{"id":8564,"date":"2010-05-17T13:47:28","date_gmt":"2010-05-17T13:47:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8564"},"modified":"2010-05-17T13:47:28","modified_gmt":"2010-05-17T13:47:28","slug":"matshikiza-moet-bedank-na-plakkery-vf-plus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8564","title":{"rendered":"Matshikiza &#8216;moet bedank n\u00e1 plakkery&#8217; &#8211; VF Plus"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die  VF Plus eis dat die burgemeester van die Wesrandse Distriksmunisipaliteit  (WRDM), Faith Matshikiza, onmiddellik bedank.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  volg na die onwettige besetting van grond in die sogenaamde Wieg van die Mensdom  binne &#8216;n UNESCO-geregistreerde w\u00earelderfenisgebied by Kromdraai net buite  Krugersdorp. Grondeienaars veg al &#8216;n jare lange stryd teen die munisipaliteit om  ho\u00eb digtheid behuising in die gebied te keer nadat &#8216;n geologiese verslag  aanbeveel het dat die dolomitiese gebied&nbsp;nie&nbsp;daarvoor geskik is  nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie  WRDM en meer spesifiek die uitvoerende burgemeester is deurentyd deur die  grondeienaars en die VF Plus ingelig oor die dreigende grondbesetting en die  gevare daarvan.&nbsp; Sy het dit egter blatant ge\u00efgnoreer,\u201d het mnr. Jaco  Mulder, VF Plus-LPW en provinsiale leier in   Gauteng  , ges\u00ea.&nbsp; Mulder het verlede maand  &#8216;n onderneming van die burgemeester ontvang dat die kwessie voor einde April  opgelos sou wees.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  VF Plus se versoek om &#8216;n gesprek tussen die grondeienaars van Kromdraai en die  distriksmunisipaliteit is geweier en die besetting van die grond het voortgegaan  totdat meer as 50 hutte reeds opgerig was.&nbsp; Die grondbesetting vind plaas  op &#8216;n stuk grond wat aan die WRDM behoort nadat onhaalbare beloftes oor die  verskaffing van grond en huisvesting deur die ANC-raad tot frustrasie onder die  plakkers gelei het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  inwoners het met &#8216;n hofaansoek in die Suid-Gautengse hooggeregshof daarin  geslaag om die plakkery te stop en &#8216;n proses is begin om die onwettige plakkers  te verwyder. Op die oomblik sper die Kromdraai-plakkers die teerpad met  brandende motorbande af en motoriste word verhoed om die pad te  gebruik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  is &#8216;n voorbeeld van &#8216;n onwettige grondbesetting wat deur die owerhede aangeblaas  word.&nbsp; Mulder het die LUR vir   Gauteng  , Firoz Cachalia wat getaak is met die  gebied, versoek om onmiddellik in te gryp.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEnige  skade aan eiendom, beserings of lewensverlies   kan   vierkantig voor die deur van die  burgemeester van die WRDM gel\u00ea word.&nbsp; Die sukses van die hofaansoek getuig  dat &#8216;n gemeenskap wat saamstaan wel nog deur die howe van Suid-Afrika beskerm    kan   word,\u201d het  Mulder bygevoeg.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  fiasko speel ironies af binne 5 kilometer vanaf die Kloofsig Lodge waar die  Australiese sokkerspan binnekort sal tuisgaan.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/articles\/298949-kak-izbavitsya-ot-nagruzki-na-generator\/\">\u043d\u0430\u0433\u0440\u0443\u0437\u043a\u0430 \u0433\u0435\u043d\u0435\u0440\u0430\u0442\u043e\u0440\u0430 \u0441\u0438\u0433\u043d\u0430\u043b\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/prokuraturakharkiv\/\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die VF Plus eis dat die burgemeester van die Wesrandse Distriksmunisipaliteit (WRDM), Faith Matshikiza, onmiddellik bedank. Dit volg na die onwettige besetting van grond in die sogenaamde Wieg van die Mensdom binne &#8216;n UNESCO-geregistreerde w\u00earelderfenisgebied by Kromdraai net buite Krugersdorp. Grondeienaars veg al &#8216;n jare lange stryd teen die munisipaliteit om ho\u00eb digtheid behuising in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[7600,9915,9914,21089,6843,9916,2242,4630],"class_list":["post-8564","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-jaco-mulder","tag-kromdraai","tag-matshikiza-moet-bedank-na-plakkery-vf-plus","tag-nuus","tag-plakkers","tag-plakkery","tag-suid-afrika","tag-vf-plus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8564","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8564"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8564\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8564"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8564"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8564"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}