{"id":8828,"date":"2010-06-15T11:40:55","date_gmt":"2010-06-15T11:40:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8828"},"modified":"2010-06-15T11:40:55","modified_gmt":"2010-06-15T11:40:55","slug":"die-fisiologie-van-die-euforie-se-afloop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8828","title":{"rendered":"Die fisiologie van die euforie se afloop"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Oor \u2018n jaar van nou af sal politieke sosiolo\u00eb en ander vakwetenskaplikes ontleed hoe die huidige sokkereuforie afgeloop het, en hoekom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om nou reeds projeksies te maak is om \u2018n mens se kop ver uit te steek. Dit bied egter \u2018n uitdaging en sommige mense kan eenvoudig nie van \u2018n uitdaging wegskram nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Basies is daar potensieel drie uitkomste:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<ul>\n<li>Die euforie behou momentum, en \u2018n nasionale kohesie verdiep. Nasiebouers steek \u2018n veer in die hoed.<\/li>\n<li>Die euforie plat af, en die land is presies waar dit was, met die bevolking wat nie al te lekker met ander groepe stryk nie<\/li>\n<li>Die euforie sit om in \u2018n babelas, en die land is meer verdeeld en verskeur as tevore.<\/li>\n<\/ul>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om \u2018n projeksie te doen met enige hoop op sekuurheid, moet die fisiologie van die huidige euforie verstaan word. Hierdie fisiologie moet dan vergelyk word met die euforie wat tydens die rugby-w\u00eareldbeker in Suid-Afrika geheers het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar kan min twyfel wees dat die Suid-Afrikaners aan die stuur van sake met die huidige toernooi voluit gaan om \u2018n beeld van Afrikanisme uit te straal. Word na die buitelandse pers gekyk, is dit inderdaad die beeld wat uitgestraal word \u2013 die danse, die vertoon, alles is so Afrikasentries as moontlik voorgestel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook nie enige Afrikabeeld nie. Daar is byvoorbeeld min of niks te sien van die Afrikabeeld van die ou Nylbeskawing, die ander Noord-Afrikaanse beskawings soos die Kartaagse, die Ethiopiese en ander nie. Hierdie is die uitbeeld van wat Europa eeue lank as Donker Afrika ervaar het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 indruk word verdiep deur \u2018n president met \u2018n span vroue, \u2018n president wat moeiteloos, afhangende van die okkasie, van annimisties na \u2018n vorm van Christenskap spring, \u2018n reinigingseremonie met sangomas, \u2018n tradisionele beesslagting \u2013 weliswaar taamlik uit die openbare oog gehou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl dit \u2018n soort toerismeattraksie aan buitelanders bied, is dit vir diegene wat hier \u2018n florerende land probeer bou eerder kommerwekkend.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die rugby-toernooi was die beeld en ervaring nog veel meer verteenwoordigend van die bevolkingsamestelling. Dit het \u2018n tipe middelgrond gesoek waarom euforie gebou kon word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom dan die huidige euforie by diegene wat opsigtelik uitgesluit word?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een oorstelpte nuuskommentator meen die moeilikheid l\u00ea by die politici, nie by die mense waar \u2018n groot poel van goeie gesindheid nou ontgin word nie. Die land verdien \u2018n slag \u2018n breek, meen sy.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sosiolo\u00eb sal lank besin oor die kwessie van groepsdruk, soos binne werksplekke. Hier en daar iemand wat graag lyf wegsteek wat die kans as verskoning benut \u2013 te lekker om jolyt te hou om nou te moet werk. Dis iemand anders wie se onderneming skade ly.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kleintjies kom met fufuzelas van die kleuterskool af, waar juffrou hulle goed \u201copgesaaik\u201d het. Die buurman wil iets met daai fufuzela maak waarop die arme kind se ouers half te\u00eb sal wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is so dat die land \u2013 die ingeligte deel van die land \u2013 nou al baie lank met slegte nuus gebombardeer word. Slaggate, sinkende munisipale dienste, \u2018n president wat \u2018n internasionale verleentheid is, misdaadsyfers (gekook of nie), \u2018n oneindige stroom korrupsie wat skynbaar sekere mense onaantasbaar laat, regstellende aksie sonder einde, en erg polariserende optredes deur onder andere die heer Malema wat uiters onkonstruktief deur die regering aangespreek word. Nou bied die euforie \u2018n soort kits-doepa, en ontsnapping van die verstikkende werklikheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sosiolo\u00eb sal ook eendag ontleed of, byvoorbeeld binne die wit gemeenskap \u2013 mans en vroue oor die algemeen verskillend op die euforie gereageer het. Op die oomblik lyk dit of dit \u2013 in sommige dele van die land in elk geval \u2013 nogal so kan wees. In my eie omgewing (en dis geen wetenskaplike opname nie) is die vlaggies op motors en ander kenmerke van euforie, bykans uitsluitlik op motors wat deur jong vroue bestuur word. Op die TV-beelde van die jolkolle, behoort omtrent al die wit gesiggies aan jong meisies. En as hierdie waarneming reg is, hou dit dalk verband met die feit dat wit vroue, nomineel anders as wit mans, van regstellende uitgesluit is? Het vroue oor die algemeen \u2018n ander nuusbelangstelling, en word aan ander nuusbronne blootgestel?