{"id":8612,"date":"2010-05-23T17:16:49","date_gmt":"2010-05-23T17:16:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8612"},"modified":"2010-05-23T17:16:49","modified_gmt":"2010-05-23T17:16:49","slug":"gebroeders-steyn-se-monsterskoppe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8612","title":{"rendered":"Gebroeders Steyn se monsterskoppe"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Kort na Frans Steyn vir sy oorsese klubspan \u2018n skepskop van sestig meter deur die mikke gejaag het, klits Morn\u00e9 Steyn \u2018n strafskop van amper net so ver vir die Bulls teen die Crusaders deur die pale.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie Steyns is miskien nie familie van mekaar nie, maar beide is gebore en geto\u00eb Vrystaters.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Loeriesfontein het miskien sy kwota ysterstutte opgelewer \u2013 manne soos James O\u2019Kennedy en nou WP Nel wat vir die Cheetahs uitdraf, terwyl die Oos-Vrystaat skynbaar van dieselfde doepa in sy drinkwater het en stutte soos CJ van der Linde, Jannie du Plessis en Faan Rautenbach opgelewer het. Beide Loeriesfontein en die Oos-Vrystaat het legendariese skrumskakels soos Dawie de Villiers en Danie Craven opgelewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dit lyk asof die Vrystaat iets in die water moet h\u00ea wat sy rugbyspelers skop gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die lys van manne wat bekendheid met monsterskoppe (van dig by die sestig meter tot selfs verder) deur die pale jaag word net al hoe langer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bekendste is moontlik De Wet (Loodvoet) Ras, maar hy is lank nie die enigste nie. As skoolseun het Edrich Krantz in \u2018n voorwedstryd vir \u2018n toets die toeskouers vermaak deur teen Wes-Transvaal-skole die een torpedo na die ander deur die pale te jaag. Sy eerste probeerslag \u2013 na die gereelde skopper droog gemaak het \u2013 was \u2018n bielie van 67 tre\u00eb.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Saam met Edrich, wat later self \u2018n Springbok geword het, het Gysie Pienaar en De Wet Ras op die toneel verskyn. Gysie is minder dikwels met die skopwerk toevertrou as Ras, maar as dit by langste skop tussen die twee kom, l\u00ea hulle bymekaar. Die langste skop uit hierdie era, in \u2018n klubwedstryd, behoort egter waarskynlik aan Chris Richter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Later het Andr\u00e9 (Joeba) Joubert self \u2018n monsterskop of twee deur die pale gejaag. Eric Herbert wat meestal vir Noord-Vrystaat uitgedraf het maar ook \u2018n seisoen vir die Vrystaat diens gedoen het, het self \u2018n bielie of twee gelanseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was eers weer Generaal De Waal wat weer die verbeelding met kanonskoppe gaande gemaak het, maar De Waal is geen gebore Vrystater nie. Meyer Bosman, wat ook min moeite het om skoppe vanuit sy eie gebied oor te klits, is in Bethlehem gebore.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaat het egter nie \u2018n volkome monopolie oor langafstand-skerpskutters nie. Met die opkoms van De Wet Ras is hy aanvanklik as heelagter ingesluit, maar die Wit Tornado moes met verbystering sien hoe Noord-Transvaal se Chris Luther \u2013 wat self uit posisie op vleuel ingesluit is om sy skopstewel in die span te h\u00ea &#8211; di\u00e9 dag die werklike grote deur die pale te jaag en die Blikore se destydse Curriebekerdrome verpletter.<\/p>\n<p>Die legendariese Don Clarke, heelagter van die All Blacks, het self op Springbokpark in Bloemfontein \u2018n monster van \u2018n skop deur die pale gejaag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel dit deesdae hoofsaaklik losskakels of heelagters is wat die skopwerk pale toe waarneem, was daar \u2018n rits slotte wat soos John Eales van Australi\u00eb heel handig was met hul skopvoete. Weens hul grootte het van hierdie slotte self \u2018n paar monsterskoppe oorgeklits. Jan Tromp se skop van 58 meter vir Wes-Transvaal &nbsp;teen die All Blacks het die o\u00eb laat rek, veral omdat die bal so hoog oor dwarslat geseil het. Frik du Preez het bekendheid verwerf vir sy \u201cgedrop, geplace en gescore.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander bekende slotte wat ook die bal kon sool dat hy klein word soos dit afsit pale toe was die Springbokke Tiny Naud\u00e9 en Hennie Bekker. Bekker het self \u2018n draai deur die Vrystaat gemaak.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/avtomatika-dlya-nasosov_2\/komplektuyushchie\">\u0434\u043b\u044f \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/declacar.com.ua\/persons\/%D0%A4%D1%96%D0%BB%D1%8C%D1%87%D0%B0%D0%BA%D0%BE%D0%B2_%D0%9E%D0%BB%D0%B5%D0%BA%D1%81%D0%B0%D0%BD%D0%B4%D1%80_%D0%92%D0%B0%D1%81%D0%B8%D0%BB%D1%8C%D0%BE%D0%B2%D0%B8%D1%87-490462\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kort na Frans Steyn vir sy oorsese klubspan \u2018n skepskop van sestig meter deur die mikke gejaag het, klits Morn\u00e9 Steyn \u2018n strafskop van amper net so ver vir die Bulls teen die Crusaders deur die pale. Hierdie Steyns is miskien nie familie van mekaar nie, maar beide is gebore en geto\u00eb Vrystaters. Loeriesfontein het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-8612","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8612","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8612"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8612\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8612"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8612"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8612"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}