{"id":8794,"date":"2010-06-11T11:44:48","date_gmt":"2010-06-11T11:44:48","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8794"},"modified":"2010-06-11T11:44:48","modified_gmt":"2010-06-11T11:44:48","slug":"op-die-oorkantste-pawiljoen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8794","title":{"rendered":"Op die oorkantste pawiljoen"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Vanoggend, met iemand wat knaend \u2018n fufuzela iewers in die omgewing blaas, aanhoudend en irriterend blaas, het ek al twee e-posse gekry waarin ek aangespreek word oor my negatiewe nuuskommentaar van vanoggend.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek moet my swaarmoedigheid los, en saam fees vier. Die land verdien dit, en so aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My gedagtes gaan terug na my kleintydse ervarings van atletiekbyeenkomste op Coetzenburg in Stellenbosch. Dicky Broberg, Danie Malan, Marcello Fiasconaro en Div Lampbrecht was almal manne wat skares getrek het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die pawiljoen oorkant sit die bruin mense.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cPa, hoekom bly sit hulle as ons die volkslied sing?\u201d My hars bars amper uit my hempie soos dit van trots swel, en ek kiertsregop op aandag staan soos ons by die kadette en Voortrekkers geleer het.<\/p>\n<p>In alle eerlikheid kan ek nie my pa se woorde onthou nie. Dit was iets soos hulle voel nie deel van Suid-Afrika nie, hulle het nie stemreg nie.<\/p>\n<p>Van toe af het ek min of meer vrede daarmee, ook as di\u00e9 manne amper uit Nuweland se suidpawiljoen geval het as besoekende spanne soos die All Blacks agter die doellyn gaan kuier. Was dit \u201cProvince\u201d wat teen \u2018n oorsese span op die veld is, was die lojaliteit meer verdeeld.<\/p>\n<p>Toe kom die nuwe Suid-Afrika en \u2018n bekende minister bly \u2018n All Black-ondersteuner. Tot onlangs, minstens. Al lewer daai einste land van die silwer varing Maori-spanne op wat nie in Suid-Afrika welkom is nie omdat dit rassaamgestelde spanne is.<\/p>\n<p>Toe kom speel \u2018n Taiwanese span hier vlugbal, en die plaaslike toeskouers, bykans almal van Chinese herkoms, juig die besoekers toe. Dis volledig hul span. Niemand s\u00ea hulle is dislojaal.<\/p>\n<p>Toe kom die krieketspanne van \u201cdie subkontinent\u201d hier aan, en op velde soos di\u00e9 van Durban, Johannesburg en selfs Pretoria klink dit kompleet of hulle voor \u2018n tuiskare speel. Niemand s\u00ea hulle is dislojale Suid-Afrikaners nie.<\/p>\n<p>Toe kom die Indiese president die parlement besoek, en die destydse speaker, Frene Ginwala loop byna bo-op die president soos sy as sy lofpryser optree.<\/p>\n<p>Maar niemand s\u00ea sy is \u2018n dislojale Suid-Afrikaner nie.<\/p>\n<p>Intussen het twee van my familie in afsonderlike plaasaanvalle deurgeloop. Oom Wimmie is met \u2018n mes gesteek, en l\u00ea die hele nag met doringdraad vasgebind voor hy die volgende oggend loskom, en omdat sy bakkie gesteel is, hy met \u2018n trekker moet gaan hulp soek.<\/p>\n<p>Oom Wimmie was daarna nie weer dieselfde nie.<\/p>\n<p>Vandag sit hy in \u2018n versorgingsoord na \u2018n beroerte en wil met alle geweld terug plaas toe.<\/p>\n<p>Of die buurseun met die hartletsel \u2013 wat klein grootgeword het. Toe gaan boer hy, en hy en sy swaer word met masjiengewere afgemaai \u2013 asof daai klein deurboorde lyfie enige noemenswaardige weerstand sou kon bied.<\/p>\n<p>Die een sokkerstadion word vernoem na Peter Mokaba, die man wat \u201cKill the Boer, Kill the farmer\u201d bekend gemaak het. Iets wat eers na \u2018n app\u00e8l tot haatspraak verklaar is. Toe sit Julius Malema vers twee in met \u201cSkiet die Boere\u201d en die regering skop vas, gaan appelleer teen \u2018n bevinding dat dit haatspraak is.