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die oomblik is die verstaan van die fisiologie van hierdie euforie grootliks raaiwerk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat minder raaiwerk behels, is die werklikheidsomgewings waarin die rugby-w\u00eareldbeker toernooi hier te lande, en die huidige sokkerbeker hom afspeel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rugbytoernooi het gevolg kort na die aanbreek van die nuwe bedeling. Internasionale isolasie is verbreek, en die \u201cwitmansport\u201d het as versoeningsgebaar na swart landgenote uitgegaan. Die destydse president het, Nelson Mandela, was \u2018n internasionale ikoon. Hy het \u2018n Springboktrui oor die kop getrek, en self die simbool van versoening geword. Infrastruktuur is ingespan wat die land nie agterna ekonomies mank sou laat nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Springbokke is as w\u00eareldkampioene gekroon.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die teoretiese prognose vir \u2018n draende impak van die euforie was goed.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Was goed &#8230;. maar nie lank nie, toe roer die Komphelas, Neels van Rooyens, Thabo Mbeki se kop werk anders, Jimmy Manyi word gebore, Peter Mokaba word gekoester, Julius Malema kom op die toneel. Sommer gou na die rugbytoernooi bevind Pansat dat die regering self die grootste oortreder van taalregte is. Regstellende aksie skop in, emigrasie volg, broodwinners wie se kanse uitloop moet hul gesinne hier los en in lande soos Nigeri\u00eb, Irak, Abu Dhabi, Angola \u2013 haas enige denkbare plek op aarde dikwels gevaarlike werk gaan doen of krepeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blanke Afrikaanse joernaliste wat gelukkig genoeg is \u201com in te kom\u201d by betalende mediaposte, vergeet gou ho\u00e9 gelukkig hulle is, en van daar bedinges hulle almal wat ni\u00e9 so gelukkig was nie. Sielkundiges sal weet of dit \u2018n geval is van hul eie onsekerheid verdoesel in \u2018n onbedoelde meerderwaardigheid. Blote grootkop kry het gewoonlik nie die geniepsigheid ook tot gevolg nie. Dit maak diegene vir wie die \u201cdice\u201d verkeerd geval het, nie meer gewillig om onbeskroomd die post-Madiba-SA te omarm nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die omgewing buite Suid-Afrika het ook baie verander.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die rugby-toernooi was die persepsie sterk dat daar nou niks slegs meer uit Suid-Afrika kon kom nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar daar het. Suid-Afrika het \u2018n katastrofale vakansie in die voorsitterstoel van die VN se Veiligheidsraad gehad, en daardeur die klem op die land se voorliefde vir muishondlande geplaas. \u2018n Liederlike wapenskandaal het gevolg, en is onder die mat gevee waar dit steeds prut.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die kersie op die koek was die opkoms van Jacob Zuma. Genoeg om te s\u00ea die opmerking van die leier van \u2018n klein partytjie in Suid-Afrika dat Zuma se sekslewe, toe hy \u2018n bloedverwantskap met die sokker gesmee het, herinner aan \u2018n Tiger Woods, Bill Clinton en Henry VIII is een het dwars oor die w\u00eareld die media gehaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kultureel is die Afrikaner en Afrikaanssprekende uit die toernooi geweer. In teendeel, Peter Mokaba van \u201cKill the Boer, Kill the farmer\u201d word verheerlik. Druk op pleknaamsveranderings breek sommer vlak voor die aanbreek van die toernooi aan. \u2018n Mens sou verwag dat \u2018n hele aantal adviseurs en beeldpoetsers agter die skerms werk om sulke katastrofes te voorkom. Indien wel, en daar is soveel polariserende blapse, hoe sal dit nie na die afloop van die toernooi gaan nie?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In skrille kontras met die Afrika-kultuur wat uitgebeeld word, word Engelse taalimperialisme nou op groot skaal gepleeg. Engels is die algemene spreektaal van maar \u2018n handjievol deelnemende lande, waarvan die helfte na verwagting vroeg hul tassie gaan pak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In vandag se Rapport wys Charles Malan op die hopelose vooruitsigloosheid van die (swart) jeug. Hy voeg onbevoegde politieke leierskap in die roerpot. Dit lyk dus nie of dit net die Afrikaner, of it bevolking wat \u2018n euforie-babelas gaan oorhou nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Opsommend:<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die rugby-toernooi was daar \u2018n veel groter dosis redelikheid teenwoordig om te verwag dat die euforie in blywende versoeningsaksie sou uitloop.Toe was die toekomstige verloop nog grootliks onbekend.