{"id":8802,"date":"2010-06-12T15:02:17","date_gmt":"2010-06-12T15:02:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8802"},"modified":"2010-06-12T15:02:17","modified_gmt":"2010-06-12T15:02:17","slug":"gaan-die-uitslag-van-die-nederlandse-verkiesing-belgie-se-einde-verhaas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8802","title":{"rendered":"Gaan die uitslag van die Nederlandse verkiesing Belgi\u00eb se einde verhaas?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><strong>&nbsp;<\/strong><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/06\/vleesnochvis.jpg\" \/>Die Nederlanders het hul kruisies getrek \u2013 of \u2018n \u201cskrale \u201c 74 % van die kiesers<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sterkste party voor die verkiesing, die Christen-Demokratiese App\u00e8l (CDA), het sleg teruggesak. Saam met hom het die ChristenUnie (CU) steun verloor.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beteken dit die Christen-demokrate is op pad uit in \u2018n streek waar dit lank \u2018n sterk krag was? Is dit slegte nuus aan die vooraand van die Belgiese algemene verkiesing waar die aanduidings ook is dat Christen-Demokrate gaan bloei ten koste van \u201cregse\u201d partye?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weer eens. Die Nederlandse pers sal gou vir \u2018n buitestander verduidelik die Nederlandse politiek is veels te skisofrenies om te verstaan. Ook vir Nederlanders, as \u2018n mens die wyd-uiteenlopende kommentare van kenners neem. Daar is niks van die selfversekerde bravade wat Suid-Afrikaanse kommentators kenmerk nie (en dikwels so in die kol is soos om die maan vir kaas aan te sien).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook nie as \u2018n mens na die leserskommentare op die internet kyk nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas het hulle die regse party van Geert Wilders van 9 tot 24 setels aangehelp, maar om de dood of iemand sommer sal erken dat daar \u2018n beweging na regs was. Die naaste wat hieraan gekom word is dat Wilders onverskoond en helder pro-Israel is, en anti-Islamities. Die partye van wie di\u00e9 beleid eintlik verwag word, die Christen-partye soos die CDA en CU, was hieroor te verskonend.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die CU was waarskynlik die slagoffer van sy ou probleem. Kiesers wil graag vir die CU stem wat \u2018n duideliker Christelike boodskap oordra oor sake soos aborsies en genadedood, maar as dit lyk of die groter CDA noustrop gaan trek, gaan stem hulle daar om die CDA uit die moeilikheid uit te stem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit meen baie lesers, was wat nou gebeur het. Die CDA was di\u00e9 keer kniediep in die moeilikheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Christen-demokratiese partye w\u00eareldwyd het tradisioneel \u2018n sterk simpatie met Israel. Toe die CDA en die CU hieroor kopsku raak, het kiesers eenvoudig gevoel dat hulle dan vir die party stem wat ni\u00e9 die beskroomdheid aan die dag l\u00ea nie. Niemand s\u00ea dit nie, maar die baie Moslem-immigrante het waarskynlik meer hiermee te make as \u2018n besondere sagte plekkie vir Israel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander kyk meer mikroskopies na die saak. Premier Balkenende was te lank in die stoel. Hy was nog nooit baie dinamies nie, en nou ook nie. So iemand rook in die re\u00ebl nie die pyp so lank as wat hy dit gedoen het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soortgelyk, meen waarnemers binne die ChristenUnie, het hulle hul gewilde leier, Andr\u00e9 Rouvoet, te wyd aangewend. Hy was vise-premier, minister en partyleier. Boonop, as deel van die regering, kon sy party wat op \u2018n reputasie van goeie administrasie probeer bou het, nie die negatiewe impak van \u2018n regering vryspring wat foute gemaak het nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die liberale VVD as die sterkste party uit die stryd getree het, sou dit \u2018n fout wees om die verkiesing as \u2018n swaai na links te beskou. Die meer gematigde Partij van de Arbeid het \u2018n knou weg, en die Sosialisteparty wat na die vorige verkiesing deelname aan die koalisieregering gebied is, word nou selde indien ooit in berigte genoem en nog minder bespreek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, die situasie herinner op die oog af aan di\u00e9 van naburige Duitsland, waar Angela Merkel se CDU eers met die sosialiste in \u2018n gedwonge koalisie moes verkeer, en toe na die volgende verkiesing di\u00e9 meulsteen kon afwerp, en met die liberale in koalisie kon tree. Almal is dit eens dat dit \u2018n swaai na regs verteenwoordig het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of \u2018n uiteindelike regerende koalisie in Nederland ook as \u2018n beweging na regs beskou kan word, sal die tyd leer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Gedagterigting wat ook nie heeltemal uit die oog verloor moet word nie, is dat die Christen-demokrasie as \u2018n oorgangsfase beskou kan word uit die era toe Nederland onder die bewind van Joop den Uyl \u2018n werklike linkse hoogtepunt (of dalk eerder laagtepunt) bereik het. In hierdie permissiewe