{"id":8569,"date":"2010-05-18T08:08:35","date_gmt":"2010-05-18T08:08:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8569"},"modified":"2010-05-18T08:08:35","modified_gmt":"2010-05-18T08:08:35","slug":"die-fisiologie-van-plaasaanvalle-en-die-reaksie-daarop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8569","title":{"rendered":"Die fisiologie van plaasaanvalle en die reaksie daarop"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Enkele dae nadat die ANC se dissiplin\u00eare komitee besluit het sy jeugleier, Julius Malema, sal nie vervolg word omdat hy \u2018n opdrag ge\u00efgnoreer het om nie meer \u201cSkiet die Boere\u201d te sing nie, is nog \u2018n plaasmoord gepleeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 keer was dit mnr. Johan Strydom, wat deur kennisse onthou word as \u2018n boer wat baie goed vir sy plaaswerkers was. In \u2018n vroe\u00ebre, dubbele Vrystaatse plaasmoord, is die bejaarde egpaar as filantrope beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Redakteur van \u2018n klein Afrikaanse koerant skryf in reaksie op \u2018n nuusverklaring oor Strydom se moord dat sy onthou hoe \u2018n voorval enkele jare gelede, toe \u2018n sakeman \u2018n swart man agter sy voertuig aangesleep het, tot internasionaal opslae gemaak het. Dat Strydom ook, volgens die getuienis op die toneel, skynbaar agter sy bakkie aangesleep is, het kwalik die nuus gehaal, laat staan nog opslae maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika is daar in verskeie kringe, ook die regering, \u2018n ergerlikheid weens die groot klem wat op plaasmoorde geplaas word. Daar is egter verskeie redes waarom dit soveel aandag geniet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die internasionale moordkoers word op 5 per 100 000 per jaar geraam, met di\u00e9 van Wes-Europa op een. Suid-Afrika se moordkoers is egter net minder as 50 per 100 000 per jaar, met onder meer die Mediese Navorsingsraad wat meen dit is aansienlik ho\u00ebr. Formeel word die moordkoers onder bruin mans in die Wes-Kaap danksy bendebedrywighede op ongeveer 90 per 100 000 per jaar geraam wat as die hoogste moordkoers vir \u2018n identifiseerbare groep in die w\u00eareld beskou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Interpol beraam egter die moordkoers onder Suid-Afrikaanse boere op meer as 300 per 100 000 per jaar. Dit klink op die oog af of dit nie so baie kan wees nie, bloot omdat daar lank nie meer naastenby \u2018n 100 000 kommersi\u00eble boere in Suid-Afrika is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog \u2018n rede waarom plaasmoorde soveel aandag trek, is die ontsettende wreedheid waarmee dit in baie gevalle gepleeg word. Van \u2018n bejaarde se voetsole afskil om te wys waar \u2018n nie-bestaande kluis is, tot die keel afsny van \u2018n Belgiese burger. Met byna elke plaasmoord lyk dit of die aanvallers vrye teuels aan hul verbeelding gegee het om innoverende wreedheid op te dis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weens die onderlinge band van boere, die tipe self-aangewesenheid, die regering se onhulpvaardige reaksie (indien enige) in terme van veroordeling, die regering se gereelde beskuldigende vingerwysings na boere en \u2018n verskeidenheid ander faktore, het dit verskeie sielkundiges al laat reageer dat hulle hier met iets anders te make het as die trauma wat gewoonlik op \u2018n moord volg.<\/p>\n<p>Sommiges beskryf dit as \u2018n manifestasie van viktimonologie \u2013 \u2018n trauma wat nie weggaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs die huidige minister van landbou, Tina Joemat-Petterson, se aanvanklike belowende wegspring met die landbou het nou in die gebruiklike retoriek verval wat die bewindstydperk van Lawwe Lulu en Dirk du Toit gekenmerk het. Die omgewingsdruk in die ANC is skynbaar net te sterk om geykte persepsies blywend te verander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit beteken nie dat enige ander moord minder veroordelingswaardig is nie. Of die boef nou \u2018n veiligheidskompleks ingedring en iemand in die privaatheid van haar eie slaapkamer onteer en vermoor, en of dit \u2018n dronknes-messtekery is, dit bly erger as die blote statistiek. Sokker-euforie te midde van hierdie syfers herinner aan \u2018n dop teen depressie. Dit help vir die oomblik maar dit verdiep die depressie en neem nie die oorsaak weg nie.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">the best game<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pep.org.ua\/uk\/person\/23993\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Enkele dae nadat die ANC se dissiplin\u00eare komitee besluit het sy jeugleier, Julius Malema, sal nie vervolg word omdat hy \u2018n opdrag ge\u00efgnoreer het om nie meer \u201cSkiet die Boere\u201d te sing nie, is nog \u2018n plaasmoord gepleeg. Di\u00e9 keer was dit mnr. Johan Strydom, wat deur kennisse onthou word as \u2018n boer wat baie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8569\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die fisiologie van plaasaanvalle en die reaksie daarop&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8569","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8569","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8569"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8569\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8569"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8569"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8569"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}