{"id":8604,"date":"2010-05-21T06:44:12","date_gmt":"2010-05-21T06:44:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8604"},"modified":"2010-05-21T06:44:12","modified_gmt":"2010-05-21T06:44:12","slug":"vf-wen-saak-teen-kroonstadse-munisipaliteit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8604","title":{"rendered":"VF+ wen saak teen Kroonstadse munisipaliteit"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die  Hooggeregshof van die Vrystaat het vandag die aansoek van die  Vryheidsfront  Plus, dat die verkoop van die kragsentrale te Kroonstad nietig verklaar  word en  dat die eiendom weer in die naam van die Moqhaka-munisipaliteit  geregistreer  word, gelas.\u00a0 Die hof het verder gelas dat  die Moqhaka-munisipaliteit die koste soos op \u2018n ongeopponeerde basis  moet betaal  en dat Bio Energy Africa die res van die koste moet  betaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die   saak spruit voort uit die feit dat die Moqhaka-munisipaliteit die  kragsentrale  te Kroonstad teen \u2018n bedrag van R8 miljoen aan Bio Energy Africa verkoop  het  sonder om die statut\u00eare voorskrifte te volg.\u00a0 Die eiendom  is in die aktekantoor op Bio  Energy Africa se naam geregistreer.\u00a0  Die munisipaliteit het \u2018n verband van R8 miljoen verleen en tot  op datum  het Bio Energy Africa nog geen betaling gemaak nie.\u00a0 Die  waarde van die eiendom is baie meer  as die bedrag waarvoor dit verkoop is.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die   weldeurdagte en verantwoordelike optrede van die VF  Plus se raadslede, Danie  Brink en Jeanie Hattingh in die Moqhaka-stadsraad, het dit moontlik  gemaak dat  die VF Plus die aansoek in die Hooggeregshof kon  bring.\u00a0 Hierdie optrede van die VF  Plus se  raadslede het dit moontlik gemaak dat die VF  Plus die belastingbetalers van die  Moqhaka-munisipaliteit (Kroonstad, Steynsrus en Viljoenskroon) se  belange en  eiendom kon beskerm.\u00a0 Net soos met  die hofsaak oor die onwettige verkoop van die Elandia-erwe te Kroonstad,  het die  VF Plus weereens die belange van die  belastingbetalers eerste gestel en die  risiko van \u2018n hofsaak op hulle skouers geneem.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op   25 Maart 2010 het die VF Plus \u2018n\u00a0  dringende aansoek in die Hooggeregshof van die Vrystaat gebring  om te  verhoed dat Bio Energy Africa roerende eiendom verwyder en die vaste  eiendom aan  \u2018n derde party verkoop alvorens die hof beslis het oor die eienaarskap  van die  eiendom.\u00a0 Hierdie tussentydse bevel  wat die VF Plus op daardie stadium verkry het,  was die voorloper tot vandag se  sukses.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deur  hierdie regverdige hofuitspraak kon die VF Plus  daarin slaag om die  eiendom van die belastingbetalers wat miljoene rande werd is, te  beskerm.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr.  CAJ Janse van Rensburg van die firma Rosendorff Reitz-Barry en  advokaat Ni\u00ebl Snellenburg het voor regter Cilliers die VF  Plus  verteenwoordig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Abrie  Oosthuizen, LPW en Vrystaatse leier van die VF  Plus, het na die  hofverrigtinge ges\u00ea dit is \u2018n kwade dag as \u2018n politieke party deur die  owerheid  gedwing word om hom tot die hof te wend om toe te sien dat statut\u00eare  voorskrifte  nagekom word.\u00a0 \u201cDit word \u2018n algemene  verskynsel dat munisipaliteite, provinsiale regerings en selfs die  nasionale  regering hulle daaraan skuldig maak om nie landswette te eerbiedig nie.\u00a0  Die VF Plus sal alles in sy vermo\u00eb doen  om toe te sien dat landswette nagekom en toegepas word tot voordeel van  landsburgers.\u201d<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/peskostruynoe-oborudovanie-f6342574\/\">\u0434\u043b\u044f \u043f\u0435\u0441\u043a\u043e\u0441\u0442\u0440\u0443\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Hooggeregshof van die Vrystaat het vandag die aansoek van die Vryheidsfront Plus, dat die verkoop van die kragsentrale te Kroonstad nietig verklaar word en dat die eiendom weer in die naam van die Moqhaka-munisipaliteit geregistreer word, gelas.\u00a0 Die hof het verder gelas dat die Moqhaka-munisipaliteit die koste soos op \u2018n ongeopponeerde basis moet betaal &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8604\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VF+ wen saak teen Kroonstadse munisipaliteit&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[9921,9924,9922,9923,21089,2242,9920,4640],"class_list":["post-8604","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-abri-oosthuizen","tag-bio-energy-africa","tag-kroonstad","tag-moqhaka","tag-nuus","tag-suid-afrika","tag-vf-wen-saak-teen-kroostadse-munisipaliteit","tag-vryheidsfront-plus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8604","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8604"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8604\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8604"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8604"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8604"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}