{"id":8778,"date":"2010-06-10T05:28:48","date_gmt":"2010-06-10T05:28:48","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8778"},"modified":"2010-06-10T05:28:48","modified_gmt":"2010-06-10T05:28:48","slug":"teenoorgesteldes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8778","title":{"rendered":"Teenoorgesteldes"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Oudste werk die vakansie op &#8216;n wildplaas. Hy geniet dit skynbaar \u2013 of so moet &#8216;n mens aflei \u2013 want hy SMS dat hy dit &#8220;gatte&#8221; uit geniet. Hy ly bietjie aan die nuwe SA se spelkwaal.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dit laat my self dink aan &#8216;n geleentheid, &#8216;n klompie jare gelede toe ek vir die regering kruis en dwars oor die land moes ry en verskillende soorte boerderye moes aandoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;My neef, Karel, is &#8216;n wildboer daar anderkant Middelburg en Stoffberg,&#8221; s\u00ea &#8216;n kollega toe ek nog di\u00e9 soort boerdery uitstaande is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dus word die afspraak gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As ek nou die regte grondpad-afdraai geraai gekry het, en so dertig kilometer die kloof in is, kry ek weer hul afdraai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ou Sunshine sal daai tyd daar in die hoek wees, by die hek.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sunshine, so blyk dit, is &#8216;n buffelbul. Toe hy die eerste keer op die plaas gekom het na hy elders hans grootgemaak is, het hy namiddae in daai hoek melasse gekry om hom te laat aanpas. Nou soek hy daai melasse steeds.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis so half vier die middag toe ek by Sunshine kom. Ek hou stil en meen om Sunshine, synde so &#8216;n ligstraaltjie van &#8216;n naam, se kop bietjie te vryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar so met die uitklim lyk dit of Sunshine van daai melasse &#8216;n vreeslike seer tand het. &#8216;Donderweer&#8217; staan oor sy hele bakkies geskryf. Hy stamp vererg met sy horings aan die wildwerende heining.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dus is ek maar weer terug in die bakkie en ry opstal toe. Om Sunshine by daai donderweergesig te bring laat my onwillekeurig aan Jan Spies se storie oor Waaksaam, die lui plaashond dink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die werf is o\u00ebnskynlik stil \u2013 half &#8216;n vreemde ervaring vir my met my aankoms op vreemde en minder vreemde plaaswerwe. Met die ding van plaasaanvalle is daar gereeld honde op die werwe wat tekere gaan of hulle moet leeus of iets gebaster moet wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die voordeur, styf teen die gaasdeur, kry ek die boerboel. Ek praat saggies met hom, maar in plaas van &#8216;n woeste opvlieg en tande uitpak, verwerdig hy hom om sy oog wat boontoe wys, se lid so halfmas op te trek. Wat hy dromerig gewaar, lyk nie na iets wat die moeite werd is nie en die ooglid val weer dig toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek leun oor die hond en lui die klokkie. Na &#8216;n ruk doem neef Karel anderkant die gaasdeur op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So met die groetslag begin hy die deur oopbeur, wat beteken die waghond word behoorlik oor die stoep geskuif. Want opstaan staan hy nie op nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Sie jy Waaksaam!&#8221; raas Karel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So, hy het ook Jan Spies se stories geluister.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waaksaam is &#8216;n volbloed-boerboel. Boerboelle het 500 gesigsuitdrukkings, waarvan 499 hartseer of verwytend is. Verwytend, met sulke wit omdopo\u00eb kyk Waaksaam sy baas aan wat hom so onsagkens met die gaasdeur versteur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ruk later is dit weer sulke tyd, want dis warm in die kloof en Karel se vrou, Karen, stel voor ons gaan drink ons lafenisse onder die kareeboom buite.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl ek so aan my leeuplesier teug, voel-voel ek iets aan my broeksak pluk, en kyk in die vraatgesig van &#8216;n vlakvark vas. Die varkogies die ene opwinding oor &#8216;n lekkerny wat dalk uit daai sak kan kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Sie-jy Sunlight, gaan speel in jou modderbad.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sunlight was lanklaas, indien ooit naby Sunlight, of enige ander seep. Hy trippel weg, antenna kiertsregop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Teug of twee later s\u00ea Karel skielik vir Karen: &#8220;Kyk, hier kom Twiggie haar kalfie vir ons wys!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek kyk in die rigting waarin hy beduie, en sien &#8216;n yslike dik seekoei aangestap kom met &#8216;n koe\u00eblronde kalfie aan haar sy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twiggie stap tot by ons, en dit is &#8216;n blye weersiens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek gaan haal gou vir haar &#8216;n happie melasse,&#8221; s\u00ea Karel, en stap-draf in die rigting van die stoor. Sunlight spring uit sy modderbad en val soos &#8216;n uitgelate hond by sy baas in. As Waaksaam dan nou te lui is, sal hy wat Sunlight is maar as waghond instaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Karen gesels met Twiggie, en dit blyk gou di\u00e9 seekoei is hans grootgemaak. Sy is maar so twee jaar gelede by die ander seekoeie geplaas. Elke nou en dan kom wys sy egter o\u00eb.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skielik begin Twiggie aanstap huis toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ag nee,&#8221; gil Karen. &#8220;Net nie in die huis in nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Twiggie is op &#8216;n missie. Vernuftig haak sy die skuuifdeur oop, en kry al daai verwyt-omdop-o\u00eb van Waaksmaam. Toe word die binnedeur ewe vernuftig oopgemaak, en Twiggie begin die huis instap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of so het sy gedink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haar kop en nek gaan in, maar toe dit by die skouers kom, haak sy vas. Daar tussen die bulle by die rivier nie genoeg op haar wilgerlatlyfie gelet nie, blyk dit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Paar keer probeer Twiggie haar lyf deur die deur wikkel, en ek begin bekommerd raak oor die hoe standvastig hierdie huis dalk kan wees. Na &#8216;n ruk blaas sy vies \u2013 vies die aftog, maar is weer die ene oorlamsheid self toe sy die melasse by Karel kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Wat noem ons die kleintjie?&#8221; vra Karel vir Karen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is die ene ore.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Tobie,&#8221; stel Karen voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle lag. &#8220;Ja, heel gepas, hy gaan eendag net so groot soos Tobie Cronj\u00e9 word.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek kyk Tobie middeldeur om te kyk of ek iets kan sien wat my net naastenby aan Tobie Cronj\u00e9 kan laat dink. Niks.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met aandete stap &#8216;n pikswart kat die eetkamer in, en nog voor iemand iets s\u00ea raai ek sy naam is Whitey. Verkeerd. Dis Snowy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die volgende middag ry ek huis toe. By Sunshine hou ek stil, en gee hom &#8216;n klompie melasse wat ek by Karel gebedel het deur die wildwerende heining aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Darem een op die plaas wie se naam by hom pas \u2013 al is dit net soms,&#8221; mymer ek terwyl ek verder ry.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0438\u0433\u0440\u044b \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u0430\u0447\u0435\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/prokuraturakharkiv\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oudste werk die vakansie op &#8216;n wildplaas. Hy geniet dit skynbaar \u2013 of so moet &#8216;n mens aflei \u2013 want hy SMS dat hy dit &#8220;gatte&#8221; uit geniet. Hy ly bietjie aan die nuwe SA se spelkwaal. Maar dit laat my self dink aan &#8216;n geleentheid, &#8216;n klompie jare gelede toe ek vir die regering &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8778\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Teenoorgesteldes&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-8778","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8778","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8778"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8778\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8778"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8778"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8778"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}