{"id":8607,"date":"2010-05-23T08:10:34","date_gmt":"2010-05-23T08:10:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8607"},"modified":"2010-05-23T08:10:34","modified_gmt":"2010-05-23T08:10:34","slug":"rubriekskrywers-die-kuns-om-te-slaag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8607","title":{"rendered":"Rubriekskrywers \u2013 die kuns om te slaag"},"content":{"rendered":"<div>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong>Van Zyl Slabbert en Rhoda Kadali as gevallestudies<\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die bekendstelling van nog \u2018n boek deur Blouwillem Theron tydens die Volksblad se kunstefees verlede jaar het die destydse redakteur van di\u00e9 koerant Blouwillem geloof omdat hy na jare daarin slaag om vol te hou om vars en oorspronklik te bly met sy rubrieke. Baie rubriekskrywers, verduidelik hy, is na \u2018n ruk opgeskryf en \u2018n mens kom dit agter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie artikel is fokus op rubriekskrywers wat nie in diens van die publikasies is waarvoor hulle rubrieke lewer nie. Personeel wat ook as rubriekskrywers optree, word anders beoordeel omdat hulle in elk geval in diens is, en dus makliker met blapse en brak kolle kan wegkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe lank iemand \u201cvars\u201d kan bly hang natuurlik af van watter soort rubrieke \u2018n mens skryf. Humorrubrieke is seker die moeilikste omdat \u2018n mens se gemoedstoestand nie altyd reg is om oorspronklik te wees nie, en \u2018n mens se reserwe aan snaakshede raak uitgeput.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Politieke kommentare is ook uitdagend, omdat iemand baie maklik in \u2018n groef kan val, veral \u2018n negatiewe groef, en sukkel om daaruit te kom.<\/p>\n<p>Hoe koerante hul rubriekskrywers keur, is dalk ook \u2018n ander deel van die verhaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vakrubrieke, soos oor motors en groen sake is dalk ietwat makliker want dit is die skrywer se belangstellingsveld, en dinge gebeur. Hy hoef nie die nuus te skep nie, hy moet dit bloot verstaan en interessant kan opdis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Koos Kombuis het by geleentheid \u2013 skynbaar verwysend na Deon Maas \u2013 geskryf hy beny soms Maas sy omstredenheid, maar dat hy die publikasie waarvoor hy skryf, se geldjie te nodig het. Soms klink Koos Kombuis baie na \u2018n tipiese Afrikaanse gesinsman \u2013 konformerend ter wille van die mark waarvoor hy skryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is net \u2018n klein persentasie van heel aanwendbare rubriekskrywers vir wie die meetsnoere in pragtige plekke val. Die meeste moet bekendheid via rubrieke of selfs ander harde kopie op hul valerige pense skryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die proses word Suid-Afrikaners (dalk) van \u2018n rypheid idees gestroop, terwyl eentonige kafskrywers dikwels die beskikbare gepubliseerde spasie oorbeset en lesers die mure uitdryf. \u201cEk was so opgewonde toe ek sien hoe dik vandag se koerant was, maar vyf minute later het ek alles gelees wat ek wou lees en selfs \u2018n paar advertensies net om die tyd om te kry.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is wanneer \u2018n redakteur \u2018n fiksasie oor \u2018n sekere rubriekskrywer het, maar wat nie deur die lesers gedeel word nie. Of die helfte van die koerant wat handel oor \u2018n sekere party se kongres wat met foto\u2019s en leidende opskrifte en ander tegnieke opgedis word, maar dis nie jou party nie en jy blaai hoogstens ge\u00efrriteerd daaroor.<\/p>\n<p>Soms word die rubriekskrywer in die steek gelaat deur die \u201csub\u201d wat die \u201ckoppe\u201d skryf. Koppe opsit is \u2018n dikwels onderskatte kuns.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoofsaaklik twee tipes koppe word onderskei \u2013 die leidende en die opsommende. In onge\u00efnspireerde publikasies is opsommende koppe die hoofnorm. Omdat die gemiddelde leser lui is, kom hy gou agter hy hoef net die opskrif te lees en weet dan basies alles wat in die berig \/ artikel \/ rubriek staan.<\/p>\n<p>Die leidende prikkel die leser om te lees. (Dieselfde geld die intro\u2019s).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ander manier waarop \u2018n skrywer deur die kopskrywer in die steek gelaat kan word, is as die kopskrywer die item nie behoorlik lees nie, dit nie verstaan nie, of bevooroordeeld is. Onlangs was daar \u2018n rubriek in Die Burger waar die opskrif gelui het dat geen groepdenke aanvaarbaar is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op sig het dit nie sin gemaak nie, aangesien dit buite die normale norm van die betrokke, hoogs belese skrywer geval het. Eers by die tweede lees van die artikel (die eerste keer te erg be\u00efnvloed deur die kop) sou die gemiddelde leser besef dat die kop hoogs misleidend was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Humorskrywers wat \u2018n langer rakleeftyd het, is gewoonlik diegene wat \u2018n dieper sin vir humor het \u2013 dikwels dro\u00eb humor \u2013 as een wat eintlik maar net vlak grappies aanmekaar las om \u2018n rubriek op te som. Die vlak grappies slaag die eerste uitgawe, dalk die tweede, maar dan begin die gemiddelde koerantleser bietjie \u201cop\u201d raak vir die vlakheid. Bietjie tussen die lyne, woordspelings, goed geolie met verteltrant, \u2018n storielyn en \u2018n ontknoping is wat die duursaamheid verseker.