{"id":8750,"date":"2010-06-07T05:10:56","date_gmt":"2010-06-07T05:10:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8750"},"modified":"2010-06-07T05:10:56","modified_gmt":"2010-06-07T05:10:56","slug":"impak-van-vavi-se-opmerkings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8750","title":{"rendered":"Impak van Vavi se opmerkings"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die storm wat opmerkings van Cosatu se algemene sekretaris, Zwelinzima Vavi, oor beweerde korrupsie van twee ministers ontketen het, dui op meer as wat dit oppervlakkig lyk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vavi se opmerkings was gerig aan die adres van die minister van Kommunikasie, Sipiwe Nyanda en die minister van samewerkende regering, Sicelo Shiceka. Nyanda word geroskam oor \u2018n besonder ho\u00eb hotelrekening, terwyl Sicika onder die loep kom oor \u2018n aanspraak op sy CV dat hy oor \u2018n meestersgraad beskik wat geblyk het vals was.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is nie die eerste keer dat inligting in die openbare domein beland wat ongunstig op di\u00e9 ministers reflekteer nie. Nyanda is onder meer ge\u00efmpliseer by besonder gunstige, maar verdagte veiligheidskontrakte met \u2018n Transnet-filiaal, en daarna sy openbare ywer dat die hoof van hierdie filiaal Maria Ramos as Transnet-hoof moes opvolg. Die einste transaksies het egter Nyanda se witbroodjie se sy Transnet-loopbaan gekos.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Shiceka, die minister verantwoordelik vir die land se spartelende munisipaliteite, se eie munisipale rekening in Midrand was met \u2018n astronomiese bedrag in die rooi.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die twee ministers was ook nie die enigstes wat by skewe praktyke ge\u00efmpliseer is nie. Die minister in die Kantoor van die Presidensie verantwoordelik om \u2018n ogie oor korrupsie te hou, het self geblyk sy amptelike kredietkaart vir eie gebruik in te gespan het. Minister Tina Joemat-Pettersson se naam word weer genoem in verband met verdagte wilds-invoere uit \u2018n bek-en-klouseer-gebied. Sy het weliswaar gister hierop in dieselfde pers gereageer as waarin sy onlangs foutiewe grondhervormingsyfers gebruik het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minister van Polisie en sy gevolg het self \u2018n monster-hotelrekening in Durban opgedoen met amptelike anker dat hy in daardie tyd \u2018n paar polisiestasies besoek het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, daar is \u2018n regsproses om te probeer verseker dat pres. Jacob Zuma self sy dag in die hof kry. Zuma se verklaarde troonopvolger, Julius Malema, is weer by tenderpreneurskap en onwaarhede betrek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom dan die groot ontsteltenis oor Vavi se uitlatings? Pres. Zuma s\u00ea immers gereeld self dat daar verskerpte optrede teen korrupsie sal wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eerste implikasie is dat, sou daar wel erns met die stryd teen korrupsie wees, dit in werklikheid beteken dat sekere begunstigdes teen die optrede ge\u00efnsuleer moet wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten tweede dui dit op nog minder harmonie in die ANC as wat graag voorgegee word. \u2018n Breukspul tussen ZANU-PF en sy vakbondarm het juis tot die totstandkoming van die MDC in Zimbabwe gelei. Verskeie politieke en ekonomiese kenners beskou die sg sosialistiese verteenwoordigers in die ANC, waaronder Vavi, as minder radikaal as die nasionalistiese arm wat Malema insluit, wat op nog \u2018n ooreenkoms met Zimbabwe dui.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of dit, eerder as Cope, op die finale skeuring van die ANC dui, is nog hopeloos te vroeg om te s\u00ea. Boonop was daar ook bewerings oor Vavi se vrou wat besonder mildelik sou oes deur polisse aan Cosatu-lede te fasiliteer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minstens is daar nou \u2018n sprankie hoop dat die ANC nie \u2013 soos Zuma dit stel \u2013 tot die Wederkoms sal regeer nie, en dat Zuma daad by sy bekpraatjies oor korrupsie sal moet voeg om sy party se eenheid te bewaar.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blykbaar het korrupsie nou so endemies geword dat iets meer as bekpraatjies ook nie meer eenheid sal bewaar nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Korrupsie is nie nuut nie. Uit die vorige bedeling is een minister tronk toe, en \u2018n ander se aspirasies vir eersteministerskap is oor beweerde besproeiingstransaksies nek omgedraai.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die ANC het nie korrupsie uitgevind nie, net vervolmaak.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">game casino slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die storm wat opmerkings van Cosatu se algemene sekretaris, Zwelinzima Vavi, oor beweerde korrupsie van twee ministers ontketen het, dui op meer as wat dit oppervlakkig lyk. Vavi se opmerkings was gerig aan die adres van die minister van Kommunikasie, Sipiwe Nyanda en die minister van samewerkende regering, Sicelo Shiceka. Nyanda word geroskam oor \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8750\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Impak van Vavi se opmerkings&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[21107,9949,6723,184,2300,9950],"class_list":["post-8750","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-c33-hoofartikels","tag-impak-van-vavi-se-opmerkings","tag-jacob-zuma","tag-kommentaar","tag-korrupsie","tag-zwelinzima-vavi"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8750","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8750"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8750\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8750"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8750"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8750"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}