{"id":8551,"date":"2010-05-16T13:14:29","date_gmt":"2010-05-16T13:14:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8551"},"modified":"2010-05-16T13:14:29","modified_gmt":"2010-05-16T13:14:29","slug":"die-uitgeputte-gees-en-die-rusdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8551","title":{"rendered":"Die uitgeputte gees en die Rusdag"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die arbeider is sy loon waardig. Deel van die loon, so lei ons uit die Bybel af, is om te kan rus na ons die brood in die sweet van \u2018n mens se aanskyn verdien het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uit die Bybel ken ons ook die verpligte rusdag \u2013 die Sabbat, wat deur die meeste Nuwe Testamentiese Christene na Sondag, tegnies die eerste dag van die week, verskuif is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens Christus se omwandelinge op die aarde het die klem van \u2018n wettiese rusdag sterk verskuif na \u2018n dag van afsondering vir God, \u2018n dag om te heilig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is inderdaad ander maniere om die moe\u00eb gees te laat rus, die batterye te laai, as om een dag in die week net mooi niks te doen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die mens se brein en sy liggaam het gewoon \u2018n dag nodig wat anders is. \u2018n Dag om die fokus te verander, anders kan \u2018n mens geestelik uitbrand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Boonop het Jesus ook die konsep van die kalf in die put ingevoer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die mens se gees het egter ook periodiek \u2018n sewende dag nodig om te herstel en laai wat nie op \u2018n letterlike dag van 24 uur dui nie.<\/p>\n<p>Om \u2018n studie te maak oor die presiese konsep van die rusdag op die 7de dag, en watter dag dit moet wees, gaan \u2018n mens lank besig hou. In die Ou Testament kon die afleiding wees dat God \u2018n dag ingestel het omdat Hy, God, aan \u2018n menslike eienskap soos moegheid onderwerp sou wees, terwyl die Nuwe Testament dit duidelik maak dat die rusdag vir die mens gemaak is, en nie die mens vir die rusdag nie.<\/p>\n<p>Ter aanvang oor wat met die woord \u201cdag\u201d verstaan moet word \u2013 die Hebreeuse woord <strong><em>Yom<\/em><\/strong> wat as \u201cdag\u201d vertaal word, kan ook met ander tydperke soos \u2018n seisoen, en selfs \u2018n oneindige tyd vertaal word. Hierdie feit word as kernargument in die debat tussen jong aarde kreasioniste (24-uur dae en dus \u2018n aarde van ietsie oor 6 000 jaar oud) aan die een kant, en ou aarde kreasioniste en De\u00efstiese evolusioniste aan die anderkant gebruik. Laasgenoemde se argument word verder versterk deur Psalm 90 en 2 Petrus 3 wat \u2018n \u201ddag\u201d vir God met \u2018n duisend jaar vergelyk, en omgekeerd.Boonop was die 1 000 vir die Israeliete \u2018n besondere simboliese getal wat ook op die oneindige dui. Vergelyk byvoorbeeld dat God sondes tot in die derde geslag straf (min) maar barmhartigheid bewys aan diegene wat Hom liefhet tot die duisendste (oneindige) geslag.<\/p>\n<p>Antieke Hebreeus het \u2018n beperkte woordeskat gehad van ongeveer 8 000 woorde, terwyl Engels, wat onlangs sy miljoenste woord geregistreer het, sowat \u2018n halfmiljoen woorde gebruik. Frans het sowat 40 000 gebruikswoorde, steeds veel meer as antieke Hebreeus.<\/p>\n<p>Wat met Yom \/ dag bedoel word, moet uit die konteks afgelei word.<\/p>\n<p>Fundamentaliste vereenvoudig die 7-daesaak tot twee Bybelse inskrywings \u2013 dat God die aarde en die uitspansel in ses dae gemaak het, en die Tien Gebooie waar di\u00e9 tema herhaal word, met die uitdruklike instruksie dat die Here op die 7de dag gerus het, en daarom mag ons, ons diere en slawe, ook op hierdie dag geen werk doen nie. Terwyl teolo\u00eb redelik konsensus het dat die skeppingsdae lang tydperke behels, is dit uit die bepalings van die rusdag duidelik dat die sewende dag wat anders moet wees, \u2018n meer letterlike betekenis het. (Vir die luiaard sou dit darem erg gerieflik wees om die ses dae waarin hy moet werk, as letterlike dae op te neem, en die rusdag se \u201cYom\u201d met \u2018n baie langer tydperk te vertaal).