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Politieke rubriekskrywers se eerste fout is dikwels om met die invalslag kant te kies. Die res van sy relaas is dan noodwendig subjektief. Dit pas gewoonlik net in \u2018n politieke debat waar \u2018n publikasie twee of meer standpunte naas mekaar stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die suksesvolle politieke rubriekskrywer sal iewers \u2018n onverbonde staanplek kry, en van daar verskillende standpunte opstel, politiek-wetenskaplik ontleed en dan miskien \u2018n eie, gemotiveerde, voorkeur uitspreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie lang aanloop om te kom by die afsterwe van dr. Van Zyl Slabbert, en kritiek wat die rissiepit van rubriekskrywers, Rhoda Kadalie onlangs in internetkommentare op \u2018n rubriek gekry het. Slabbert het tot sy dood sukses gesmaak, Rhoda het pas \u2018n knou weg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Slabbert was nie prim\u00ear bekend as rubriekskrywer nie,maar hy het genoeg opgelewer dat \u2018n mens na sy invloed kan kyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het waarskynlik meer as enigeen bygedra daartoe dat politieke sosiolo\u00eb \u2018n lang, brak tyd op die Suid-Afrikaanse meningsvormingsterrein beleef het. In Suid-Afrikaanse heterogene samestelling is die impak van politieke sosiolo\u00eb van kardinale belang. Slabbert self het nie klassiek op hierdie terrein \u2018n rol gespeel nie, hoewel hy ongetwyfeld goed gekwalifiseerd was om dit te doen. Sy rol kan moontlik beter beskryf word as sosio-politikus. \u2018n Politieke sosioloog, per definisie weens die vakgebied sosiologie, weeg die dinamika\u2019s van groepe eerder as individue in \u2018n samelewing op. As liberalis met die fokus op die individu het dit nie die klem by Slabbert gekry wat van \u2018n sosioloog verwag sou word nie. Trouens, toe hy stem dik maak oor die behoud van Afrikaans by die US, was daar stomme verbasing in liberale kringe wat dit nie van hom sou \u201cverwag\u201d nie. Maar oor die algemeen word hy nou nadoods hoog aangeslaan. Trouens, baie van die lofuitings was so gou by die pers, dat \u2018n mens met \u2018n stok kan aanvoel dit is nie behoorlik deurdink nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs was daar weer \u2018n ligte opflikkering van politieke sosiolo\u00eb in koerantrubrieke, onder andere ook \u2018n swart Kovsie-hoogleraar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kadali is uitgesproke, skerp en mors nie baie tyd om haar standpunte in geleerde taal toe te wikkel nie. Tog het sy \u2018n groot aanhang, en kom met \u201cmoord\u201d weg wat ander nie eens kan droom om te probeer nie \u2013 behalwe Malema.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haar onlangse \u201csonde\u201d was om na \u2018n mediabesoek \u2013 skynbaar as gaste van die Israelse regering &#8211; gloeiende lof vir Israel uit te spreek en krities teenoor die Palestyne en ander Arabiere te wees. Dit was net te veel vir mense wat nou al lank onder anti-Israelse lobby\u2019s se inligtingverpreiding deurgeloop het. Sy is erg gestriem (met hier en daar \u2018n verdwaalde reaksie van steun).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skielik lyk Rhoda nie meer so onkwesbaar nie. Nou maak dit minder sin hoe sy, as diep gelowige, haar so lank in die ANC kon bevind al het sy ook al \u2018n jare lange woordestryd met die organisasie gehad. Skielik lyk die onverbloemde lof wat sy eens vir Patricia de Lille gehad het (dat sy haar selfs as president wou sien), vaal. Rhoda al oorleef en soos \u2018n rubberbal terugspring, maar waarskynlik is sy nou \u2018n titseltjie wyser.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/firestorm\/\">online game<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van Zyl Slabbert en Rhoda Kadali as gevallestudies Met die bekendstelling van nog \u2018n boek deur Blouwillem Theron tydens die Volksblad se kunstefees verlede jaar het die destydse redakteur van di\u00e9 koerant Blouwillem geloof omdat hy na jare daarin slaag om vol te hou om vars en oorspronklik te bly met sy rubrieke. Baie rubriekskrywers, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8607\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rubriekskrywers \u2013 die kuns om te slaag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-8607","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8607","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8607"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8607\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8607"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8607"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8607"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}