{"id":8732,"date":"2010-06-04T07:19:44","date_gmt":"2010-06-04T07:19:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8732"},"modified":"2010-06-04T07:19:44","modified_gmt":"2010-06-04T07:19:44","slug":"orige-sokkeballe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8732","title":{"rendered":"Orige sokkerballe"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die oorsese spanne wat aan die Fifa-toernooi kom deelneem kla steen en been oor die Jabulani, die bal wat amptelik tydens die toernooi gebruik gaan word. Word al die klagtes bymekaar geklits lui dit min of meer die bal is onvoorspelbaar, verander in die lug van rigting en reageer verskillend op verskillende hoogtes bo seespie\u00ebl.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Klink amper of die toordokters wat Soccer City met allerlei rituele gaan reinig het, ook iets met die bal aangevang het. Dit is dus heel waarskynlik die tokkelossie wat maak dat daai bal nou so &#8216;n wil van sy eie het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">So benoud is die spanne hieroor, &#8216;n hele paar het nou al aansoek gedoen dat die toernooi liefs met &#8216;n rugbybal gespeel word. Hulle meen die rugbybal se manewales is minder onvoorspelbaar. By voorbaat het Brasili\u00eb en Spanje al op Morn\u00eb Steyn begin bie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Morn\u00eb is immers beskikbaar, aangesien hy nie soos sy naamgenoot. Frans Steyn, &#8216;n &#8220;uitnodiging&#8221; gekry het om vir die Bokke se B-span teen Wallis te speel nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ag ja, en kyk &#8216;n mens selfs na die Bokke se B-span, dan bloei &#8216;n mens se hart so oor die spelers wat die Vrystaat vir ander bonde grootmaak. Ruaan op losskakel, Meyer Bosman op die bank&#8230;Die dag wat die rugbybase darem &#8216;n kwotastelsel op rugby van toepassing maak \u2013 dat die helfte van die spelers die een of ander band (behalwe &#8216;n tjekboek) met die bond moet h\u00ea, speel die Sharks sowaar saam met die B-bonde.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die sokker gepraat. Anders as wat baie mense vrees sal mense nie na die toernooi oor dienslewering kan kla nie. Volgens Zuma se persoonlike dolosgooier is dit omdat daar dan nie meer dienste sal wees om oor te kla nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos &#8216;n moedelose boer uit die Molopo aan kongresgangers gevra het: &#8220;Wat het Suid-Afrika voor grondpaaie gehad?&#8221; Sy antwoord? Teerpaaie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom Lekota, self &#8216;n bedrewe hand met die gaan vang van voorvadergeeste in buurlande om na Vryheidspark te neem, &#8216;n hofinterdik teen Shilowa gaan kry het, is nie duidelik nie. Sou dit nie doeltreffender gewees het om bloot die tokkelossie op Shilowa los te laat nie? Van &#8216;n app\u00e8l teen &#8216;n molesmakende tokkielossie het ek nog nooit gehoor nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens eerw. Meshoe van die ACDP hang sake natuurlik af van of dit nou &#8220;verantwoordelike&#8221; voorvaders is of nie. Die verantwoordelike soort, so beduie die eerwaarde, sal nie mense wat weens swak dienslewering uit die ANC dros, soek en siek maak nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/products\/9-lyustry\">\u043b\u044e\u0441\u0442\u0440\u044b \u043e\u0442\u0435\u0447\u0435\u0441\u0442\u0432\u0435\u043d\u043d\u043e\u0433\u043e \u043f\u0440\u043e\u0438\u0437\u0432\u043e\u0434\u0441\u0442\u0432\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die oorsese spanne wat aan die Fifa-toernooi kom deelneem kla steen en been oor die Jabulani, die bal wat amptelik tydens die toernooi gebruik gaan word. Word al die klagtes bymekaar geklits lui dit min of meer die bal is onvoorspelbaar, verander in die lug van rigting en reageer verskillend op verskillende hoogtes bo seespie\u00ebl. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8732\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Orige sokkerballe&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-8732","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8732","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8732"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8732\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8732"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8732"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8732"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}