<\/p>\n<p>My oudste maak DV vanjaar klaar met sy landboustudies. Heel moontlik is hy oor net meer as \u2018n halfjaar ook op \u2018n plaas. Op \u2018n plaas in \u2018n land waar die regering dink \u2018n mens is \u201conopgevoed\u201d om ongelukkig te wees oor \u201cSkiet die Boer\u201d gesing word.<\/p>\n<p>\u2018n Paar jaar gelede werk ek as vrywilliger by die Krieketw\u00eareldbeker. Ek kom ontnugter daar uit oor alles wat verkeerd gegaan en as \u201csukses\u201d beskryf is.<\/p>\n<p>Miskien gaan dit nou beter, maar vanoggend voel dit al so half of die wind nog Wes waai.<\/p>\n<p>Vandag, terwyl \u2018n *&amp;^%sem iewers hier in die omgewing elke nou en dan op sy fufuzela blaas, voel ek al te veel of ek op daai oorkantste pawiljoen sit. En hoe meer ek aangespreek word oor ek nie die euforie deel nie, hoe meer voel ek soos die mense op die oorkantste pawiljoen wanneer dit Volkslied-tyd is.<\/p>\n<p>Ja, ek doen ook sokkerberiggewing vir \u2018n Engelstalige publikasie. Om den brode want \u2018n dikbek en sy gesin moet ook eet. Van iewers moet \u2018n man die euforie aangeskakel kry. Afrikaanstalige publikasies is maar taai in die bek om iemand wat vroeg in die nuwe SA \u201coorbodig\u201d geraak het \u2018n tweede kans te gee.<\/p>\n<p>\u201cOns almal hier in die (media-)kantoor) deel in die euforie,\u201d lui die een e-pos waarin ek aangespreek word.<\/p>\n<p>Ek voel lus en antwoord met: \u201cJa, maar hulle het nog nie die valbyl beleef \u2013 om in \u2018n pos te sit wat vir \u2018n maatjie geoormerk is nie. Weliswaar \u2018n blanke, Afrikaansprekende man wat van klerk in die voetuigpoel tot adjunkdirekteur ekonomiese ontwikkeling \u201cbevorder\u201d is en later ANC-parlementsil geword het. En soos mens aan die Vrystaat se ekonomie kan agterkom het hy \u2018n reuse sukses daarvan gemaak.<\/p>\n<p>Dieselfde een wat my so aanspreek het al tevore by my gekla oor \u2018n klomp ervare manlike (wit) joernaliste wat by verskillende media moes die pad vat.<\/p>\n<p>Maar die mense wat al sedert hul aankoms in die land besteel en beroof is? Sommiges al meer as een keer. Voel hulle nie maar \u2018n bietjie soos Volksblad se spotprent vandag nie?: \u201cSteal it, it is here.\u201d<\/p>\n<p>Los my vandag op die oorkantste pawiljoen. M\u00f4re voel ek dalk anders, as ek die euforie weer moet aanskakel om oor die Bafana se eerste wedstryd verslag te doen. In Engels.<!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/steamrooms\/saunas\/\">\u0441\u0430\u0443\u043d\u0430 \u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vanoggend, met iemand wat knaend \u2018n fufuzela iewers in die omgewing blaas, aanhoudend en irriterend blaas, het ek al twee e-posse gekry waarin ek aangespreek word oor my negatiewe nuuskommentaar van vanoggend. Ek moet my swaarmoedigheid los, en saam fees vier. Die land verdien dit, en so aan. My gedagtes gaan terug na my kleintydse [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[123],"tags":[],"class_list":["post-8794","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c115-sokker"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8794","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8794"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8794\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8794"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8794"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8794"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}