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou is daar minder onbekendes. Na afloop van die toernooi gaan die Komphelas en Malemas steeds daar wees. Jimmy Manyi ook, hoewel nou in \u201cverminderde kapasiteit.\u201d Zuma gaan minstens nog \u2018n paar jaar vasbyt, en dit is bykans seker dat hy met nog verrassings vorendag gaan kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit lyk of die land nog vreemder gaan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die rolprent, Excaliber, s\u00ea Merlin vir \u2018n vrou wat ook dru\u00efde-aspirasies koester: \u201cOns tyd is verby. In die plek van die baie gode kom daar nou een God.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die openingswedstryd roep \u2018n swart kommentator in ekstase: \u201cThis is the Africa of the African gods.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor Europa waai die wind nou wes. Die tyd van die Joop den Uyls en Olaf Palmes blyk nou in vergetelheid te verdwyn, terwyl die nuwe generasie leierskap opeis dat Afrika sy korrupsie moet staak \u2013 al wil Zuma nog moraliteit herdefinieer om dinge wat hy as aanvaarbaar beskou, deel van die openbare moraliteit te maak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om nou rug styf te maak vir moralitetsnorme, wat opgeskerp is na die debakel van die w\u00eareld ekonomiese krisisse, kan veel kopsorge tot gevolg h\u00ea as die toernooi se rekenings arriveer en betaal moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die euforie het \u2018n beter prognose om erge babelas op te lewer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien ek verkeerd. Die tyd sal leer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is egter nie al wat nou al projeksies probeer maak nie. Soos gebruiklik met w\u00eareldsokkerbekertoernooie verskyn daar internasionaal ook verskeie sokkerboeke. Sommiges is tegniese handleidings, ander suiwer sport-histories, maar daar is ook wat in diepte na die geskiedkundige en politieke omgewing kyk. Een is <strong><em>Hard grass <\/em><\/strong>van Simon Kuper. Hoewel Kuper se ouers in die jare sestig Suid-Afrika verlaat het, het Simon dikwels by sy grootouers kom kuier. Sy boek fokus baie op die apartheidsjare, en is baie idealisties oor die impak wat sokker op nasietrots kan h\u00ea.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Boek wat waarskynlik meer objektief na sake kyk, is Edwin Schoon se \u201cMacht om de bal.\u201d Schoon, \u2018n skrywer van verskeie boeke, is \u2018n oud-joernalis en was onder meer die redakteur van Trouw. Hy wys daarop hoe diktators soos Idi Amin, Mobutu Sese Seko en Kamuzu Banda die gewildheid van sokker gebruik het om hul diktature te kon verdiep. Sport (of dan die euforie daarvan) is vir die bevolking een van die min uitlaatkleppe en kan hulle van onder meer hul armoede vergeet. Dit word versterk met, wat hy die Kuifie-agtige soort mediaberiggewing noem. (Verwysend na die Belgiese strokieskarakter wat in die oorspronklike Frans as Tintin bekend staan.)<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0456 \u0433\u0440\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0456\u0432\u0447\u0430\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.txtwww.ru\/object\/gruza-ukrainu-topcargo\">topcargo \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oor \u2018n jaar van nou af sal politieke sosiolo\u00eb en ander vakwetenskaplikes ontleed hoe die huidige sokkereuforie afgeloop het, en hoekom. Om nou reeds projeksies te maak is om \u2018n mens se kop ver uit te steek. Dit bied egter \u2018n uitdaging en sommige mense kan eenvoudig nie van \u2018n uitdaging wegskram nie. Basies is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8828\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die fisiologie van die euforie se afloop&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[10047,10044,10046,10048,9679,10049,21092,21133,2242,10045],"class_list":["post-8828","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-afrikasentries","tag-die-fisiologie-van-die-euforie-se-afloop","tag-euforie","tag-joop-den-uyl","tag-nasiebou","tag-olaf-palme","tag-rubrieke","tag-c115-sokker","tag-suid-afrika","tag-wereldsokkerbeker"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8828","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8828"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8828\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8828"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8828"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8828"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}