{"id":8813,"date":"2010-06-14T07:49:49","date_gmt":"2010-06-14T07:49:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8813"},"modified":"2010-06-14T07:49:49","modified_gmt":"2010-06-14T07:49:49","slug":"vis-nog-vlees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8813","title":{"rendered":"Vis nog vlees"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl ontleders in Nederland nog kopkrap oor waarom die Christen-demokrate \u2013 tot voor die onlangse verkiesing die grootste party, ongeveer die helfte van sy steun ingeboet het \u2013 kom \u2018n soortgelyke boodskap uit Belgi\u00eb en in die besonder Vlaandere.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cVlees noch vis\u201d lui die naambord op die Christen-Demokratiese App\u00e8l se stalletjie in \u2018n Nederlandse spotprent se uitbeelding van hul verkiesing. By die stalletjies weerskante, een wat haring verkoop en die ander wat \u201ckippen\u201d verkwansel, staan die skares ywerig tou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel ontleders diepsinnig en wyd na redes soek, is die leserskommentare van koerante minder kleitrapperig: Hulle het vir \u2018n party gaan stem waar hulle geweet het hoe die wind waai.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Heelwat hiervan het aangedui dat die CDA se lamsakkigheid rondom die Israels \u2013 Islamitiese saak hulle nie aangestaan het nie. Geert Wilders, die man wat onlangs nog van \u2018n tipe haatspraak aangekla is en byvoorbeeld Turkye belet is, en met moeite toegang tot Brittanje gekry het, is onomwonde pro-Israel, en onomwonde krities op die Islam. Sy party het oornag een van die groot kanonne geword.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gemiddelde Nederlander voel miskien nie sterk oor godsdiens nie, maar die vooruitsig dat daar binnekort meer Moslems in hul land as Protestante kan wees, is ook nie aptytlik nie. Die Protestants-Rooms-Katolieke kwessie is juis een van die hoofredes hoekom daar vandag nog \u2018n internasionale grens tussen Nederland en Vlaandere loop, en verskeie provinsies middeldeur gesny is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dalk nie meer lank nie, as gekyk word na die pas-aangekondigde verkiesingsuitslae in Belgi\u00eb, waar die Vlaams-nasionalistiese party van Bart de Wever, die NVA, as grootste party uit die verkiesing getree het. Die Franstalige sosialisteparty het die tweede meeste stemme gekry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel De Wever nie so goed gevaar het soos wat algemeen verwag is nie, is die 27 setels uit \u2018n totaal van 150 \u2018n merkwaardige aanpassing op die 4 persent steun wat Vlaamse nasionaliste nog in 1925 kon bymekaar hark. Boonop is die NVA nie die enigste party wat hom vir Vlaandere se afskeiding van Belgi\u00eb beywer nie. Ook hier het die Vlaamse Christen-Demokrate soos hul noordelike buurman steun ingeboet, en is ses van sy vorige 23 setels kwyt. Di\u00e9 party beskryf die verlies as aardskuddend, wat in die konteks staan daarvan dat die vorige algemene verkiesing maar twee jaar gelede plaasgevind het, en die pas-afgelope verkiesing juis afgedwing is toe die bymekaarhou van Belgi\u00eb, en veral die netelige kwessie van Brussel, sake uitmekaar laat spat het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook in Belgi\u00eb, so lyk dit, het die kiesers voet neergesit en word die regering as\u2019t ware gedwing om te kies of hulle vis of vlees wil wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit hou ook lesse vir Suid-Afrika in. Sedert die begrip konsensus-politiek tydens die drie-kamerstelsel in Suid-Afrika posgevat het, het duidelike standpunt-inname oor kwessie bykans vreemd in die hoofstroom-partye geword. Voor \u2018n verkiesing sal groot plakkate nog plattelandse dorpe se ingange versier met beloftes van eie skole. Na die verkiesing weet die betrokke party skielik niks hiervan nie, om maar een voorbeeld te noem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Referendums is na die uitslae bekend gemaak is voorgehou as oorweldigende \u201cja\u201d-stemme vir hervorming, terwyl dit vooraf verdedig as referendums om byvoorbeeld \u2018n mandaat vir voortgesette onderhandeling te kry, en in soveel woorde ergerlik ontken is as sou dit handel oor hervorming of nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die grootste blokke aan die been vir die ANC is volgens ontleders juis dat dit \u2018n balanseertoertjie moet probeer uitoefen tussen nasionalistiese en sosialistiese, en selfs kommunistiese denke. Die DA laat keusevryheid aan kiesers oor kwessie soos aborsie, gay-huwelike en die doodstraf. Cope sukkel nou om sy uiteenlopende tentakels onder een kombersie teen die winterkoue toe te hou. Selfs die VF+ kom in eie geledere onder druk oor wat as liberale toegewings beskou word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Nederland en Belgi\u00eb het kiesers nou die voet neergesit en die \u201cNog vlees, nog vis\u201d-stalletjie kry nie aftrek nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/12-xrustal-nye-lyustry\">\u043b\u044e\u0441\u0442\u0440\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/seotamplier.ru\/object\/transportirovka-gruza-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b \u0441\u043e\u0442\u0440\u0443\u0434\u043d\u0438\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl ontleders in Nederland nog kopkrap oor waarom die Christen-demokrate \u2013 tot voor die onlangse verkiesing die grootste party, ongeveer die helfte van sy steun ingeboet het \u2013 kom \u2018n soortgelyke boodskap uit Belgi\u00eb en in die besonder Vlaandere. \u201cVlees noch vis\u201d lui die naambord op die Christen-Demokratiese App\u00e8l se stalletjie in \u2018n Nederlandse spotprent &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8813\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vis nog vlees&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[10004,8866,8513,9984,4866,184,21093,10005,10013,10014],"class_list":["post-8813","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-bart-de-wever","tag-belgie","tag-cda","tag-christen-demokratiese-appel","tag-geert-wilders","tag-kommentaar","tag-s7-menings","tag-nva","tag-vis-nog-vlees","tag-vlaamse-christen-demokrate"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8813","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8813"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8813\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8813"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8813"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8813"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}