{"id":8580,"date":"2010-05-19T07:15:20","date_gmt":"2010-05-19T07:15:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8580"},"modified":"2010-05-19T07:15:20","modified_gmt":"2010-05-19T07:15:20","slug":"dene-en-nederlanders-deur-al-kaida-geteiken-by-wb","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8580","title":{"rendered":"Dene en Nederlanders deur Al Kaida geteiken by WB"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Vermeende Al Kaida-ondersteuner wat in Irak aangehou word, het Dinsdag ges\u00ea dat hy met familie en vriende gepraat het om Deense en Nederlandse spanne wat volgende maand aan die W\u00eareldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika deelneem aan te val om beledigings teen die Profeet Mohammed te wreek.&nbsp;<\/p>\n<p> Irakse veiligheidsmagte wat die Saoedi-burger aanhou, bekend as Azam Abdullah al-Qahtani Saleh, het gere\u00ebl dat <em>The Associated Press<\/em> met hom &#8216;n onderhoud by &#8216;n onge\u00efdentifiseerde regeringsgebou in Bagdad voer. <\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea hy het aanvanklik in 2004 na Irak gegaan om te veg teen Amerikaners en is gewerf deur Al Kaida.&nbsp;<\/p>\n<p> &#8216;n Irakse veiligheidsamptenaar met kennis van die ondersoek s\u00ea al-Qahtani is in hegtenis geneem na &#8216;n gesamentlike VSA-Irak-operasie in April waar twee ander Al Kaida-hoofverdagtes gedood is. Die amptenaar wou nie sy naam bekendmaak nie aangesien hy nie toegelaat word om besonderhede van die saak te bespreek nie. <\/p>\n<p>Dokumente is in die huis gevind waar die twee gedood is. Dit is onder meer geskryf deur al-Qahtani en bevat detail van &#8216;n plan van aanvalle wat geloods sal word op die W\u00eareldbeker-sokkertoernooi. Dit het gelei tot sy arrestasie op 3 Mei, het die amptenaar ges\u00ea. Irakse owerhede het Maandag di\u00e9 besonderhede openbaar.&nbsp;<\/p>\n<p>&#8220;Ons het gepraat oor die moontlikheid van wraak vir die beledigings teen die profeet deur Denemarke en Holland aan te val,&#8221; het al-Qahtani aan AP ges\u00ea. &#8220;Die doel was om die Deense en die Nederlandse spanne en aan te val asook hulle ondersteuners,&#8221; het hy bygevoeg.&nbsp;<\/p><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As ons nie die spanne kon bereik nie, dan sou ons die ondersteuners teiken,&#8221; het hy ges\u00ea, en bygevoeg dat hulle gehoop het om gewere en motorbomme te gebruik.&nbsp;<\/p>\n<p>Dit is nie duidelik of die militantes die vermo\u00eb het om wat nogal &#8216;n gesofistikeerde plan was, in werking te stel nie &#8211; &#8216;n ingewikkelde aanval ver van hulle tuisbasis. Die Irakse veiligheidsamptenaar het ges\u00ea geen stappe is geneem om die plan in beweging te stel nie, soos byvoorbeeld deur die verkryging bommateriaal.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">Al-Qahtani s\u00ea die plan benodig steeds goedkeuring van die Al Kaida-bevelsketting, spesifiek die groep se no 2, Ayman al-Zawahri.&nbsp;<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vermeende militant, wat ongeveer 30 jaar oud is met &#8216;n snor, geklee in &#8216;n oranje gevangenisuitrusting, het geen uiterlike tekens van besering of misbruik getoon nie. Hy het nie senuweeagtig of bang voorgekom nie.&nbsp;<\/p>\n<p> Al-Qahtani het ges\u00ea hy is deur die Amerikaanse magte in 2007 gevang en by Camp Bucca aangehou totdat hy in 2009 vrygelaat is. &#8216;n Amerikaanse milit\u00eare amptenaar, Keli Chevalier, het bevestig dat die Amerikaanse magte &#8216;n man met die naam van Abdullah al-Azam Saleh Qahtani gevange gehou het en dat hy by Camp Bucca aangehou is. <\/p>\n<p> Die Amerikaanse milit\u00eare amptenaar het al die ander vrae oor al-Qahtani na die Irakse regering verwys. <\/p>\n<p> In 2006 het 12 spotprente van die profeet wat in &#8216;n Deense koerant verskyn het, gelei tot woedende betogings in Moslemlande. <\/p>\n<p>In Nederland, is &#8216;n anti-Islam party die land se vinnigste groeiende politieke beweging. Die leier, Geert Wilders, noem die Koran &#8216;n &#8220;fascistiese boek&#8221; en wil dit verbied sien in Nederland. Sy 2008-kortfilm het baie Moslems aanstoot gegee deur die afwisseling van Koraanse verse met beelde van terrorisme deur Moslem radikale.&nbsp;<\/p>\n<p> Hy meen ook dat die klere wat Moslems oor die algemeen dra, soos kopdoeke, verbied behoort word omdat hulle die Nederlandse landskap &#8220;besoedel&#8221;. <\/p>\n<p>Wilders se gewildheid is deels &#8216;n reaksie op &#8216;n vlaag van Islamitiese radikale geweld. In 2004, het &#8216;n jong Moslem die Nederlandse filmmaker Theo van Gogh vermoor. Hy het &#8216;n kort film geproduseer oor die beweerde onderdrukking van Moslemvroue.&nbsp;<\/p>\n<p>Al-Qahtani het ges\u00ea dat die W\u00eareldbeker-sokkertoernooi beskou word as &#8216;n ho\u00eb-profiel internasionale gebeurtenis en Suid-Afrika is waarskynlik makliker om na te &#8216;n reis as een van die twee Europese lande wat hulle wou teiken.&nbsp;<\/p>\n<p>Vish Naidoo, &#8216;n woordvoerder vir Suid-Afrikaanse polisie, het Dinsdag ges\u00ea dat Suid-Afrikaanse beamptes nog steeds wag op woord van hul Irakse kollegas oor die arrestasie. Hy s\u00ea die enigste inligting wat Suid-Afrikaanse amptenare het is mediaverslae.&nbsp;<\/p>\n<p> FIFA het in &#8216;n verklaring Dinsdag ges\u00ea hulle wil nie kommentaar oor enige spesifieke potensi\u00eble bedreigings lewer nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/decoration-materials\/finishing-materials-pair\/\">\u0434\u043b\u044f \u0431\u0430\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/comments.ua\/society\/596417-trehletniy-malchik-skonchalsya.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Vermeende Al Kaida-ondersteuner wat in Irak aangehou word, het Dinsdag ges\u00ea dat hy met familie en vriende gepraat het om Deense en Nederlandse spanne wat volgende maand aan die W\u00eareldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika deelneem aan te val om beledigings teen die Profeet Mohammed te wreek.&nbsp; Irakse veiligheidsmagte wat die Saoedi-burger aanhou, bekend as Azam Abdullah &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8580\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dene en Nederlanders deur Al Kaida geteiken by WB&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-8580","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8580","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8580"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8580\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8580"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8580"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8580"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}