{"id":8825,"date":"2010-06-15T06:48:04","date_gmt":"2010-06-15T06:48:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8825"},"modified":"2010-06-15T06:48:04","modified_gmt":"2010-06-15T06:48:04","slug":"vuvuzelas-die-perfekte-metafoor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8825","title":{"rendered":"Vuvuzelas: die perfekte metafoor"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Anders as baie liberale wat enersyds vir ons preek oor hul sogenaamde  naasteliefde teenoor Afrikane, maar dan persoonlik vir Afrika wegkruip in hul  rykmansbuurte of oorsee, moet ek noodwendig in \u2018n Suid-Afrikaanse buurt bly wat  as kosmopolities beskryf kan word. Vir die afgelope twee oggende word ons buurt  gevolglik wakkergemaak deur een of ander moroon wat sy vuvuzela om 05h00 blaas.  Klank trek ver in die nag, en dus kan ek hom nie opspoor nie, maar as ek kon,  sou ek hom graag \u2018n diesel-klisma toegedien het met sy vuvuzela as die tregter.  Ons buurman se kleuterkindertjies teister ons ook al vir maande, tydig en  ontydig, met die geraas van hul vuvuzelas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietemin moet ek bieg: ek hou van vuvuzelas. Ek besit selfs een. Ek het \u2018n  miniatuur-vuvuzela gratis by \u2018n vulstasie gekry toe ek \u2018n bottel Coca-Cola  gekoop het. Ek sal nog eendag \u2018n nut vir die ding bedink. Kan mens hom moontlik  gebruik as jou motor se brandstof opraak, of om vloeistof van een houer na \u2018n  ander oor te tap?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nee, ek hou nie van die eentonige geraas wat di\u00e9 ding veroorsaak nie. Ek hou  eerder van die onbedoelde metafoor wat dit verteenwoordig. Niemand kan \u2018n  vuvuzela daarvan beskuldig dat dit kompleks, gesofistikeerd of \u2018n gevorderde  stuk tegnologie is nie. \u2018n Vuvuzela is \u2018n eenvoudige ding, \u2018n trompetvormige  stuk plastiek wat net een noot kan voortbring. Daar is geen bewegende dele nie.  Hoe toepaslik vir \u2018n kontinent wat nooit die geskrewe woord, die wiel of \u2018n  skarnier kan bedink nie. Om \u2018n vuvuzela \u2018n uitvindsel te noem, is kennelik ook  om die waarheid so \u2018n effe te rek. Dit is in wese \u2018n plastiekweergawe van \u2018n bok  se horing, iets wat kwalik gekategoriseer kan word as \u2018n tegnologiese  deurbraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op soortgelyke wyse is baie van di\u00e9 kontinent se bewoners ook eenvoudige  siele, veral diegene wat dink dis pret om \u2018n vuvuzela te blaas. Daar is spanne  wat in die Sokkerw\u00eareldbeker speel wie se lande van herkoms Bach, Beethoven,  Vivaldi en Puccini kon voortbring. Puccini se Nessum Dorma was byvoorbeeld \u2018n  vorige W\u00eareldbeker se temalied. Afrika se musikale bydrae tot sokker? Die  vuvuzela met sy hele een noot. Weer eens: hoe toepaslik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So ook kan jy seker wees dat, as \u2018n lid van die onwelriekende ANC-regime sy  mond oopmaak om voete te verwissel, daar slegs een gedagte tussen al die geraas  is: \u201cGee, gee, gee, want anders is julle rassiste.\u201d Enige uitlating deur Juliaas  kan net sowel vervang word deur die geskal van \u2018n vuvuzela, want die  gedagte-inhoud van \u2018n vuvuzelanoot en \u2018n ganse toespraak van Malema is presies  dieselfde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek hoop dus hulle blaas daardie vuvuzelas kliphard telkens as hulle die  eentonige tweeslag sogenaamde volkslied (in werklikheid \u2018n afgesaagde  kinderkransliedjie), Kosie Sukkel Vreeslik In Afrika speel. Die vuvuzela is die  perfekte begeleiding vir Kosie Sukkel, om nie te praat van \u2018n perfekte metafoor  vir die Nuwe Suid-Afrika nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free bonus slots no deposit mobile<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/filchakov-aleksandr\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Anders as baie liberale wat enersyds vir ons preek oor hul sogenaamde naasteliefde teenoor Afrikane, maar dan persoonlik vir Afrika wegkruip in hul rykmansbuurte of oorsee, moet ek noodwendig in \u2018n Suid-Afrikaanse buurt bly wat as kosmopolities beskryf kan word. Vir die afgelope twee oggende word ons buurt gevolglik wakkergemaak deur een of ander moroon &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8825\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vuvuzelas: die perfekte metafoor&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[10041,21092,10040,10039],"class_list":["post-8825","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-foefoezelas","tag-rubrieke","tag-vuvuzelas","tag-vuvuzelas-die-perfekte-metafoor"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8825","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8825"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8825\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8825"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8825"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8825"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}