{"id":8554,"date":"2010-05-17T05:51:38","date_gmt":"2010-05-17T05:51:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8554"},"modified":"2010-05-17T05:51:38","modified_gmt":"2010-05-17T05:51:38","slug":"maxipers-skop-in","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8554","title":{"rendered":"Maxipers skop in"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Na \u2018n paar weke se gemoedsrus het die Maxipers (Nasionale Pers se naweekpers met Max) verlede Saterdag weer ingeskop. Vandag is die Maxipers weer volstoom in sy f\u00ean, Lisa Albercht, se Rapport in bedryf.<\/p>\n<p> Want sien Max (nie die intelligente een wat so skelms in Jaansberg se dieretuin gevang het nie) was oorsee. En net soos destyds met sy Dakarsafari het hy met sy jongste safari ook weer die kompas kwytgeraak.<\/p>\n<p> Hoe kry \u2018n mens meer idealistiese bollie op een bladsy van Rapport geplaas as wat Max vandag reggekry het? \u2018n Mens staan \u2018n deel van die bladsy aan Antjie Somers, ekskuus, Antjie Sameuls alias Krog af, wat hom na Ethiopi\u00eb vergesel het.<\/p>\n<p> Presies waar hierdie Ethiopi\u00eb is waarvan hulle skryf, weet ek, Blik nie mooi nie. Klink eerder of hulle in Utopia was.<\/p>\n<p> Want die Ethiopi\u00eb wat ek ken, soos onder meer verneem by Ahmahra-kennis wat as vlugtelinge in Suid-Afrika woon, lyk bietjie anders as die een waar Max en Antjie was. En boonop wil hulle \u2018n paar ministers en vir Malema saamvat om te gaan kyk hoe dinge gedoen moet word.<\/p>\n<p> Ek is juis so benoud minister Tina lees die artikels, veral Antjie s\u2019n. Dit sou natuurlik \u2018n groter ramp wees as die prez dit lees, maar die prez kan skynbaar nie Afrikaans lees nie.<\/p>\n<p> Maar om te lees Ethiopi\u00eb ken nie juis werkloosheid nie, en dat die armoede oorkom is deur die land in \u2018n horde plasies van een hektaar elk te verdeel, en dat dit werk, kan groot skade hier aanrig.<\/p>\n<p> Netnou reken die prez sy planne om armoede te bekamp deur klein plasies van tagtig hektaar uit te deel is lewensvatbaar.<\/p>\n<p> Beide Max en Antjie het op Vrystaatse plase in die omgewing van Kroonstad grootgeword. Nie net tagtig hektaar groot nie. Om te boer in die Oos-Vrystaat, wat \u2018n ho\u00ebr re\u00ebnval het as by Kroonstad, het \u2018n boer ongeveer 300 hektaar nodig om \u2018n jaarlikse inkomste van ongeveer gelykstaande as die minimum loon te verdien. Om \u2018n idee te gee, een bees het ongeveer ses hektaar weiding nodig.<\/p>\n<p> \u2018n Mens kan \u2018n goeie inkomste op kleiner grond verdien as \u2018n mens met tonnels boer en weet wat jy doen. Dan het jy stewige oorbruggingsfinansiering nodig om die elektrisiteit vir die waterpompe en ander goed te betaal tot die produkte markgereed is.<\/p>\n<p> Om op een hektaar \u2018n bestaan te kan maak en nog iets vir uitvoer uit te hou, klink eerder of hulle koffiebome diamante as koffie dra. Hul lasdiere, soos kamele en osse wat die ploe\u00eb trek, het skynbaar geleer om stof te vreet. Nee, dit sou help as verduidelik is hoeveel gemeenskaplike grond vir die weiding word uitgehou. Nou ja, \u2018n man kan natuurlik probeer om koffiebome in die Vrystaat te plant en sy trekkers probeer stof voer.<\/p>\n<p> Wat die reisigers natuurlik nie vertel nie, is wat met die derduisende mense op die een hektaar plasies gebeur as daar weer een van die land se gereelde verwoestende droogtes uitbreek. Dan sit nog \u2018n klomp in Suid-Afrika. Ek \u201cdare\u201d ook die prez om te wys wie gaan op \u2018n 80 Ha-plasie in die Karoo \u2018n bestaan gemaak kry. Net \u2018n week dan lyk dit soos Ethiopi\u00eb in \u2018n droogte.<\/p>\n<p> O ja, maar hy reken seker dan kom daar ook strome hulp van die buiteland in. <\/p>\n<p> Ek het ook geleer, soos Max-hulle nou skryf, dat Ethiopi\u00eb nooit gekoloniseer is nie. Ek het egter ook geleer dat omtrent al die paaie en treinspore waaroor Ethiopi\u00eb beskik, gebou is terwyl Itali\u00eb Ethiopi\u00eb beset het. \u2018n Blik Oor-brein is te klein om te verstaan hoekom dit nie as \u201cgekoloniseer\u201d beskou word nie.