<\/p>\n<p>Dit lyk asof die Semiete, onder ander andere, baie lank voor die opkoms van Israel en die geloof in Yahweh, \u2018n sewe-dag week gebruik het. Homerus het onder meer as \u2018n duisend jaar voor Christus na die sewe dae week verwys waarvan hy in sekere bronne kennis geneem het. Die sewe dae is volgens die meeste aanduidings bereken van volmaan na volmaan (28 dae) gedeel deur vier.<\/p>\n<p>Om dit na die Skeppingsverhaal terug te lei, is ingewikkeld. In die eerste Skeppingsverhaal (wat tweede in die Bybel geplaas is) is daar geen aanduiding van \u2018n sewe dae skepping nie. Hierdie skeppingsverhaal dateer moontlik uit die tyd van Dawid of Salomo. Die tweede Skeppingsverhaal, wat uit die tyd van die Babiloniese ballingskap dateer, bevat wel die \u201cdetail\u201d van die 6 dae skepping. Dit het ook sy stel probleme soos dat dag en nag voor die son, maan en sterre geskep is, \u2018n klaarblyklike aanduiding dat dit nie om letterlike 24-uur dae kon handel nie.<\/p>\n<p>Tog het die Israeliete lank voor die Skeppingsverhaal tot hul religieuse literatuur toegevoeg is \u2018n sewe dae week geken, en dat op die 7de dag gerus moet word. Daar is nie tydens die uittog uit Egipte op die Sabbat getrek nie, en manna het ook nie op die Sabbat geval om opgetel te word nie.<\/p>\n<p>Om te bepaal hoe juis die Saterdag as 7de dag bepaal is, is selfs \u2018n nog komplekser saak. Daar is ook meningsverskille oor wanneer die Jode \u2018n vaste patroon begin volg het om dit wat ons nou as Saterdag ken, as standaard die 7de dag te bepaal.<\/p>\n<p>Ten eerste, as \u2018n mens van die skeppingsdae as baie lang tydperke praat, is dit nie moontlik om spesifiek een dag aan \u2018n skeppingsdag of die rusdag te koppel nie. Die eerste bepalings van watter dag die eerste of laaste dag van \u2018n sewe dae periode gekoppel moes wees, is waarskynlik astronomies bepaal. Ten minste aanvanklik, omdat die werklike astronomiese tydperke nie rondom 28 dae gesinchroniseer is nie, is die \u201csewende dag\u201d deurlopend verstel, volgens sommige bronne tot in die Na-Christus-era, en het eers gegiet geraak onder die Romeinse invloed.<\/p>\n<p>Om die verskil tussen \u2018n kalenderjaar en \u2018n astronomiese jaar te oorkom, is periodiek nog \u2018n sewe-dag-periode bygewerk, en in \u2018n langer siklus nog een. So is bitter na-aan die handhawing van \u2018n astronomiese jaar gebly.<\/p>\n<p>Die 7 word ook vanuit die skeppingsduur, maar ook ander bronne as \u201cGod se getal\u201d teenoor die ses as die \u201cduiwel se getal\u201d (dikwels word al twee met drie vermenigvuldig), dws uitgedruk as 777 en 666 respektiewelik. Die AWB se \u201chakkekruis\u201d is in werklikheid drie 7\u2019s wat om mekaar aangebring is, en is bedoel om verbondenheid aan God-drie-enig te betuig.<\/p>\n<p>Dit blyk dus dat die onderhouding van die rusdag as sewende dag dui op \u2018n aanduiding van periodieke rus, eerder as \u2018n nodigheid om te probeer bo alle twyfel vasstel watter dag nou in die besonder die 7de dag sou wees.<\/p>\n<p>Die Christelike gebruik van om Sondag as die 7de dag te heilig spruit uit die grondkonsep dat Christus op die Sondag \u2013 die derde dag \u2013 uit die dood opgestaan het.<\/p>\n<p>Vandag is daar velerlei wette, veral arbeidswette, wat werkers teen uitbuiting beskerm. In die Ou Testamentiese tyd sou slawe en lasdiere waarskynlik nie maklik kans gekry het om te rus as dit nie vir die streng aard van die Tien Gebooie hieroor gewees het nie. \u201cDan mag jy nie werk nie, nie jou slaaf of jou donkie&#8230;\u201d En God sal die oortreder nie ongestraf laat bly nie.<\/p>\n<p>Mense verskil \u2013 sommiges se werk en lewensomstandighede stel nie baie emosionele eise nie, en is \u2018n gedwonge rusdag \u2013 en terselfdertyd geleentheid om kerk toe te gaan \u2013 na-aan voldoende lafenis. Sodoende is daar meer gesinstyd, en tyd vir oordrag van waardes na die volgende geslag.