{"id":8797,"date":"2010-06-11T12:27:50","date_gmt":"2010-06-11T12:27:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8797"},"modified":"2010-06-11T12:27:50","modified_gmt":"2010-06-11T12:27:50","slug":"die-donkie-is-n-wonnerlike-ding","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8797","title":{"rendered":"Die donkie is \u2018n wonnerlike ding"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Nee, dis nie die *&amp;^%sem hier naby se gefufuzela-blaas al die heel oggend wat my aan \u2018n donkie laat dink nie. \u2018n Donkie se hartverskeurende gebalk is musiek in die ore vergeleke met \u2018n \u201cberuchte blaastoeter\u201d soos die Nederlandse pers die *&amp;^ noem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nee, oudste bel van die wildsplaas af waar hy die vakansie werk. Praat eers met sy ma, en toe met die uwe. Nie hy of sy pa is telefoonmense nie, en daarom s\u00ea hy \u201cma sal vir pa vertel van die donkie wat sy alie gesien het.\u201d Hy het \u2018n ander woord vir \u201calie\u201d gebruik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">My gedagtes gaan terug na die dae toe die roete tussen my huis en die kantoor langs Bloemfontein se dieretuin verbygeloop het. Die oggend as jy inry, sien jy die donkies. Die middag op pad huis toe, nie. Die leeus, tiers en ander karnivore het maaltyd genuttig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar op die wildplaas wat neef Ferdie bestuur, is daar na beste wete nie roofdiere nie. Dus vermoed ek die donkie het nie aspris sy agterent gesien nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dis toe nie \u2018n donkie soos \u2018n esel nie, maar \u2018n donkie soos warm water en vuurmaak-donkie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oudste bly in \u2018n buitekamer en sy water word met \u2018n donkie warm gemaak. Hy kan self goed stook, maar dit is een van die werkers se werk, en di\u00e9 is half te\u00eb op die werk. Toe hy nou te veel aangepraat word oor die effense vuurtjies wat hy maak, vererg hy hom en maak \u2018n te groot vuur.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So R200 skade aan \u2018n klep later word beslis dat oudste van nou af self die donkie sal stook vir warm water.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar donkies vir warm water bring nostalgie. Jarre der jarre gelede is 110 van ons troepe op Rooikop, \u2018n ent die woestyn in van Walvisbaai, gestasioneer. Om die waarheid te s\u00ea, op die grens tussen die Walvisbaai-enklawe en Suidwes, so ver as wat dit moontlik van die see en daai berugte geroes af kan wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Want ons was kanonniers en kanonne is van metaal en daar roes metaal iets vreesliks.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar di\u00e9 basis was net ingerig vir \u2018n paar wagte wat snags daar oornag het. Skielik is daar nou 110, en die druk op die storte en die toilette is toe groot.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die storte is ten dele deur sonverhitting en ten dele deur \u2018n donkie van warm water voorsien. Nie genoeg vir 110 troepe nie, maar dit het darem \u2018n ent weggekom.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die donkiestokery was die stoorman se werk. Sammajoor het hom \u201cShawmannetjie\u201d genoem, maar by geleentheid maak Shawmannetjie droog en gooi iets in wat die kole gou sal laat vat. Amper was daar nie meer \u2018n Shawmannetjie nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van gesighare, soos wenkbroue, was daar lank nie sprake nie. Op 17-jarige ouderdom spog hy met \u2018n middelpaadjie so breed soos PW, toe minister van verdediging. Die Sammajoor noem hom van toe f, tot sy haredos weer teruggegroei het, Agbare Minister.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die toilette was bietjie van \u2018n ander verhaal. Dit was \u2018n sirkelstelsel waar organismes die toevoer teen \u2018n spesifieke tempo verdun het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe is die toevoer swaarder as waarvoor dit ontwerp is, veral wanneer die kokke wat hulself sjefs genoem het meer as gewoonlik met die kos drooggemaak het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan verstop die spulletjie, maar die pomp hou aan met pomp.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Behoede die arme drommel wat op die troon was as daai spul ontplof.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dus word \u2018n plaastoilet gebou. So haastig was die manne om na veiliger trone te verskuif, dat dit in die ope lug ingewy is, en ons nie soos op die Kaapse Vlakte die spul gaan verinnerweer nie. Die sinke om het eers later gekom. Skynbaar is dit \u2018n kuns om sinke van die republiek af verby Walvisbaai te kry sonder dat dit tot niet roes.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietemin, toe word die ou stelsel te min gebruik. Met dieselfde gevolge want dan raak dit te verdun&#8230;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ag, die leser kry seker die punt.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie k*khuise huil vir k*k\u201d verduidelik die sammajoor.\u201d Die \u201chuil\u201d word so lank uitgerek om die punt behoorlik te maak. Want kort-kort moet iemand gaan mure en dak was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">My laaste ervaring met daai soort donkie was toe ma saam met stiefpa, Barend Toerien, die plasie Eldorado buite Onrusrivier koop. Barend was wyle pa Jan se neef, en so&nbsp; gebeur dit dat ek \u2018n van met my gewese stiefpa deel, maar nie sy skryfkuns nie (volgens die *&amp;^% uitgewers).<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">D\u00e1\u00e1i donkie was nou \u2018n wonnerlike ding. Buite groei bloekombome wat bolle maak. En dis nie bollie nie, hoor, dis bloekombolle en hier en daar dennebole, en daai donkie sing lustig, en \u2018n man bad warm.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daai bloekombolle werk ook lekker in die kaggel as die winterre\u00ebn neersif, en \u2018n Vrystater soos \u2018n wafferse Overberger met \u2018n glasie rooi wyn kopstukke met familie en vriende gesels.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar toe verander regulasies en kry \u2018n mens vooruitgang van mense wat reken \u2018n donkie is nie so \u2018n wonnerlike ding nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dis daai mense wat ek so graag op Langoor by oupa Nic hulle wil sit. Langoor is nie gister uitgebroei nie. Klim iemand op sy rug snol hy reguit na die naaste grensdraad, en dan maak hy so al met die doringdraad af biltong van jou been.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Dis deug Langoor nou net om af en toe sy hartverskeurende balke te laat hoor, en gras wat hy hier vreet, elders as bemesting neer te laat.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/arabian-nights\/\">play arabian nights<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/2day.kh.ua\/4-dostijeniya-leta-v-kharkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0431\u0438\u043e\u0433\u0440\u0430\u0444\u0438\u044f<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nee, dis nie die *&amp;^%sem hier naby se gefufuzela-blaas al die heel oggend wat my aan \u2018n donkie laat dink nie. \u2018n Donkie se hartverskeurende gebalk is musiek in die ore vergeleke met \u2018n \u201cberuchte blaastoeter\u201d soos die Nederlandse pers die *&amp;^ noem. Nee, oudste bel van die wildsplaas af waar hy die vakansie werk. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8797\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die donkie is \u2018n wonnerlike ding&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[21134,9981,21105],"class_list":["post-8797","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","tag-c117-algemeen","tag-die-donkie-is-n-wonnerlike-ding","tag-s32-feuilleton"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8797","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8797"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8797\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8797"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8797"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8797"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}