{"id":882,"date":"2007-09-16T00:00:00","date_gmt":"2007-09-16T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=882"},"modified":"2007-09-16T00:00:00","modified_gmt":"2007-09-16T00:00:00","slug":"franse-vra-dns-vir-visum","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=882","title":{"rendered":"Franse vra DNS vir visum"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Om etiese redes is die wet soos dit tans op die boeke staan streng omlyn. Artikel 16 van die <em>Code Civil <\/em>stel dit duidelik dat enige genetiese studie omtrent die eienskappe van &#8216;n persoon alleen om mediese of navorsingsredes onderneem mag word. Familieherenigingsvisums voldoen nie aan die kriteria wat &quot;respek vir die menslike liggaam&quot; afdwing nie.<\/p>\n<p> Mariani het egter laat blyk dat hy bewus is van die botsing met Artikel 16 en erken dat sy voorstel &quot;afwyk&quot; van die wet, maar vir die afgevaardigdes is die &quot;veilige en vinnige&quot; manier waarop DNS-inligting identiteitsbedrog sal uitskakel, die sterker oorweging. Mariani het ter ondersteuning verwys na &#8216;n verslag wat die UMP onder leiding van senator Adrien Gouteyron onlangs uitgebring het waarin die duidelike toename in bedrog uitgespel word.<\/p>\n<p> Volgens Gouteyron is die egtheid van identiteitsbewyse onder verdenking. &quot;In sommige lande soos Senegal, die Ivoorkus, die twee Kongo&#8217;s, Togo, Madagaskar en die Comore is tussen 30% en 80% van alle bewyse vervals.&quot; Nietemin was daar lede van die UMP wat, soos die Sosialiste, nie te vinde is vir die voorstel nie.<\/p>\n<p> Fran&ccedil;ois Goulard (UMP) het benadruk dat daar in die Franse reg absoluut geen aanspraak in biologiese terme bestaan nie. &quot;&#8217;n Mens kan &#8216;n kind sonder meer erken selfs al is &#8216;n mens nie die biologiese vader nie,&quot; het hy ges&ecirc;. &quot;Om dit van buitelanders te verwag is omstrede en verkeerd.&quot; Die Sosialiste wou weet watter laboratoria in di&eacute; betrokke lande die toetse gaan onderneem. &quot;Hoe weet ons die toetse gaan nie ook vervals wees nie?&quot; het Serge Blisko gevra.<\/p>\n<p> In Europa is biologiese verwantskap as basis vir familieverwantskap tans ook problematies. Die Britse mediese publikasie, The Lancet, beweer dat soveel as 2,7% van Europese geboortes onder &quot;vals&quot; verwantskap aangemeld word en dat biologiese vaderskap dus nie die kind se wetlike status tans be&iuml;nvloed nie.<\/p>\n<p> Die oortreding om genetiese toetse buite die wet te onderneem is vir Franse sedert 2004 strafbaar met &#8216;n boete van 15 000 euro of die gevangenis. Om daardie rede gebruik bekommerde vaders klandestien die dienste van Switserse, Belgiese of Spaanse laboratoriums wat hulle via die internet nader om vas te stel of hul telge hul eie is. Die koste daarvan beloop tussen 200 en 600 euro.<\/p>\n<\/div>\n<p> <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/44-gruntovoj-svetilnik\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u043e\u0434\u0438\u043e\u0434\u043d\u044b\u0435 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438 \u0432\u0441\u0442\u0440\u0430\u0438\u0432\u0430\u0435\u043c\u044b\u0435 \u0432 \u0433\u0440\u0443\u043d\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/11\/08\/191249.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Franse afgevaardigdes het Woensdag, 12 September 2007, &#8216;n groot tree geneem in die bestuur van immigrante. Die wetskommissie in die Nasionale Vergadering het &#8216;n amendement goedgekeur wat DNS-toetse vereis voordat &#8216;n visum vir langer as drie maande uitgereik word. &quot;In gevalle waar ernstige twyfel heers oor identiteit&quot; sal diplomatieke of konsul&ecirc;re personeel &quot;aanbeveel&quot; dat &#8216;n visumaansoeker &quot;op sy eie koste&quot; &#8216;n toets laat doen om sy verklaarde biologiese verwantskap geneties te laat verifieer.<\/p>\n<p> Indien die amendement aanvaar word, sal die uitbreiding van genetiese toetse aansienlik wees omdat die aanvraag om familieherenigingsvisums reeds 23 000 gevalle per jaar behels. Dit mag wees dat elke herenigingsaansoek voortaan &#8216;n DNS-toets sal vereis. Die voorstel is deur Thierry Mariani van die regerende UMP ingedien.<\/p><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089],"class_list":["post-882","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/882","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=882"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/882\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=882"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=882"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=882"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}