{"id":8558,"date":"2010-05-17T06:30:27","date_gmt":"2010-05-17T06:30:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8558"},"modified":"2010-05-17T06:30:27","modified_gmt":"2010-05-17T06:30:27","slug":"sokkerstert-as-sambok","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8558","title":{"rendered":"Sokkerstert as sambok"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Binne enkele weke breek die grootste sportgeleentheid aan wat nog in Suid-Afrika en op die kontinent gehou is. Dit is \u2018n uithangleentheid soos min wat vir die spartelende regering soos manna uit die hemel kom.<\/p>\n<p>&#8230;Of is dit?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al hoe meer mense en instansies besef hoeveel waarde die regering aan die geleentheid heg, en begin nou planne smee om daardeur konsessies van die regering te probeer afdwing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die seisoen van stakings duur voort met die vervoerstaking wat nou ongemaklik naby aan die sokker draai. Verskeie diensleweringsbetogings het al plaasgevind, en die massa-aksie teen misdaad wat deur Solidariteit gelei word, gaan waarskynlik ook die grootste van sy soort ooit in Suid-Afrika wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bewaringskundiges wil ook die komende toernooi gebruik om \u2018n mynmaatskappy te stuit wat met \u2018n oop steenkoolmyn in die Mapungubwe w\u00earelerfenisgebied begin het. Di\u00e9 myn val boonop in \u2018n oorgrens-bewaringsgebied ook. Suid-Afrika se geskiedenis oor w\u00earelderfenisgebiede is juis nie iets om op trots te wees nie, met Unesco wat al met stappe begin het oor Suid-Afrika se oortredings en voeteslepery in die Vredefort-koepelgebied. Ook hier is berig dat \u2018n Australiese maatskappy na die proklamering nog prospekteerwerk gedoen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Robbeneiland is ook kort-kort in die spervuur, en onlangs is berig dat plakkers \u2018n informele nedersetting in die Wieg van die Mensdom-erfenisgebied opgerig het \u2013 boonop op grond wat weens dolomitiese formasies nie vir huisvesting geskik is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas het die ANC \u2018n klag teen Julius Malema teruggetrek oor sy volharding om \u2018n omstrede liedjie met die woorde: Skiet die Boere\u201d te sing, of nog \u2018n boer, mnr. Johan Strydom, is vermoor. Ontstellende berigte oor plaasmoorde het reeds die buitelandse pers gehaal voor die moord op mnr. Eugene Terre\u2019Blanche die o\u00eb van die w\u00eareld daarop gevestig het. Plaasmoorde is egter nie al ontstellende voorvalle van misdaad nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die regering normaalweg dawerend swyg oor plaasaanvalle, is dit nie skaam om ontstellende kaf oor die landbousektor aan die groot klok te hang nie. Selfs die minister van landbou, Tina Joemat-Petterson wat belowend begin het, sing nou voor in hierdie koor en gedra haar soos te veel ANC-ministers wat nie vir afsprake opdaag nie \u2013 gewoonlik omdat hulle oorsee is.<\/p>\n<p>Opsommend word probleme ontken of afgemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar toe \u2018n groepie regses aangekeer is, is \u2018n nuuskonferensie bel\u00ea asof \u2018n reuse regse komplot om die sokker met aanvalle te teiken ontbloot is. In waarskynlik die mees amateuragtige strategiese kommunikasie-aksie ooit, is \u2018n persepsie by die buiteland geskep wat waarskynlik te make het met \u2018n magsvertoon wat vir die binnelandse gehoor bedoel is dat die regering \u2018n regse bedreiging lag-lag die hoof kan bied.<\/p>\n<p>Sommige faktore wat tot \u2018n ongunstige persepsie oor Suid-Afrika lei kan nie op die regering se brood gesmeer word nie. \u2018n Enkele individu kan groot amok maak, of dit nou met \u2018n fisiese wapen of toegang tot die internet is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit verhoog daarom die druk op die regering om dit wat hy kan aanspreek behoorlik aan te spreek. Die verhogings wat die vervoer-semi-staatsinstellings aanbied is waarskynlik nie onredelik nie, maar die hele prentjie verander in die lig daarvan dat die bestuur aan hulself veel groter verhogings toegestaan het. Kenners waarsku al lank dat die inkomstegaping in Suid-Afrika gevaarlik groot is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om so op te tree dat die herstel van Vrystaatse paaie eers na die sokkertoernooi plaasvind, is ondenkbaar dom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie Suid-Afrikaners is bekommerd dat die toernooi vir Suid-Afrika \u2018n verleentheid gaan oplewer, en daar is genoeg regeringsgeskepte redes om hier en daar bedenkinge te troetel. Om daardie mense as dislojaal en selfs as verraaiers af te maak help ook nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430 \u043e\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Binne enkele weke breek die grootste sportgeleentheid aan wat nog in Suid-Afrika en op die kontinent gehou is. Dit is \u2018n uithangleentheid soos min wat vir die spartelende regering soos manna uit die hemel kom. &#8230;Of is dit? Al hoe meer mense en instansies besef hoeveel waarde die regering aan die geleentheid heg, en begin &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8558\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Sokkerstert as sambok&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8558","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8558","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8558"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8558\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8558"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8558"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8558"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}