era het situasies ontstaan waarop die jonger generasie nie trots is nie. Met Calvyn se 500ste geboorteherdenking is in \u2018n opname selfs gevind die jonger geslag Nederlanders is meer Calvinisties as hul ouers. Uiteraard kan die woorde wel uit Nederlands na Afrikaans vertaal word, maar om die dieptebegrip en konteks hiervan aan Suid-Afrikaanse lesers oor te dra, soos presies hoeveel godsdiens in so \u2018n bevinding ingelees moet word, is \u2018n ander saak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen hierdie agtergrond kan maar net bespiegel word watter uitslag in Belgi\u00eb verwag sal kan word. In die geval van Nederland was die vraag of Wilders so goed gaan vaar dat dit buite die kwessie sou wees om hom uit \u2018n koalisie te sluit. In die geval van Belgi\u00eb is die vraag of Belgi\u00eb lank na die uitslag nog as \u2018n staat kan voortbestaan.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hieroor kan \u2018n mens bloot bespiegel, en terwyl \u2018n mens dit doen kan \u2018n mens net sowel die verbeelding laat koers neem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op sy mees oppervlakkige klink dit of daar \u2018n moontlikheid kan wees dat Nederland en Vlaandere kan saamsmelt. Die ou Rooms-Katolieke \/ Protestantse verdeeldheid is nie meer so sterk beklemtoon nie, en die grens sny verskeie provinsies, selfs met eiesoortige dialekte, deur die middel. Die meer waarskynlike is egter \u2018n Vlaamse republiek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die oomblik subsidieer die meer welvarende Vlaminge die Franssprekende Walloni\u00eb met miljarde Euro\u2019s per jaar. Sonder Vlaamse hulp is Walloni\u00eb dalk nie meer besonder lewensvatbaar nie, en die Franse is volgens opnames meer geredelik inskiklik om Walloni\u00eb in te lyf.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit laat die vraag ontstaan: Met Vlaandere \u2018n republiek of by Nederland ingeskakel, en Walloni\u00eb by Frankryk, waar laat dit die Belgiese koningshuis? Di\u00e9 monargie word tradisioneel veel meer met die Franssprekendes as die Nederlandssprekendes geassosieer. Frankryk is tradisioneel \u2018n taamlik gesentraliseerde staat, selfs wat \u2018n oorsese provinsie soos Frans Guyana betref, en om \u2018n koning oor \u2018n provinsie, of direktoraat te laat heers, is moeilik in te dink.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarbenewens in die hoofstad Brussels amptelik veeltalig, maar in die praktyk meer Franssprekend maar omring deur Vlaamse grondgebied. Hoe gemaak hiermee?<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deur baggerwerk en ander ontwikkelings is Antwerpen in Vlaandere al tot \u2018n heel geskikte hoofstad ontwikkel, en is die Vlaminge stellig nie besonder verle\u00eb om Brussel as hoofstad te behou nie. En di\u00e9 soort scenario-sketsery slaan plek plek wyd met implikasies, soos Duitsland wat reeds begin bod insit dat Navo sy hoofkwartier na sy oud bondshoofstad, Bonn, verskuif. Weens die onduidelikheid oor Brussel se toekoms, word gefluister.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kompleksiteit eindig egter nie daar nie. Belgi\u00eb het \u2018n derde, belangrike bevolkingsegment, naamlik die Duitssprekende deel. Dis wel in omvang nie so groot en beduidend soos die Vlaamse en Franssprekende dele nie, maar dit is staatkundig verskans. As deel van Belgi\u00eb is hul idilliese omgewing nooit ver van die openbare oog nie, as deel van Duitsland is dit waarskynlik \u2018n eenkant-randgebied.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/promote-clothing-brand-instagram\">instagram clothing lines<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3876186\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp;Die Nederlanders het hul kruisies getrek \u2013 of \u2018n \u201cskrale \u201c 74 % van die kiesers Die sterkste party voor die verkiesing, die Christen-Demokratiese App\u00e8l (CDA), het sleg teruggesak. Saam met hom het die ChristenUnie (CU) steun verloor. Beteken dit die Christen-demokrate is op pad uit in \u2018n streek waar dit lank \u2018n sterk krag &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8802\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gaan die uitslag van die Nederlandse verkiesing Belgi\u00eb se einde verhaas?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":8801,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[8866,8513,9984,9985,9078,9982,6925,9983,21092],"class_list":["post-8802","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-belgie","tag-cda","tag-christen-demokratiese-appel","tag-christenunie","tag-cu","tag-gaan-die-uitslag-van-die-nederlandse-verkiesing-belgie-se-einde-verhaas","tag-nederland","tag-nederlandse-verkiesing","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8802","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8802"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8802\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/8801"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8802"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8802"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8802"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}