{"id":8819,"date":"2010-06-14T09:02:49","date_gmt":"2010-06-14T09:02:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8819"},"modified":"2010-06-14T09:02:49","modified_gmt":"2010-06-14T09:02:49","slug":"media-stringers-en-die-propaganda-oorlog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8819","title":{"rendered":"Media-\u201cstringers\u201d en die propaganda-oorlog"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Israel is onlangs w\u00eareldwyd en bykans uit een mond veroordeel toe \u2018n ses skepe met noodvoorraad vir Gaza onderskep is. In die skermutseling wat op een boot uitgebreek het, was daar \u2018n aantal ongevalle.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geleidelik dring \u2018n ander prentjie tot die w\u00eareld deur. Aan boord van di\u00e9 skip was \u2018n aantal aktiviste wat gehoop het om konfrontasie met die Israelse magte af te dwing, en boonop as martelaars te sterf. Geleidelik begin Israel se beeld weer kop optel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar wat gebeur agter die skerms? Israel sou waarskynlik geen hond-haaraf gemaak het as Mossad, regstreeks of via die regering, die werklike feite op die tafel sou plaas nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor \u2018n paar jaar sal die rol van sogenaamde \u201cstringers\u201d bekend wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor presies wat \u201cstringers\u201d is, is daar meningsverskille. Oor die algemeen word na iemand as \u201cstringer\u201d verwys as hy \u2018n <em>ad hoc<\/em>-taak iewers vir die koerant moet verrig wat hom spesifiek daarvoor huur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Binne die intelligensiegemeenskap het dit \u2018n algeheel ander betekenis. Soms verwys dit na \u2018n joernalis wat in diens van \u2018n koerant is, maar vir \u2018n intelligensie-agenskap \u2013 darem sy eie land s\u2019n) inligting help versamel. Dit kan selfs gebeur dat hy as joernalis na gebiede gestuur word waar die intelligensie-agentskap \u2018n behoefte aan inligting het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Normaalweg word egter onder \u2018n \u201cstringer\u201d verstaan iemand wat intelligensie-agentskappe van tyd tot tyd gebruik om berigte en artikels in media w\u00eareldwyd te \u201cplant.\u201d Op die oog af kom die berig of artikel uit die \u201cstringer\u201d se eie pen, maar in werklikheid is die feite \u2013 en soms propaganda \u2013 baie ver daarvandaan deur \u2018n intelligensie-agenskap voorsien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie baie agentskappe erken dat hulle hiervan gebruik maak nie. Teen 1973 het die CIA, volgens die Washington Post, reeds meer as 30 \u201cstringers\u201d in die buiteland gehad. Die eerste bekende \u201cstringer\u201d van die CIA was Joseph Alsop wat in 1953 in die Filippyne gaan nuusdekking doen het. In die volgende kwart eeu sou meer as 400 \u201cstringers\u201d al ingespan word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teenoor die Amerikaanse senaat het die CIA erken dat hy soms \u201cstringers\u201d gebruik, en bygevoeg dat bykans elke ander agentskap ter w\u00eareld dieselfde doen. Trouens, daar is skrywers wat beweer dat die CIA is in beheer van elke beduidende nuusagentskap ter w\u00eareld is. Hul rol in \u2018n sensiteringsaksie (om \u2018n land se inwoners tot \u2018n regeringsverandering te be\u00efnvloed) is groot.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die \u201cstringer\u201d-sage raak egter werklik interessant as Israel ter sprake kom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel internet-verwysings na Mossad se gebruik van \u201cstringers\u201d volop is, is hierdie bronne nie besonder behulpsaam om \u2018n prentjie van media-stringers op te bou nie. Die internetberigte verwys gewoonlik na Mossad-stringers as moordenaars wat gestuur is om gesoekte terroriste \u201cuit te haal,\u201d soos die onlangse moord op \u2018n Hamas-leier in Dubai.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar tog is min lande so goed geplaas om van stringers gebruik te maak soos juis Israel. Daar is miljoene Jode in diaspora, onder andere in die VSA, en Joodse sakelui het soms beduidende belange in sakereuse met mediabelange.