{"id":8772,"date":"2010-06-09T05:55:25","date_gmt":"2010-06-09T05:55:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8772"},"modified":"2010-06-09T05:55:25","modified_gmt":"2010-06-09T05:55:25","slug":"fifa-in-die-spervuur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8772","title":{"rendered":"Fifa in die spervuur"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Kort voor die aanbreek van die Fifa-toernooi in Suid-Afrika, en te midde van die euforie wat heers, speel \u2018n heel ander w\u00eareld hom ook af.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al hoe meer berigte en briewe sien die lig waarin Fifa as \u2018n soort hartelose skurk uitgebeeld word wat met wavragte vol geld uit Suid-Afrika gaan verkas terwyl die land met yslike rekenings gaan sit om te vereffen. Van die berigte het selfs gelui dat Griekeland se ekonomiese ineenstorting deels toegeskryf kan word aan die aanbieding van die Olimpiese Spele.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van vandag af deel Afriforum Jeug honderde DVD\u2019s by die OR Tambo-lughawe uit waarin \u2018n heel ander sy van Peter Mokaba voorgehou word as die man wat deur die regering, en nou ook deur Fifa op sy webblad, as held vereer word. Hierin word hy as die voorsanger van Kill the Boer, Kill the farmer, en die werklikhede van plaasmoorde, uitgebeeld.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afriforum het Fifa eers ordentlik versoek om di\u00e9 heldeverering van sy webblad te verwyder, maar het geweier.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afriforum het ook versoek om \u2018n vreedsame optog in Potchefstroom te hou waar die vermeende moordenaars van \u2018n boer weer in die hof gaan verskyn. Di\u00e9 vermoorde boer is onder meer lewend agter sy bakkie aangesleep. Toestemming is geweier, so lui die brief, onder meer omdat Fifa \u2018n moratorium op die hou van optogte geplaas het. Die grondwet gee egter so \u2018n reg aan Suid-Afrikaners.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die vooraand van die toernooi word berig dat twee tradisioneel wit woongebiede in Peter Mokaba se tuisstad, Pietersburg wat na Polokwane verander is, nou ook gaan verander. Nie net word beoog om dit te verander nie, maar te vernoem na iemand wat deur baie van die einste inwoners as \u2018n voormalige terroris beskou word. Heel moontlik het sommige inwoners kinders aan die dood afgestaan in aanvalle deur die einste persoon en sy mense.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl baie instansies na plaasmoorde as volksmoord verwys, en op erkende volkeregtelike definisies wys om dit te staaf, sien baie van die regeringstentakels skynbaar kans om ongehinderd met kulturele moord teen die Afrikaner voort te gaan. Die jeugdige pleknamekomitee van Limpopo word immers as \u2018n verlengstuk van die ANC-Jeugliga beskou.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog \u2018n gasheerstad, Durban, het in die hof die groen lig gekry oor straat- en gebouename wat \u2018n erg verdelende invloed uitoefen. Di\u00e9 hofuitspraak gaan op app\u00e8l geneem word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die o\u00eb van die w\u00eareld nou soos selde op Suid-Afrika gerig en \u2018n bykans ongekende stroom negatiewe beriggewing oorsee, verweer een van die hoofbronne vir die negatiewe publisiteit, pres. Jacob Zuma hom dat hy nie weer op die aanklagte van onder meer bedrog tereg kan staan nie omdat dit sy aandag van sy regeerpligte gaan aflei. Dit stuur nie \u2018n besonder positiewe beeld uit van \u2018n ingesteldheid oor reg en verkeerd nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Fifa kon veel bygedra het om daar waar dit die toernooi aangaan, rug styf te maak in keuses tussen reg en verkeerd. Om Peter Mokaba as held voor te hou verseker dat baie van die land se inwoners nie die toernooi met dieselfde euforie beleef nie. Dit is nie net die naasbestaandes en simpatiseerders van plaasmoord-slagoffers nie, maar ook die slagoffers van die Vigspandemie, waar Mokaba self \u2018n bedenklike ontkenningsrol gespeel het. Fifa skop net te veel mense in die tande \u2013 presies hoeveel sal eers na die toernooi blyk wanneer die kasregisters ophou klingel en die rekenings kom.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mosoblburenie.ru\/blog\">\u0441\u043a\u0432\u0430\u0436\u0438\u043d\u0430 \u043d\u0430 \u043f\u0435\u0441\u043e\u043a \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kort voor die aanbreek van die Fifa-toernooi in Suid-Afrika, en te midde van die euforie wat heers, speel \u2018n heel ander w\u00eareld hom ook af. Al hoe meer berigte en briewe sien die lig waarin Fifa as \u2018n soort hartelose skurk uitgebeeld word wat met wavragte vol geld uit Suid-Afrika gaan verkas terwyl die land &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8772\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Fifa in die spervuur&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[5336,9956,21107,21093,9957,21133,6714],"class_list":["post-8772","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-fifa","tag-fifa-in-die-spervuur","tag-c33-hoofartikels","tag-s7-menings","tag-peter-mokaba","tag-c115-sokker","tag-wereldbeker"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8772","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8772"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8772\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8772"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8772"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8772"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}