{"id":8703,"date":"2010-06-01T07:34:01","date_gmt":"2010-06-01T07:34:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8703"},"modified":"2010-06-01T07:34:01","modified_gmt":"2010-06-01T07:34:01","slug":"internasionale-reg-en-die-wereldmening","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8703","title":{"rendered":"Internasionale reg en die w\u00eareldmening"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Oud-adjunk-minister van Buitelandse Sake, Aziz Pahad, was skaars op Bagdad se lughawe met &#8216;n Amerikaansgeleide internasionale mag onderweg, of hy verklaar aan die w\u00eareld hy het geen wapens van massavernietiging gesien nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat hy uiteindelik korrek was, is skaars die punt. Hy het &#8216;n internasionale persepsie help skets sonder dat die werklike feite nog op die tafel was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Presies wat gebeur het toe Israelse oorlogskepe &#8216;n vloot hulpskepe van aktiviste onderskep het, sal eers deur &#8216;n ondersoek bepaal kan word. Tog is Israel reeds internasionaal veroordeel, ook deur Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat Israel in verskeie opsigte geblaps het, is duidelik daaruit dat daar selfs in die Israelse media kritiek is. Tog berig die media in Europa reeds oor beeldmateriaal wat toon hoe die aktiviste aan boord van die skepe die Israelse soldate wat met toue uit helikopters neergelaat is, met bofbalkolwe en messe bestorm, hul pistole afneem en &#8216;n skietery ontstaan. Die Israelse soldate, wat twee weke lank vir die operasie geoefen het, was met verfbalgewere en pistole gewapen, en hul intelligensieverslae het nie die aggressiewe optrede van veronderstelde passifistiese aktiviste voorsien nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aktiviste was ook bewus van &#8216;n blokkade \u2013 wettig of onwettig &#8211; wat deur Israel en Egipte teen die Hamas-beheerde Gaza ingestel is. Israel dra immers die letsels van vuurpylaanvalle wat gereeld vanuit Gaza lukraak op Israel geloods word, en nie skole of hospitale ontsien nie. Egipte het te make met &#8216;n oneindige stroom smokkelnetwerke wat onder meer wapens met tonnels na en van Gaza vervoer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die openbare w\u00eareldmening laat hom min deur feite of die volkereg voors\u00ea. Presies dieselfde w\u00eareldmening wat apartheid tot &#8216;n misdaad teen die mensdom verklaar het, steun &#8216;n onafhanklike Palestynse tuisland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe lande en die w\u00eareldmening op situasies reageer is gewoonlik baie komplekser as wat dit op die oog af lyk. Ongelukkig is die internasionale reg nie altyd die norm nie. Na Irak se besetting van Koeweit was die VSA en baie ander lande bereid om oorlog te maak. Voorheen het Marokko egter Wes-Sahara beset, en hoewel Marokko daaroor nie lid van die Afrika-Unie is nie, gaan sy betrekkinge met die VSA en die res van die w\u00eareld min of meer ongestoord voort. Di\u00e9 land het selfs as gasheer vir vanjaar se Fifa-toernooi &#8216;n bod ingedien, en sy besetting van &#8216;n buurland het skynbaar geen rol gespeel dat die bod nie toegestaan is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika het skynbaar wapentransaksies met bedenklike lande gesluit, daar is in weerwil van &#8216;n verbod deur sportkodes deurlopend staatsinmenginging in sport en boonop met &#8216;n rassegrondslag, en vele ander wat skynbaar op die internasionale terrein onder die mat gevee word. Daar is blykbaar nog vir die huidige regering kapitaal oor na die w\u00eareldmening oor Suid-Afrika se vorige bedeling tot die vlak van koorsstuipe gelei het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee werklikhede geld skynbaar onverbiddelik. In die internasionale arena is lande gelyk en ongelyk tegelyk, en lande het nie vriende nie, net belange.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Suid-Afrika nog op die kapitaal teer, is daar skynbaar &#8216;n duidelike verskuiwing onder die publiek in oorsese lande. Dit manifesteer hom byvoorbeeld in die internet-kommentare deur lesers in oorsese koerante.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema se vrye teuels en ander optredes soos di\u00e9 van Jimmy Manyi versnel die tempo waarteen die kapitaal verteer word. Die nuus dat pres. Zuma skynbaar weer pa word help ook nie in &#8216;n w\u00eareld waar miljoene mense daagliks honger lei nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/maslo-kompressornoe-f10663003\/\">\u0434\u043b\u044f \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oud-adjunk-minister van Buitelandse Sake, Aziz Pahad, was skaars op Bagdad se lughawe met &#8216;n Amerikaansgeleide internasionale mag onderweg, of hy verklaar aan die w\u00eareld hy het geen wapens van massavernietiging gesien nie. Dat hy uiteindelik korrek was, is skaars die punt. Hy het &#8216;n internasionale persepsie help skets sonder dat die werklike feite nog op &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8703\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Internasionale reg en die w\u00eareldmening&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8703","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8703","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8703"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8703\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8703"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8703"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8703"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}