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Israel het ook \u2018n program om buitelandse joernaliste op staatskoste na Israel te bring. Verskeie Suid-Afrikaanse joernaliste het al sulke ekskursies te beurt geval, soos Leopold Scholtz enkele jare gelede, en onlangs weer \u2018n groep waaronder Rhoda Kadali en ook Johannes de Villiers van Rapport. Min word onaangeraak deur die gebeurtenis, soos Kadali wat selfs onder skerp kritiek deurgeloop het toe sy in haar daaropvolgende rubriek \u2018n besonder sterk pro-Israelse standpunt ingeneem het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle word egter nie noodwendig as \u201cstringers\u201d gewerf nie, maar die projek bied ideale dekking om potensi\u00eble of bestaande \u201cstringers\u201d ook na Israel te bring en die prosesse te fasiliteer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n \u201cStringer\u201d is egter slegs van waarde solank sy rol as \u201cstringer\u201d nie bekend is nie. Dit moet werklik lyk of hy deur goeie nuusinsameling die potente inligting uitgesnuffel, en in ink verewig het. Daarom kos dit \u2018n geoefende oog om \u201cstringers\u201d te identifiseer. Word \u2018n moontlike \u201cstringer\u201d uit die karakter van \u2018n artikel agtergekom, is dit \u2018n bykans onbegonne taak om uit Google agter te kom of die persoon inderdaad \u2018n \u201cstringer\u201d-profiel het. Byna sonder uitsondering sal so \u2018n persoon \u2013 as al die duisende stukkies bymekaar geplaas is, se naam aan \u2018n paar groot koerante, bv in die VSA, gekoppel wees. Hy sou \u2018n ruk by \u2018n Israelse instelling gestudeer het of lesings aangebied het, en daar sal verskeie ander joernaliste met dieselfde naam wees om die prentjie erg te verstrengel. In die  proses is daar letterlik derduisende trefslae. Uiteindelik sal dit blyk dat die een vir wie \u2018n duidelike Israelse band geskep is, nie die een is wat die \u201cstringer\u201d is nie maar \u2018n naamgenoot.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soms is die pogings om \u2018n propaganda-omkeer te veroorsaak baie naby aan komies. Na die Israelse inval in Gaza is die \u201cstringers\u201d uiteraard in werking gestel. Die lesers kan self oordeel oor die volgende weergawe: Somaliese seerowers (toe behoorlik as varke in die w\u00eareldmedia voorgestel) speel \u201cvermoedelik\u201d \u2018n belangrike rol om wapens uit Iran via die tonnels tussen Egipte en die Gaza-strook by Hamas te kry. Selfs die roete van hoe hierdie wapens sou loop, wat \u2018n behoorlike ompad na die seerowers insluit, word geskets.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl niemand sal twyfel dat wapens van Iran Hamas via die tonnels bereik nie, wil-wil dit darem net bietjie opsigtelik lyk of die wapensmokkelary net \u2018n titseltjie ekstra met die teerkwas bygedam is deur die seerowers ook te betrek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar enigiets is seker moontlik&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl amateur \u201cstringer\u201d-vangers die internet as stokperdjie deurkruis en elke moontlike leidraad opvolg, is dit seker moontlik dat \u2018n paar wat as prominente ondersoekende joernaliste bekendheid verwerf, ontmasker kan word. Die meeste sal egter bietjie meer onder die nuusagentskappe se stof wegraak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is Israel verkeerd om \u201cstringers\u201d te gebruik?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het \u2018n pragmatiese en \u2018n beginselantwoord. Die pragmatiese is gewoon dat, soos die CIA dit stel, almal dit doen. Die beginselantwoord is komplekser. Die waarde van persvryheid l\u00ea juis daarin dat dit nuus sonder bymotiewe, onbevange moet openbaar. So word dit wyd as vierde been, weliswaar informeel, van die demokrasie gereken. Om hierdie rede knyp media-instansies, soos Verslaggewer sonder grense, bykans sonder aansiens des persoons o\u00eb toe om \u2018n verslaggewer te beskerm wat deur \u2018n regering gearresteer of geteister te word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sou Verslaggewers sonder Grense dit met dieselfde entoesiasme doen as hulle sou weet dat die persoon eintlik die vryheid van die media benut om \u2018n agenda te bedryf \u2013 selfs moontlik vir \u2018n regering wat mediavryheid erg onderdruk?<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">casino online<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Israel is onlangs w\u00eareldwyd en bykans uit een mond veroordeel toe \u2018n ses skepe met noodvoorraad vir Gaza onderskep is. In die skermutseling wat op een boot uitgebreek het, was daar \u2018n aantal ongevalle. Geleidelik dring \u2018n ander prentjie tot die w\u00eareld deur. Aan boord van di\u00e9 skip was \u2018n aantal aktiviste wat gehoop het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8819\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Media-\u201cstringers\u201d en die propaganda-oorlog&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-8819","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8819","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8819"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8819\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8819"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8819"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8819"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}