8833"},"modified":"2010-06-16T05:37:47","modified_gmt":"2010-06-16T05:37:47","slug":"jeugdag-niks-om-te-vier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8833","title":{"rendered":"Jeugdag: niks om te vier"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Volk wat nie in sy jeug bel\u00ea nie, sorg nie vir sy toekoms nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is \u2018n bitter ou waarheid, maar Sondag lui \u2018n prominente opskrif in Rapport: \u201cVir die verlore jeug is daar niks om te vier.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die man wat sy pen so in gal doop is Charles Malan, wat benewens as skrywer, ook deur sy werk by die RGN bekend geword het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malan se inleiding lees: \u201cDie jong mense van Suid-Afrika het bitter min om te vier op Jeugdag, behalwe verspeelde kanse, onbeholpe volwasse leiding en \u2018n weldeurdagte jeugbeleid wat nooit ordentlik in werking gestel is nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malan verwys naamlik na \u2018n jeugbeleid wat in opdrag van die destydse president Nelson Mandela ontwikkel is. Aan die stuur van sake was dr. Van Zyl Slabbert wat onlangs oorlede is. Malan self was een van die medewerkers, en sy artikel toon ook die kenmerke van effense bitterbekheid \u2013 maar skynbaar met baie goeie rede. Die man wat dit moes implementeer was adjunk-president, en later pres. Thabo Mbeki, wat dit weer grootliks aan dr. Essop Pahad oorgelaat het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolge is daar vir almal om te sien. Die nasionale en provinsiale jeugkommissies het ontwikkel tot instellingts wat min meer moes doen as om prominente ANC-jeugleiers van salarisse \u2013 ruim salarisse \u2013 te voorsien. Die staatsfondse is dus ook grootliks op projekte ter ondersteuning van die ANC aangewend, hoewel onbekwaamheid wat die Ouditeur-generaal slapelose nagte besorg, dikwels die uitvoering daarvan in die wiele gery het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die twyfelagtige hoogtepunt was waarskynlik toe die amptelike hoof-jeugdagvieringe by Botshabelo in die Vrystaat gehou is. Die hoosprekers was mnr. Jacob Zuma, wie se enigste amp destyds president van die ANC was, Julius Malema, met \u2018n enigste amp om jeugleier van die ANC te wees, en Cosatu se   Zwelinzima   Vavi. Die enigste rol vir opposisiepartye was om uitnodigings te kry om na hierdie geleentheid met sy ANC-sprekers te kry. Die DA het hieroor by die Openbare Beskermer gaan kla, en na \u2018n lang oponthoud het die OB bevind alles was pluis, maar dit moet nie weer gedoen word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 geleentheid sal veral onthou word vir Malema se \u201cOns sal doodmaak vir Zuma\u201d, half ge-ego deur Vavi. Hierdeur is die simboliek van \u2018n erg verdeelde Suid-Afrikaanse jeug ingelui.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die pleknamekomitee van Limpopo \u2013 ook \u2018n werkverskaffer van die ANC-jeugliga \u2013 se optredes is vanuit \u2018n versoeningshoek skrikwekkend.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op tradisioneel Afrikaanse kampusse waar studentepolitiek volgens politieke lyne bedryf word, is die vernaamste rolspelers dikwels die Vryheidsfront Plus Jeug aan die en kant, en die ANC-jeugliga en Sasco aan die ander kant. \u2018n Party soos die DA wat onder die studente se ouers wye steun het, maak nie hond-haaraf nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die aanloop tot die sokkerw\u00eareldbeker, met die vuvuzela al goed aangeskakel en die euforie op voorblaaie, het Afriforum Jeug nog \u2018n titseltjie werklikheidskoors probeer aanskakel deur te wys op die onvanpastheid van die regering en Fifa se verheerliking van Peter Mokaba, die man van \u201cKill the Boer, kill the farmer\u201d-faam.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die volwasse respons op die radikalisering van Mokaba se geesteskind. Malema, laat veel te wense oor om dit sagkens te stel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas het \u2018n Nederlandse koerant in \u2018n ellelange artikel die mantel van Suid-Afrika se ikoon van versoening vir die Kovsie-rektor, prof. Jonathan Jansen aangetrek. Hierdeur het hy \u2018n buitelandse erkenning gekry vir die inisiatief om die Reitz-kwessie op \u2018n ander manier te beredder as om die vier verhoorloos hul studies te ontneem en te laat verguis. Plaaslik verswyg die Engelse pers \u2013 anders as die pers in die buiteland en twee groot Afrikaanse koerante \u2013 dat die vier om verskoning gevra het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie dat Jansen almal se droomrektor is nie \u2013 soos die gedagte wat hy en sy omstrede studentedekaan koester om voortaan studentepolitiek volgens politieke partylyne te verbied. Dit klink al te veel na simptome in plaas van die oorsake aan te spreek. Die werklike oorsake is nie moeilik om te vind nie: volwassenes.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/\">\u0430\u0432\u0442\u043e\u0438\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043c\u0435\u043d\u0442 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/varta.kharkov.ua\/blogs\/kasyanenko\/1116800\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Volk wat nie in sy jeug bel\u00ea nie, sorg nie vir sy toekoms nie. Dit is \u2018n bitter ou waarheid, maar Sondag lui \u2018n prominente opskrif in Rapport: \u201cVir die verlore jeug is daar niks om te vier.\u201d Die man wat sy pen so in gal doop is Charles Malan, wat benewens as skrywer, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8833\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Jeugdag: niks om te vier&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[9064,10054,7646,10053,4892,10055,6539,4114,2808,21092,10056,4640],"class_list":["post-8833","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-botshabelo","tag-charles","tag-essop-pahad","tag-jeugdag-niks-om-te-vier","tag-jonathan-jansen","tag-malan","tag-malema","tag-rapport","tag-rgn","tag-rubrieke","tag-van-zyl-slabbert","tag-vryheidsfront-plus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8833","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8833"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8833\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8833"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8833"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8833"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}