{"id":8498,"date":"2010-05-12T06:31:35","date_gmt":"2010-05-12T06:31:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8498"},"modified":"2010-05-12T06:31:35","modified_gmt":"2010-05-12T06:31:35","slug":"malemanog-steeds","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8498","title":{"rendered":"Malema&#8230;nog steeds"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Volgens die Suid-Afrikaanse reg is iemand onskuldig tot sy skuld bewys is. Heelwat lastersake in Suid-Afrika volg nadat iemand sonder \u2018n skuldigbevinding as iets ge\u00ebtiketteer is.<\/p>\n<p> Die ANC se interne verhoor rondom Julius Malema behoort volgens dieselfde beginsels hanteer te word. Drie van die vier klagtes teen hom is egter laat vaar, waaronder die feit dat hy weer die liedjie, \u201cSkiet die Boere\u201d, gesing het na pres. Zuma gelas het dat die liedjie nie meer gesing word nie.<\/p>\n<p> Tog is dit insiggewend waaraan Malema w\u00e9l skuldig bevind is: Hy het naamlik in die openbaar gekla dat nie eens oud-pres. Thabo Mbeki het hom getugtig soos wat Zuma dit doen nie. Veral uit die vonnis, wat onder meer bepaal dat hy behandeling vir die beheer van sy woede ontvang, is dit duidelik dat sy optredes oor klagtes wat laat vaar is, wel deeglik verreken is. Di\u00e9 vonnis sou veel beter pas by sy singery en veral die verleentheid wat hy die land besorg het met die uitjaag van \u2018n BBC-joernalis tydens \u2018n nuuskonferensie.<\/p>\n<p> Dit blyk dat die drie klagtes as deel van \u2018n pleitooreenkoms laat vaar is. So is heelwat van Malema se opgeblase statuur behou, maar ongelukkig is die polariserende effek van sy optredes op die Suid-Afrikaanse bevolking nie verreken en minstens ten dele ontlont nie. Hieroor is daar nog \u2018n regsproses in die openbare regstelsel, waaronder \u2018n verhoor voor die gelykheidshof.<\/p>\n<p> Die beslissing dat die drie klagtes laat vaar word, het egter ook \u2018n impak op Suid-Afrika se internasionale betrekkinge. Die belangrikste hiervan is die impak op Suid-Afrika se bemiddelingsrol in Zimbabwe. Malema het Suid-Afrika in die verleentheid gestel deur blatant kant te kies vir Robert Mugabe. Tegnies staan di\u00e9 kantkiesery nou.<\/p>\n<p> Presies hoe belangrik die komende gelykheidshof- en moontlike ander verhore geword het, blyk uit die bewoording van Malema se verskoning, wat hy as deel van sy vonnis moes aanbied. In di\u00e9 verskoning wat hy aangebied het moes hy die verskoning rig aan die president van die ANC, die ANC en die publiek oor die algemeen.<\/p>\n<p> Dit is egter waarvoor hy verskoning moet vra wat die smakie van pikantheid dra: Hy is jammer dat hy die ANC-president se statuur aangetas het, en dat hy verdeeldheid binne die ANC veroorsaak het. Dat die publiek in die algemeen hiervoor verskoning gevra moet word, dui daarop dat die dissiplin\u00eare komitee \u2018n ongesonde onvermo\u00eb het om die ANC van die staat te onderskei. Binne \u2018n demokrasie is dit immers juis \u2018n goeie ding as daar krake in \u2018n te sterk regerende party kom, wat bowendien noustrop trek om in die beste belang van die land te regeer.<\/p>\n<p> In vandag se dagbladpers word onder meer berig oor die agterstand van bykans R75 miljard in padonderhoud, terwyl Vrystaters blykbaar tot na die w\u00eareldbeker sal moet wag voor die haglike padtoestande aangespreek word.<\/p>\n<p> Van sterk voornemens om korrupsie vas te vat het na \u2018n jaar op die troon nog bykans dadels gekom.<\/p>\n<p> Op die telbord van optredes blyk darem nou dat \u2018n belhamel wat die land oneindige skade berokken het, polarisasie die hoogtes ingjaag het, nou die man vir wie hy eens bereid was om ander dood te maak, om verskoning moes vra weens oneerbiedigheid teenoor die einste persoon, die president self.<\/p>\n<p> Die hele oefening, so lyk dit, was bloot om bietjie gesag aan Zuma se beeld as uitrafelende president te gee. Die ANC se belange is ook loshande bo di\u00e9 van die land gestel.<\/p>\n<p> Landsbelang is nou terug in die openbare regstelsel.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">play clue classic<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3895972\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Volgens die Suid-Afrikaanse reg is iemand onskuldig tot sy skuld bewys is. Heelwat lastersake in Suid-Afrika volg nadat iemand sonder \u2018n skuldigbevinding as iets ge\u00ebtiketteer is. Die ANC se interne verhoor rondom Julius Malema behoort volgens dieselfde beginsels hanteer te word. Drie van die vier klagtes teen hom is egter laat vaar, waaronder die feit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8498\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Malema&#8230;nog steeds&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-8498","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8498","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8498"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8498\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8498"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8498"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8498"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}