{"id":860,"date":"2007-09-09T17:02:09","date_gmt":"2007-09-09T17:02:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=860"},"modified":"2007-09-09T17:02:09","modified_gmt":"2007-09-09T17:02:09","slug":"tim-du-plessis-en-heilige-koeie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=860","title":{"rendered":"Tim du Plessis en Heilige Koeie"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Waarom sou Rapport nie in so &#39;n storie wat ooglopend in die openbare  belang is, belangstel nie? Omdat die bron op vergoeding vir sy storie  aandring? Of wil Rapport nie gevaar loop om aanstoot te gee aan die ANC  nie en veral die Prez nie? <\/p>\n<p> Koerante en wie ookal het deur die eeue heen maar die hand in die sak  gesteek vir &#39;n nuuswaardige storie. Trouens, daar sou bloedweinig  nuuswaardige gebeurtenisse en vergrype deur veral die politici op die  lappe gekom het, indien die media nie deurlopend van sogenaamde tjekboek  joernalistiek gebruik gemaak het nie. Harde kontant is ook nie die  enigste betaalmiddel wat gebruik word nie, daar is talle ander metodes  wat deur koerante in die w&ecirc;reld buite Rapport s&#39;n, met groot sukses  gebruik word.<\/p>\n<p> Kom ons aanvaar Tim se storie dat hy nie vir sulke inligting betaal  nie. Wat het dan van &#39;n goeie nuusman se natuurlike instinkte geword? Om &#39;n &#39;scoop&#39; te plaas. Ene wat bowendien die waarheid is en nie uit die  duim gesuig word nie. Dit is mos duidelik dat die inligting minstens die  potensiaal het om van groot openbare belang te wees. Dis &#39;n lekker  storie. Iets wat koerante kan verkoop!<\/p>\n<p> Raait, maar Tim wil nie betaal nie. Sal &#39;n joernalis wat sy naam werd  is, nie in ieder geval voortgaan om die storie te gaan navors nie? Jy  het minstens &#39;n goeie leidraad gekry. &#39;n Minister wat na bewering sulke  vreemde dinge aanvang, in &#39;n hospitaal nogal, moet mos &#39;n interessante  storie wees! Daar is tog seker heelwat van die hospitaal personeel wat  van die manewales weet. Van dokters tot skoonmakers. Soiets kan mos  onmoontlik geheim bly. Letterlik tientalle bronne van informasie wat  bekom kan word sonder dat jy van &#39;gesteelde&#39; dokumente hoef gebruik te  maak!  <\/p>\n<p align=\"justify\">Tim en sy koerant s&ecirc; klaarblyklik toe ook nee vir hierdie moontlikheid  en ook sommer koebaai vir &#39;n lekker storie wat in die openbare belang  mag wees, maar ongelukkig nie in Rapport se belang is nie.  <\/p>\n<p align=\"justify\">Gelukkig is daar nog koerante en redakteurs wat in die tradisie van die  koerantwese, bereid is om die heilige koeie wat hulle wangedra, aan te  vat! Selfs al weet jy voor jou siel dat jy jou gewildheid by die ANC en  die Prez gaan inboet.<\/p>\n<p> Maar ten minste het jy jou geloofwaardigheid en die respek van jou  lesers behou. Soos die Sunday Times gedoen het. Dankie vader dat daar  nog sulke koerante en redakteurs is!<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-086-u-vrachebnoe-zaklyuchenie\">\u043c\u0435\u0434\u0438\u0446\u0438\u043d\u0441\u043a\u0430\u044f \u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430 \u0444\u043e\u0440\u043c\u0430 086 \u0443 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Tim du Plessis s&ecirc; op RSG se Praatsaam dat iemand hom so 5 maande gelede  getelefoneer het en inligting aangebied het wat ooreenstem met die  Sunday Times se storie oor Msimang se hospitaal manewales. Hy deel toe  die informant mee dat hy wat Tim is, nie belangstel nie en bowendien  betaal Rapport nie bronne vir hul inligting nie.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[21096,869],"class_list":["post-860","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-s10-briewe","tag-tim-du-plessis-en-heilige-koeie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/860","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=860"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/860\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=860"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=860"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=860"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}