<\/p>\n<p>Ander mense se eie ingesteldheid, of hul werksomstandighede, verg egter ook daardie periodieke \u201cSabbatsweek.\u201d Soos wat die Sabbatsweek die jaar en kalender weer in pas moes bring, dien hierdie Sabbatsweek as herlaaitydperk vir terapeute en beraders wat hul pasi\u00ebnte se probleme aantrek. Geen berader gaan hond-haaraf maak as hy voltyds apaties staan teenoor sy pasi\u00ebnte se kwellinge nie \u2013 maar dit kan mettertyd ook te veel vir selfs die breedste skouers word.<\/p>\n<p>Die Sabbat(sweek) is vir die mens gemaak. Om \u2018n goeie rede.<\/p>\n<p>Weens die Ou Testamentiese \u201cvoorskriftelikheid\u201d word baie hiervan deel van selfs die moderne psige en verstaan van die karakter van die rusdag.<\/p>\n<p>Iemand wat op \u2018n Sondag sy gras sny of planke met \u2018n kragsaag saag, gaan meer waarskynlik \u2018n klag van geraasbesoedeling of rusverstoring op die lyf loop as een wat dit op \u2018n ander dag doen al is daar heelwat meer buigsaamheid van die dae toe visvang op \u2018n Sondag in die Vrystaat wetlik verbied was.<\/p>\n<p>(Ja, soos die grappie gelui het, God straf die visse wat dit waag om op Sondae te gaan swem).<\/p>\n<p>Van die ou mense vertel hoe bitter hulle op Sondae met hul siele onder die arm opgeskeep gesit het, want die ou mense rus, en maak een van die jonges \u2018n geluid, is daar (vermoedelik eers die Maandag) \u2018n geween en die gekners van tande. Want die Bybel s\u00ea jy moet rus, en as jy rus, kan jy nie raas nie.<\/p>\n<p>Vandag is daar selfs banke oop. Al hoe meer inkopiesentra verplig hul huurders om, ter wille van die ankerhuurder, op Sondae bykans volwaardige sake-ure oop te wees. Om seker te maak dat dit ernstig opgeneem word, word huurders verplig om \u2018n sekere personeelsterkte, vergeleke met gewone werksdae, op die perseel te h\u00ea. Groot byeenkomste wat op Sondae plaasvind is algemeen.<\/p>\n<p>Hierteenoor is Sondae in Duitsland oor die algemeen sake-gewys doodstil. In Nederland is daar \u2018n harde gespook om die aantal \u201chandelsondae\u201d uit te brei. \u2018n Nederlandse immigrant wat onlangs by familie in Nederland gaan kuier het, vertel dat as die huishouding se melk in groot dele van Nederland op \u2018n Saterdagaand opraak, sit die gesin gewoon tot Maandag sonder melk. Daar is nie \u2018n plek oop wat Sondae melk verkoop nie.<\/p>\n<p>Geen twee mense sal presies dieselfde aanvoeling h\u00ea oor wat op \u2018n Sondag geoorloof is, en wat nie. Geen mens se opvattings sal van sy kindertyd tot sy oudag dieselfde wees nie.<\/p>\n<p>Opsommend is Sondae die een dag in die week wat vir God afgesonder is. Dit staan egter steeds in die konteks van \u201cbid sonder ophou,\u201d dus dat \u2018n mens nie net op Sondae \u201caanskakel\u201d om \u2018n Christen te wees nie.<\/p>\n<p>En almal het rus nodig \u2013 dit kan net sowel op Sondae ingehaal word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-94\/letnjaja-odezhda\/futbolki-bluzy-rubashki?p=5\">\u0448\u043a\u043e\u043b\u044c\u043d\u044b\u0435 \u0440\u0443\u0431\u0430\u0448\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die arbeider is sy loon waardig. Deel van die loon, so lei ons uit die Bybel af, is om te kan rus na ons die brood in die sweet van \u2018n mens se aanskyn verdien het. Uit die Bybel ken ons ook die verpligte rusdag \u2013 die Sabbat, wat deur die meeste Nuwe Testamentiese Christene &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8551\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die uitgeputte gees en die Rusdag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-8551","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8551","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8551"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8551\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8551"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8551"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8551"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}