{"id":8616,"date":"2010-05-23T17:52:32","date_gmt":"2010-05-23T17:52:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8616"},"modified":"2010-05-23T17:52:32","modified_gmt":"2010-05-23T17:52:32","slug":"afriforum-en-vf-pak-mekaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8616","title":{"rendered":"Afriforum en VF+ pak mekaar"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">AfriForum en die VF+ se meningsverskille is op die spits gedryf deur die gelykheidshof&nbsp; se versoek dat hul saak en di\u00e9 van die VF+ teen Malema saamgevoeg word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Solidariteit en Afriforum het die VF+ voorheen daarvan beskuldig dat hulle voordeel wil trek uit die publisiteit wat die twee burgerregte-organisasies kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">AfriForum vra nou in hofstukke dat die samevoeging nie moet gebeur nie. Kallie Kriel, hoof van AfriForum, s\u00ea hulle wil nie in &#8216;n &#8220;stryery&#8221; betrokke raak nie. Hulle sal nietemin voortgaan om die samevoeging teen te staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens AfriForum is dr. Pieter Mulder se adjunkministerskap die rede waarom die twee aansoeke&nbsp; nie saamgevoeg moet word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pieter Groenewald, parlement\u00eare leier van die VF+, s\u00ea AfriForum se argument is bedenklik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk wil dit eerstens duidelik stel dat die gelykheidshof gevra het dat die sake saamgevoeg word; nie ons nie. Ons was wel bereid om dit te aanvaar indien AfriForum bereid sou wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;\u201cNou dink ek dit is beter dat die sake geskei word, want dis nie \u2019n goeie idee om die ANC ook te dagvaar nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cToe ons destyds die klag teen mnr. Peter Mokaba se sing van <em>Kill<\/em> <em>the<\/em> <em>Boer<\/em> ingedien het, het die destydse sekretaris-generaal van die ANC, mnr. Kgalema Motlanthe, bloot ontken dat dit \u2019n vryheidslied van die ANC was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;\u201cDie ANC kon dus nie verantwoordelik of aanspreeklik gehou word nie en daar is geen regsgronde vir die argument nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;Groenewald het ontken dat daar \u2019n belangebotsing ontstaan het omdat Mulder as adjunk-minister in die ANC-regering dien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;Hy het ges\u00ea Mulder het \u2019n strafregtelike klag teen Malema ingedien wat Afriforum se beswaar dat die ANC en die regering dieselfde is, onsinnig laat lyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gelykheidshof het geen beslissing of die twee sake saamgevoeg moet word gegee nie. Die saak is na die hooggeregshof verwys.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/osvobozhdenie-ot-fizkultury-0\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430 \u043e\u0441\u0432\u043e\u0431\u043e\u0436\u0434\u0435\u043d\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/biznes-s-kitaem-skolko-mozhno-zarabotat-chto-vezti-s-kem-sotrudnichat-30-40-pribyili-dlya-biznesa-prodayushhego-tovaryi-iz-kitaya\/\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>AfriForum en die VF+ se meningsverskille is op die spits gedryf deur die gelykheidshof&nbsp; se versoek dat hul saak en di\u00e9 van die VF+ teen Malema saamgevoeg word. Solidariteit en Afriforum het die VF+ voorheen daarvan beskuldig dat hulle voordeel wil trek uit die publisiteit wat die twee burgerregte-organisasies kry. AfriForum vra nou in hofstukke &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8616\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afriforum en VF+ pak mekaar&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-8616","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8616","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8616"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8616\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8616"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8616"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8616"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}