{"id":8620,"date":"2010-05-24T05:38:56","date_gmt":"2010-05-24T05:38:56","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8620"},"modified":"2010-05-24T05:38:56","modified_gmt":"2010-05-24T05:38:56","slug":"grondoudit-al-uitweg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8620","title":{"rendered":"Grondoudit al uitweg"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Uit \u2018n ellelange artikel deur die minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson die naweek in Rapport, is dit duidelik dat persepsies oor grondbesit in die land nou so ver van mekaar verwyder is dat \u2018n grondoudit die enigste manier is om dit op te klaar. Tot dusver het die regering vierkantig vasgeskop daarteen en met feite volgehou wat net die regering nog glo.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Joemat-Pettersson het haarself in die artikel boonop geen guns bewus nie deur \u2018n geykte stelling wat maklik weerl\u00ea kan word. Sy het naamlik ges\u00ea buite die 13 % oppervlak van die voormalige tuislande, kon swart, bruin en Indi\u00ebr geen grond besit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of sy bloot moedswillig of per abuis vergeet het van die bruin landelike gebiede wat saam, volgens sommige bronne, sowat 2 miljoen Ha beslaan het, is nie bekend nie. Dit is egter ondenkbaar dat sy nie van die lang geskiedenisse van gebiede soos Genadendal, die Richtersveld, die Oppermansgronde en talle ander sou weet nie. Indi\u00ebrboere besit al baie lank suikerplase.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop is die bevolkinsgsregistrasiewet en die groepsgebiedewet in 1991 afgeskaf nadat die instromingsbeheerwet reeds in 1986 afgeskaf is. Die staakundige hindernisse vir ander groepe het dus voor 1994 verval en swart mense, ook uit die buurlande, het hierna begin grond koop. Hulle is later deur magnate soos Tito Mboweni gevolg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haar syfers is dus nie net foutief nie, maar verouderd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierteenoor dui sommige opnames dat swart mense reeds in die orde van 40 % en selfs meer landbougrond besit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groot verskil tussen die syfers is deels daaraan toe te skryf dat die minister se syfer van 87 persent in wit boere se besit in 1994 nie net grond in swart, bruin en Indi\u00ebrbesit insluit nie, maar ook staatsgrond soos staatsplase en weermaggronde, natuurparke, lughawens, paaie stede en vele meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat die oordrag teen \u2018n tempo plaasgevind het wat vir die regering onaanvaarbaar is, is egter ook so. Oor wie die skuld hiervoor moet kry, is daar meningsverskil. Terwyl die owerheid die skuld op boere plaas, het selfs adjunk-minister, wyle Dirk du Toit, tydens \u2018n vergadering van landboubedrywe gevra dat georganiseerde landbou \u2018n versoek moet rig vir die instelling van \u2018n klagtedirektoraat in die Departement van Grondsake. Hy het, toe hy gemeen het die media is nie teenwoordig nie, ges\u00ea sy eie kantoor kan nie voorbly om al die klagtes te hanteer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meer onlangs het die Grondeisekommissaris verskeie hofsake verloor veral omdat die kommissarisse geweier het om van feite kennis te neem en volhard het om met ongeldige grondeise hof toe te gaan. Bykans geen boer het nie al \u2018n dik pak korrespondensie met Grondsake wat gewoon nie beantwoord is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering se reaksie op die onverkwiklikheid is ook kommerwekkend. Nie alleen is die regering uiters suinig met die veroordeling van plaasaanvalle nie, die regering stel maatre\u00ebls voor asof dit in reaksie is op die landbou se beweerde halstarrigheid \u2013 waaronder gereelde uitsprake en selfs \u2018n gesneuwelde wetsontwerp om plase te onteien, of tot nasionale bate te verklaar en so in effek te onteien, en nou die gedagte van 40 % swart aandeelhouding. Dat artikel 25 van die grondwet grondeienaarskap beskerm, veral omdat dit boonop deel van die handves van menseregte uitmaak, word blykbaar nie as hindernis vir grondgrypplanne beskou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tragedie is dat min van die oorgedraagde grond nog produktief is. In die Vrystaat het amper \u2018n 100 eens produktiewe plase na oordrag sedert 1994 in onproduktiewe eenhede verval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steeds word surrealistiese uitsprake gemaak soos dat landelike armoede aangespreek word deur onder meer bestaansboerdery, of die uitdeel van plasies waarvan die oppervlaktes van tussen een en tagtig hektaar genoem word. Enige landbou-ekonoom sal uitwys dat hierdie oppervlaktes, tensy uiters intensief en teen ho\u00eb koste aangewend word, nie armoede gaan teenwerk nie maar in die hand gaan werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Joemat-Pettersson het goed begin, maar sake lyk nou minder belowend. Soos sy selfs skryf: Die wittebrood is nou verby.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">no deposit<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62806-pamyatnik-ivanu-sirko-popolnil-ryady-dostoprimechatelnostej-xarkova.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0436\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Uit \u2018n ellelange artikel deur die minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson die naweek in Rapport, is dit duidelik dat persepsies oor grondbesit in die land nou so ver van mekaar verwyder is dat \u2018n grondoudit die enigste manier is om dit op te klaar. Tot dusver het die regering vierkantig vasgeskop daarteen en met feite &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8620\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Grondoudit al uitweg&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8620","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8620","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8620"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8620\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8620"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8620"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8620"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}