{"id":8512,"date":"2010-05-14T05:59:11","date_gmt":"2010-05-14T05:59:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8512"},"modified":"2010-05-14T05:59:11","modified_gmt":"2010-05-14T05:59:11","slug":"afrikaners-in-die-vierde-wereld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8512","title":{"rendered":"Afrikaners in die vierde wereld"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaners bevind hulself met n\u00f3g politieke mag n\u00f3g \u2018n land, is slagoffers van regstellende aksie en SEB, verarm by die dag en word uitgemoor. Afrikaners is \u2018n&nbsp; volk met &#8216;n eie identiteit, taal en tradisies. Daar is \u2018n segment van die Afrikanervolk wat streef na herwinning van politieke solidariteit met die doel&nbsp; om deur hulleself regeer te word. Die enkele groot probleem is grondgebied.&nbsp; Elke stukkie grond behoort aan \u2018n staat waar meer as een volk deur &#8216;n enkele regering regeer word. &nbsp;<\/p>\n<p>Ons kan nie grond koop nie want dit behoort reeds aan \u2018n soewereine staat. Die Verenigde Nasies Handves verbied&nbsp; inmenging in die interne sake van ander state vir wat dit werd is. Die soewereine staat soos in die geval van Suid Afrika, sal baie moeilik grondgebied afstaan aan \u2018n minderheidsgroep van die vierde wereld. Die eens vooruitstrewende&nbsp; Afrikanervolk bevind hom nou in die geledere van die vierde w\u00eareld volke wat beskou word as verarmde volke met geen regte op natuurlike hulpbronne of enige ekonomiese vooruitgang nie.<\/p>\n<p>Ongeveer \u2018n derde van die w\u00eareldbevolking is vierde w\u00eareld volke wat geen internasionale erkenning geniet nie en ook nie oor eie grondgebied beskik nie.&nbsp; In die periode na die Tweede W\u00eareldoorlog tot&nbsp; 1994 was daar 250 oorlo\u00eb.&nbsp; 145 van die oorlo\u00eb was intern tussen volke en tussen \u2018n volk en die regering. Meer as 75% van die 145 oorlo\u00eb was omdat die regering nie die volk se selfbeskikkingsideaal wou akkomodeer nie (Seton. K. 1999. Center for World Indigenous Studies). &nbsp; Landsgrense in die geskiedenis is bepaal deur interne en eksterne oorlo\u00eb.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaners het hul politieke mag en land verloor deur Afrikaners.&nbsp; Die ANC regering en sy instellings erodeer&nbsp; die ander magsbasisse tot so mate dat die Afrikaner sy identiteit gaan verloor. Daar is nog weinig onderhandel vir selfregering en sou daar onderhandel word, is die kanse baie skraal dat grondgebied vrywillig oorhandig gaan word. Opsies&nbsp; vir Afrikaner selfbeskikking is baie beperk. Dit is onwaarskynlik dat selfbeskikking&nbsp; deur&nbsp; onderhandelinge bereik sal word. Die Afrikaner se posisie en selfregeringsideaal moet aggressief en intens aan die internasionale gemeenskap opgedra word.&nbsp; Volksmoord moet deur die&nbsp; internasionale gemeenskap erken word om stukrag te gee aan toekomstige&nbsp; eise vir selfbeskikking.<\/p>\n<p>&nbsp;Dit is egter noodsaaklik dat eers vasgestel word wat Afrikaners ondersteun. Is dit \u2018n Volkstaat of erkenning as \u2018n volk in die plurale samelewing van Suid Afrika? Dit is tiperend dat state wat oor meer as een volk regeer sal probeer om spesifieke&nbsp; kulture en tradisies te vernietig en \u2018n nasiestaat te bou. Dit is prematuur om op die stadium te praat van \u2018n Volkstaat of selfbeskikking alvorens daar nie duidelikheid is hoeveel mense die gedagte ondersteun nie. Die potensiele Volkstaat sal ook&nbsp; begrens&nbsp; moet word voordat enige eise gestel kan word. Die vraag is wie beskik oor die wil en infrastruktuur om die studie te onderneem? &nbsp;<\/p>\n<p>Die ANC regering&nbsp; se swak prestasie skep geleenthede waarop kapitaliseer kan word. Realiteite in die verband is volop en strek van powere dienste tot volksmoord. Sonder \u2018n verteenwoordigende struktuur&nbsp; vir Afrikaners gaan dit ook \u2018n verlore geleentheid wees. Ons stryd is nie uniek nie.&nbsp; Daar is ongeveer 6000 vierde w\u00eareld volke met wie die Afrikaner kan skakel. Terwyl die w\u00eareld globaliseer is daar ook gelyktydige etniese fragmentering. Ten minste is daar internasionaal \u2018n groterwordende bewustheid van minderheidsgroepe se strewe na selfbeskikking.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/telezhki_instrumentalnye\/\">\u0442\u0435\u043b\u0435\u0436\u043a\u0438 \u0438\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043c\u0435\u043d\u0442\u0430\u043b\u044c\u043d\u044b\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.xrayvaz.ru\/object\/dostavka-iz-kitaya-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Afrikaners bevind hulself met n\u00f3g politieke mag n\u00f3g \u2018n land, is slagoffers van regstellende aksie en SEB, verarm by die dag en word uitgemoor. Afrikaners is \u2018n&nbsp; volk met &#8216;n eie identiteit, taal en tradisies. Daar is \u2018n segment van die Afrikanervolk wat streef na herwinning van politieke solidariteit met die doel&nbsp; om deur hulleself &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8512\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikaners in die vierde wereld&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[],"class_list":["post-8512","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8512","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8512"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8512\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8512"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8512"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8512"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}