<\/p>\n<p> Natuurlik is daar ook dele in die artikels waarvan ek hou. Soos ministers wat met ou tjorries ry, en van gewone lugdienste gebruik maak.<\/p>\n<p> G\u2019n so \u2018n leegsuig-kleptokrasie soos hier nie.<\/p>\n<p> En Max klink amper soos \u2018n volkstater soos hy beduie van Ethiopi\u00eb, \u2018n baie heterogene land, wat \u2018n etniese federasie bestaande uit \u2018n klomp volkstate is.<\/p>\n<p> Dit Max, is gewoon moderne staatkunde soos wat \u2018n mens in Indi\u00eb kry (anders as naburige Sri Lanka waar \u2018n etniese minderheid milit\u00ear onder bedwang gebring word), Belgi\u00eb en so aan. As Malema saamgestuur is om hierna te gaan kyk, het my blikore getuit.<\/p>\n<p> Enigeen wat al bietjie oor Ethiopi\u00eb opgelees het, sal weet dat die Ethiopi\u00ebrs baie aansprake maak wat nie gestaaf kan word nie. Een hiervan is dat die afgesette keiserryk afstammelinge van Salomo was \u2013 en die keiser ook die titel van \u201cdie leeu van Juda\u201d gedra het. Om ook sommer die Ethiopiese aanspraak dat di\u00e9 land die eerste amptelike Christenland was, as feit aan te bied is miskien minder omstrede, en is \u2018n aanspraak waarop Armeni\u00eb ook \u2018n bod insit. Armeni\u00eb voer sy aanspraak terug na die jaar 303. Ethiopi\u00eb kan nie \u2018n presiese jaartal verskaf nie, maar die benaderde jaartal is &#8230;303. Anders as Armeni\u00eb is die hele bevolking van Ethiopi\u00eb nooit gekersten nie, en waarskynlik meer as die helfte, veral in die suide, is Moslem en animisties.<\/p>\n<p> Iets wat die tweetal gerus meer van kon vertel, is hoe Ethiopi\u00eb sy elektristiteitskrisis, wat baie aan di\u00e9 van Suid-Afrika herinner, aanspreek. Die krisis daar het vroe\u00ebr aangebreek as in Suid-Afrika. Ongeveer 85 % van Ethiopi\u00eb se elektrisiteit is hidro-krag. Swak beplanning met die bou van nuwe damme het die proses ingelui, en toe kom die droogte ook.<\/p>\n<p> Die effek was verwoestend op Ethiopi\u00eb se vervaardigingsektor, want toe daar weer genoeg krag was (net ongeveer 4 % van die bevolking het toegang tot elektrisiteit), was hierdie ligte nywerhede reeds hul buitelandse markte kwyt. Hulle kon nie weer hul voet in die deur inkry nie.<\/p>\n<p> En ja, teen die einde van verlede jaar \u2013 sonder droogte \u2013 het die probleem hom begin herhaal, en ly die ekonomie jaarliks een persent van sy BNP hieroor skade.<\/p>\n<p> En nee, die tweetal wat so gemeen het Ethiopi\u00eb het nie juis natuurlike hulpbronne buite die landbou nie \u2013 dit het olie en gas in veral die Ogaden en steenkool.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/zdorov-e-i-ujut\/transport\/roliki\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0440\u043e\u043b\u0438\u043a\u043e\u0432\u044b\u0435 \u043a\u043e\u043d\u044c\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na \u2018n paar weke se gemoedsrus het die Maxipers (Nasionale Pers se naweekpers met Max) verlede Saterdag weer ingeskop. Vandag is die Maxipers weer volstoom in sy f\u00ean, Lisa Albercht, se Rapport in bedryf. Want sien Max (nie die intelligente een wat so skelms in Jaansberg se dieretuin gevang het nie) was oorsee. En net &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8554\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Maxipers skop in&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-8554","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8554","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8554"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8554\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8554"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8554"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8554"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}