{"id":8816,"date":"2010-06-14T08:42:20","date_gmt":"2010-06-14T08:42:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8816"},"modified":"2010-06-14T08:42:20","modified_gmt":"2010-06-14T08:42:20","slug":"herrie-se-kerrie-boererate-teen-fufuzelas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8816","title":{"rendered":"Herrie se kerrie: Boererate teen fufuzelas"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Jare gelede is \u2018n skatryk boer oorlede. Met die lees van die testament blyk dit die nasate erf ruim aan plase, aandele, \u2018n strandhuis, kontant, vee en vele meer. Die jongste word egter nie hier genoem nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik kom die jongste in die testament darem ook aan die beurt:\u201dFreddie, my jongste. Pa het jou nie vergeet nie. Aan jou bemaak ek \u2018n rol doringdraad. Dit is al wat jy nie deur jou agterent getrek sal kry nie.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 storie net as aanloop om by di\u00e9 deel van die anatomie te kom wat in die meeste boererate teen vuvuzelablasers aan die beurt kom. As \u2018n man so na di\u00e9 boereraat kyk, sou \u2018n mens reken dat \u2018n dokter wat adverteer dat hy nou so \u2018n danige yster is met die verwydering van vuvuzelas daar, dan dink \u2018n mens kon hy skatryk word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die dag na die groot opening is dit heelwat stiller hier in Herrie se omgewing. Miskien het die feit dat Herrie \u2018n aar gebars het en buite gaan bulder het hoe Herrie di\u00e9 boereraat gaan implementeer, iets daarmee te doen. Miskien het knapie wat die naaste was se eie pa \u2018n aar gebars&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Herrie lees di\u00e9 blasery is rof op die lippe. As \u2018n mens nou so \u2018n dag lank jou eie gehoor aangetas het, word die lippe, en skynbaar nie die ore nie, eerste seer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of miskien het dit iets gemeen met Tolla se storie van die troep wat \u2018n boksie m\u00eakies wil koop vir \u2018n dampie agter die brandstoftenks. Die winkelassistent skandeer die boksie: \u201cR35,00\u201d seg sy.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die troep maak beswaar. Maar die assistent hou vol. As die boksie gesk\u00ean is en die \u201ctill\u201d s\u00ea R35, dan is dit R35.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die troep se rooklus verdamp. \u201cJy weet natuurlik waar jy \u2018n R35se boksie m\u00eakies kan indruk. \u201cNee, dit kan ek nie doen nie. Daar is reeds \u2018n R85 se komkommer.\u201d<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mev. Herrie kry \u2018n selfoonvideo. Dis \u2018n ou op \u2018n motorfiets, met \u2018n fufuzela wat agteruit steek (by die ou, nie die motorfiets nie), met byklanke en al. Ons stuur di\u00e9 \u201cboodskap\u201d vir oudste wat die vakansie op \u2018n wildsplaas werk aan. Die aand laat weet hy dit veroorsaak pandemonium. Dis na mense op die naaste groot dorp aangestuur en daar is dit nou al wyd en syd gestuur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die boererate wat omgestuur word, sal beslis werk, maar dis minder ordentlik om dit aan te stuur. Van die rate is so doeltreffend, meen Herrie, die blaser sal op slag sy blaaslus verloor. En ja, Herrie het die beproefde raad gesien van waar \u2018n mens die blaser met die paintballgeweer kan skiet. Dis gewaarborg om, by wyse van spreke, die blaser \u2018n ander deuntjie te laat uiter. Iets wat die fufuzela se geluid soos musiek in die ore laat klink.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander is heel mak, soos om die ding om die blaser se nek te knoop. Ander meen om dit by die een oor in te druk, sodat dit anderkant uitkom, sal g\u2019n skade aanrig nie, want iemand wat so aangaan met die ding het waarskynlik net een breinsel, wat hy met so vier of vyf ander blasers deel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Party is meer kreatief. Soos die een waar \u2018n mens vir die ou by die werk wat jou so boor \u2018n fufazela persent gee. Gaan blaas dan \u2018n paar keer \u2018n fufuzela voor daai ou se kwaai buurman se huis, en laat die wette van die natuur aan hulself oor. Omtrent soos die tingerige outjie by die skool wat geleer het hoe om die boelies op hul plek te sit. Skeur net die boelie se hemp, dan wiks sy ma hom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herrie het ook oorweeg om \u2018n fufuzela te bekom. Dalk sal Mev. Herrie hom dan toelaat om die enigste instrument wat hy kan speel, die blokfluit, te speel wanneer Herrie dit eendag weer raakloop waar dit di\u00e9 keer weggesteek is. Maar net een kyk het Herrie van di\u00e9 plan laat afsien.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blaas, blaas, Herrie se storie is uit.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">online<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kp.ua\/incidents\/587793-v-kharkove-ot-holoda-y-poboev-umer-trekhletnyi-malchyk\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jare gelede is \u2018n skatryk boer oorlede. Met die lees van die testament blyk dit die nasate erf ruim aan plase, aandele, \u2018n strandhuis, kontant, vee en vele meer. Die jongste word egter nie hier genoem nie. Uiteindelik kom die jongste in die testament darem ook aan die beurt:\u201dFreddie, my jongste. Pa het jou nie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8816\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Herrie se kerrie: Boererate teen fufuzelas&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-8816","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8816","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8816"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8816\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8816"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8816"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8816"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}