{"id":8748,"date":"2010-06-06T14:12:28","date_gmt":"2010-06-06T14:12:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8748"},"modified":"2010-06-06T14:12:28","modified_gmt":"2010-06-06T14:12:28","slug":"misdaad-teen-jou-eie-belange-is-moeilik-om-te-verstaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8748","title":{"rendered":"Misdaad teen jou eie belange is moeilik om te verstaan"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Ek kan dit verstaan as jy honger is en \u2018n brood by \u2018n kafee steel. Ek  kan ook verstaan, alhoewel ek dit nie verskoon nie, dat \u2018n arme iemand  anders se eiendom sal steel. Ek verskoon dit nie, want alles is  relatief. Ek is relatief gesproke veel armer as Bill Gates as wat iemand  wat \u2018n maatskaplike toelaag ontvang relatief tot my is, en ek sou dus  ook my relatiewe armoede kon aanvoer as verskoning om by Microsoft te  steel.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waar dinge vir my baie meer troebel raak, is by misdaad wat \u2018n  direkte negatiewe impak op jouself en jou mede-lede van die samelewing  het. Vanoggend word \u2018n trein afgebrand in Randfontein. Die trein is laat  agv kabeldiefstal. Die pendelaars is kwaad omdat hy laat is en hulle  laat by die werk gaan kom. Met een of ander logika wat ek nie begryp  nie, kom die gedagte toe by hulle op om die trein aan die brand te  steek. Gevolglik gaan niemand dus by die werk kom nie. Die oorspronklike  situasie is dus vererger deur misdaad, misdaad wat regstreeks tot die  skuldiges se eie nadeel strek. Dis egter nie asof Randfontein \u2018n  eenmalige insident was nie. Pretoria se pendelaars steek ook treine aan  die brand as die gebrek aan punktualiteit hulle nie aanstaan nie. Vir  welke kitsgratifikasie ookal verkry kan word deur \u2018n trein aan die brand  te steek, word derduisende ander mense, maar ook die skuldiges self,  ernstig verontrief.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/algemeen-magazine-470\/8211-schubartpark-byna-totaal-vernietig.html\">Praag  se werf dra \u2018n skokberig <\/a>oor die toestand van Schubartpark, \u2018n  kompleks wat deur die vorige bedeling as behuising vir die armes gebou  is. Menslike afval word in plastiese sakke per lugpos by die vensters  uitgegooi omdat bykans alles binne in die gebou gesteel is, ook die  riool- en waterpype. Hierdie is nie diefstal wat ander mense raak nie.  Dit is diefstal van \u2018n antisosiale aard wat regstreeks \u2018n impak maak op  die einste gemeenskap waaruit sommige van die misdadigers waarskynlik  self kom en ook op die misdadigers self. Jy steel waterpype by jouself  en by jou mede-inwoners, en gevolglik het die gebou nie meer water nie  en moet jy self water met houers boontoe dra.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Helen Zille kla dat vandalisme en vernielsug <a href=\"http:\/\/www.news24.com\/SouthAfrica\/Politics\/Vandalism-slowing-delivery-Zille-20100604\">dienslewering  vertraag<\/a>. Vir elke R3 wat spandeer word om infrastruktuur op te  rig, moet R2 spandeer word om skade te herstel. Die motief vir die  vernietiging van toilette en ander infrastruktuur skyn blote vernielsug  te wees, siende dat metaal deur plastiek vervang word en daar gevolglik  nie juis iets is om te steel nie. Weer eens kom die vandale stellig uit  die einste gemeenskappe wat bevoordeel word deur die oprigting van die  genoemde infrastruktuur, en gaan dit die verstand te bowe dat hulle  misdaad sou wou pleeg tot hul eie regstreekse nadeel. Is voortdurende  gedwonge ontlasting in die veld die plesier van vandalisme werd?  Weereens moet ek bieg dat ek as Westerling dit hoegenaamd nie verstaan  nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit vereis stellig nie vreeslike opvoeding of intelligensie om te  besef dat die brandende trein, vernietigde toilette en geplunderde gebou  eenvoudig nie die bevrediging van plundery of brandstigting werd is  nie, maar tog lyk dit my daar is diegene wat dit nie so sien nie. Dit  lyk tog vir my of daar lede van die Suid-Afrikaanse bevolking is wat  absoluut geen frustrasietoleransie het nie, wat blykbaar argeloos in die  onmiddelike oomblik leef. Daar is skynbaar \u2018n afwesigheid aan alle  soorte selfbeheersing en ook geen kapasiteit om selfs \u2018n paar uur in die  toekoms te dink nie (die treinpendelaars wat nou glad nie by die werk  gaan kom nie.)<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vreemd verby.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/\">\u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u043a\u0438 \u0438\u0433\u0440\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeUMJCt1uVo\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek kan dit verstaan as jy honger is en \u2018n brood by \u2018n kafee steel. Ek kan ook verstaan, alhoewel ek dit nie verskoon nie, dat \u2018n arme iemand anders se eiendom sal steel. Ek verskoon dit nie, want alles is relatief. Ek is relatief gesproke veel armer as Bill Gates as wat iemand wat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8748\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Misdaad teen jou eie belange is moeilik om te verstaan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[9943,6688,5911,218,9942,753,9944,21092],"class_list":["post-8748","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-bill-gates","tag-helen-zille","tag-microsoft","tag-misdaad","tag-misdaad-teen-jou-eie-belange-is-moeilik-om-te-verstaan","tag-pretoria","tag-randfontein","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8748","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8748"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8748\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8748"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8748"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8748"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}