{"id":8793,"date":"2010-06-11T05:46:47","date_gmt":"2010-06-11T05:46:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8793"},"modified":"2010-06-11T05:46:47","modified_gmt":"2010-06-11T05:46:47","slug":"fiel-iet-iet-is-hea","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8793","title":{"rendered":"Fiel iet, iet is hea!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik is hierdie stukkie kruppel Engels wat irriterend in Afrikaanse en andertalige advertensies gebruik is, nou die realiteit.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl sokkereuforie oor die land spoel, voel \u2018n groeiende aantal buitelandse besoekers, waaronder joernaliste, dit ongelukkig ook op \u2018n ander manier aan hul basse.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stroom berigte oor besoekers wat beroof en besteel word \u2013 sommiges sommer reeds met die aankoms wanneer van hul bagasie en duur toerusting by die internasionale lughawens voete kry, tot by beveiligde oornagplekke en selfs op \u2018n wynlandgoed skreeu luid teen generaal Bekhi Cele se grootbek-praatjies oor hoe veilig dit gaan wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat die vier aanvallers van \u2018n groepe buitelandse joernaliste by Hekpoort blyk drie Zimbabwi\u00ebrs en \u2018n Nigeri\u00ebr te wees, help ook nie om dreigemente van voortgesette xenofobiese aanvalle na die toernooi te besweer nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop was daar nou al verskeie beserings aan mense wat aan geleenthede deelgeneem het wat met die sokker verband hou \u2013 en die eerste bal is nog nie amptelik geskop nie. Dit kan maar net gehoop word dat berigte oor vervalste kaartjies wat in omloop is, oordrewe is. \u2018n Sokker-liefhebber wat peperduur vir \u2018n kaartjie opgedok het, en dan by die hek moet vasstel dis vervals, is \u2018n erg ongelukkige toeskouer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gister het die Nederlandse koerant, Trouw, berig dat Fifa fufuzelas van langer as \u2018n meter by die lys items gevoeg het wat op stadions verbied word. Indien dit wel die geval is, is di\u00e9 feit nie genoegsaam aan Suid-Afrikaners gekommunikeer nie, en kan probleme verwag word as die sekuriteitspersoneel vanaand by die openingswedstryd hierdie, soos Trouw dit noem, \u201cberugte blaastoeters\u201d konfiskeer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fifa het baie simpatie ingeboet deur te weier om \u2018n ophemeling van Peter Mokaba, die man wat weens sy singery van Kill the Boer, kill the farmer, berug geword het, van sy webwerf af te haal. Die ANC se optrede rondom Julius Malema se singery van \u201cSkiet die Boere,\u201d het ook bygedra dat die land nie so verenig die toernooi ingaan soos die regering dit sou wou h\u00ea nie. Dit is egter \u2018n lat wat hy vir sy eie bas gepluk het. Net te veel van die land se inwoners is naasbestaandes van mense wat in plaasaanvalle omgekom of wreed verrinneweer is. Net te veel was self die slagoffers van misdaad.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die president se beeld is nie \u2018n staatshoof waardig nie, en beswaarlik die ideale beelddraer vir die land. Daar word dus hard gewerk om oud-pres. Nelson Mandela as reddingsboei in te span \u2013 iets wat sy gesondheid nie toelaat nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kommentators het by herhaling gewaarsku dat \u2018n beeldboustrategie behels dat alle eendjie in gelid gekry moet word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is kennelik nie gedoen nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Ns. Te veel van hierdie kommentator se familie het onder plaasaanvalle deurgeloop, en die buurseun wat saam met hom grootgeword het, is saam met di\u00e9 jong man se swaer met masjiengewere in \u2018n plaasaanval afgemaai, om in die lig van die ophemeling van Mokaba en Malema die entoesiasme te deel. Hierdeur is ongelukkig van my leuse van politiek-wetenskaplike en staatsregtelike neutraliteit afgewyk.&nbsp;<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mosoblburenie.ru\/blog\">\u0430\u0440\u0442\u0435\u0437\u0438\u0430\u043d\u0441\u043a\u043e\u0439 \u0441\u043a\u0432\u0430\u0436\u0438\u043d\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/13.10.2017\/harkov_v_liderah_po_komfortnosti_zhizni_v_ukraine\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Uiteindelik is hierdie stukkie kruppel Engels wat irriterend in Afrikaanse en andertalige advertensies gebruik is, nou die realiteit. Terwyl sokkereuforie oor die land spoel, voel \u2018n groeiende aantal buitelandse besoekers, waaronder joernaliste, dit ongelukkig ook op \u2018n ander manier aan hul basse. Die stroom berigte oor besoekers wat beroof en besteel word \u2013 sommiges sommer &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8793\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Fiel iet, iet is hea!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8793","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8793","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8793"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8793\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8793"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8793"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8793"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}