{"id":8614,"date":"2010-05-23T17:22:10","date_gmt":"2010-05-23T17:22:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8614"},"modified":"2010-05-23T17:22:10","modified_gmt":"2010-05-23T17:22:10","slug":"nederlandse-reisadvies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8614","title":{"rendered":"Nederlandse reisadvies"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Ek lees in die Nederlandse pers dat die Nederlanders se Departement van Buitelandse Sake Woensdag \u2018n internet- en iPhonediens in diens stel waar voornemende reisigers die departement se amptelike mening kan bekom oor hoe veilig dit is om na die buiteland te reis.<\/p>\n<p> Op die internet tik die voornemende reisiger bloot die land wat hy wil besoek in die ruimte, en siedaar, die Departement se eie veiligheidsrisiko-ontleding word voorgehou.<\/p>\n<p>&nbsp;Suid-Afrika moet skynbaar tot Woensdag wag om te sien hoe gevaarlik hy deur \u2018n Kaasbril lyk. Met \u2018n hele paar Nederlandse burgers die afgelope aantal jare in Suid-Afrika aangeval, en onder meer \u2018n bejaarde dame in Witbank vermoor, sal die gasheerland vir vanjaar se W\u00eareldbeker-sokkertoernooi seker nou nie heel bo-aan die lys van veilige lande pryk nie.<\/p>\n<p> Of dit bloot \u2018n misdaadveiligheidsrisiko behels, is nie duidelik nie.<\/p>\n<p> Ek het dus my bedenkinge of die Nederlanders regtig sal weet hoe gevaarlik dit vir hulle kan wees om te kom sokker kyk.<\/p>\n<p> Uit die berig kan ek nie agterkom of Nederlanders ook te wete sal kom hoe gevaarlik dit is om in watter staatshospitaal hier te beland nie. Of wat die kanse is dat \u2018n mens met toerbus en al in \u2018n slaggat kan verdwyn nie.<\/p>\n<p> Of dat Eskom die krag van die munisipaliteit waar mens oornag kan afskakel en noodsaaklike medisyne nie koud gehou sal kan word nie.<\/p>\n<p> Of die advies ook advies gaan insluit oor hoe groot \u2018n mens se strikkiegriep-kanse is om by die verskillende lande se dames van die nag aan te doen, is ook nie duidelik nie.<\/p>\n<p> Ook nie of dit advies gee oor mense se kanse wat dit waag om \u2018n rofieraaid in \u2018n minibustaksie te onderneem nie.<\/p>\n<p> Ek bedoel, vir \u2018n Nederlander is dit half riskant om hier sy eie taal te gooi. Hy kan byvoorbeeld \u2018n preek by \u2018n sieletiffie op die lyf loop deur te meld hoe fraai die kat is wat by die deur instap \u2013 dis nou in Nederlands.<\/p>\n<p> Hy kan dalk deur sy gasheer- en \u2013vrou in die kooi geprop word as hy meld hoe vaak (bedoelende dikwels) dit hier lawaaierig raak.<\/p>\n<p> En as mens jou Nederlandse gas vir \u2018n potjie tennis nooi, wees tog versigtig om vir hom te s\u00ea hy kan kies tussen die rakette. Want vir Nederlanders is raketten die goed waarmee die Israeli\u2019s en Palestyne mekaar bestook. Dit kan dalk net nodig wees om hom hierna onder die bed te gaan uitsleep.<\/p>\n<p>&nbsp;Nou die dag lees ek van \u2018n nagemaakte mastodon \u2013 \u2018n soort oerolifant wat in \u2018n natuurtuin gemaak staan is. \u2018n Mens kan, skryf die koerant, agterkom dis nagemaak deur die dierasie met die hand op die k*nt te klop. Ek het nie \u2018n benul wat die koerant hiermee bedoel het nie, maar wat ek wel deeglik weet, is dat \u2018n Nederlander wat hier vir sy gasheer s\u00ea hy het sy gasvrou \u2018n kloppie daar gegee, in een van die berugte hospitale gaan beland.<\/p>\n<p> D\u00edt is hoekom ek s\u00ea ek weet nie of daai internetdiens die ding gaan doen nie.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free no<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/filchakov-aleksandr\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek lees in die Nederlandse pers dat die Nederlanders se Departement van Buitelandse Sake Woensdag \u2018n internet- en iPhonediens in diens stel waar voornemende reisigers die departement se amptelike mening kan bekom oor hoe veilig dit is om na die buiteland te reis. Op die internet tik die voornemende reisiger bloot die land wat hy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8614\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nederlandse reisadvies&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-8614","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8614","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8614"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8614\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8614"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8614"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8614"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}