{"id":8497,"date":"2010-05-12T06:28:10","date_gmt":"2010-05-12T06:28:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=8497"},"modified":"2010-05-12T06:28:10","modified_gmt":"2010-05-12T06:28:10","slug":"beginsels-en-populariteit-hoe-kies-die-kiesers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=8497","title":{"rendered":"Beginsels en populariteit \u2013 hoe kies die kiesers?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Pas het \u2018n nuwe kieskompas in Nederland die lig gesien. Di\u00e9 kieskompas merk op dat baie kiesers in Nederland in hul harte met die beleid van die betreklike klein ChristenUnie saamstem, maar dat 80 % van die kiesers s\u00ea hulle sal nooit hul kruisies by di\u00e9 party trek nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Waarnemer meen die ChristenUnie se bykans onversetlike houding oor aborsies en genadedood moet die blaam dra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om van buite te veel in die Nederlandse politiek te probeer lees is fataal. Die Nederlandse pers skryf hul politiek is daarvoor vir buitelanders veels te skisofrenies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog laat dit sekere vrae ontstaan. In lande soos Nederland (CDA en CU), Belgi\u00eb (CD &amp; V) en Duitsland (CDU) is die Christen-demokratiese partye (nog) die dominante partye in die regerende koalisies. Hier in Suid-Afrika, waar 80 persent van die mense hulself as Christene opgee, figureer Christen-demokratiese en Christen-Volkseie partye op die rand van die radarskerm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe Cope tot stand gekom het en sy beleidsvoete moes vind, was die politieke dam aan die kant van humanistiese politiek \u2013 liberaal-demokraties, sosiaal demokraties, sosialisties, ens oorbevolk. Die dam van Christen-demokrasies erg ylbevolk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En vir so verre Cope beleidstekens toon, lyk dit of hy eerder ook in die oorbesette hoek gaan indons het, sy pogings om prominente kerklui te betrek ten spyt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom Suid-Afrika so lyk, het moontlik baie te make met die lang geskiedenis as deel van die Engelse w\u00eareld. Die Engelse w\u00eareld, Brittanje in die besonder, se grootste partye mag dalk nie Christen-demokratiese per se wees nie (hoewel die Tories organisatories inskakel by die oorkoepelende liggaam vir Christen-demokratiese partye), maar die kiesafdeling-kiesstelsel neig om dit wat voet in die deur het, taamlik te verskans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n omgewing waar jou party se beleid almal geval, maar die uitbring van stemme anders lyk, is so \u2018n stelsel rof met partye wat opgang wil maak, tensy hulle regionaal deurbreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien moet ook nie te veel gelees word in die huidige posisie van die Christen-demokrate in Europa nie. Oor \u2018n paar jaar kan dit dalk lyk of die Christen-demokrate \u2018n soort transito-fase vervul het van die era van liberalisme en permissiwiteit, na \u2018n swaai terug na konserwatiewer waardes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie redes is geopper vir die verskynsel dat \u2018n skynbaar baie liberale Wes-Europa sy rug, skynbaar sat vir permissiwiteit \u2013 op liberalisme gedraai het, en steeds as dikwels ate\u00efste, hul kruisies by die Christen-demokrate gaan trek het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou is daar in verskillende Wes-Europese lande \u2018n skynbare trek na verder behoudend \u2013 soos Denemarke, maar in besonder Belgi\u00eb waar Vlaamse nasionalisme gevoed word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom gebeur iets soortgelyks nie struktureel in Suid-Afrika nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat kiesers lankal nie meer so gekonsolideerd agter die groot partye staan as wat die werklike stemgetalle aandui nie is heelmoontlik. \u2018n Mens hoef maar net \u2018n oog te werp op internet-meningspeilings, op munisipale betogings, Cope se probleme, en die DA wat skynbaar op die punt staan om die ID in te sluk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pres. Zuma het ook reeds swart kiesers daarop gewys dat hulle moreel verplig is om vir die ANC te stem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog is daar geen groot, werklik mededingende Christelike-volkseie-party in die parlement nie, en is die Christen-demokratiese partye oor die algemeen net so klein en versplinterd soos die regse partye, met, selfs al word hul getalle bymekaar gereken, steeds klein bly.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer daar gestem word, gaan koek die kiesers steeds in die oorvol-gedeelte van die dam saam.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die antwoord uit verskillende dele van die land sal verskil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Duidelike demonstrasie: Met die laaste oorlooptydperk het \u2018n sekere Wes-Kaapse raadslid van die ACDP, erg fundamentalisties, uitgesproke pro-jong aarde kreasionisme, na die DA oorgeloop. In Gauteng loop \u2018n raadslid, \u2018n boer, na die ANC oor. Beide is blank, Afrikaans. Die Gautengse lid het \u2018n lang, bitter naar ervaring van die DA in sy raad agter die blad, wat onder meer voortydig grondbelasting op landbougrond ingestel, en met vervolging teen \u201cwanbetalers\u201d begin het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog, breedweg kan die indruk nie ontsnap word dat die DA in die Wes-Kaap veel meer opgehemel word as in die res van die land nie. Daar het die DA immers die ANC se kortstondige \u201cbevryding\u201d van die Wes-Kaap afgeskud, en kon die provinsie onder die res van die land uit begin uitpresteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of die demokrasie in die Wes-Kaap as iets anders verstaan sal word as dat dit beteken \u2018n kieser kan vir enige party stem solank dit die DA is, wanneer die DA se posisie gekonsolideer sal wees, is moeilik om te voorspel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om te beweer die ander (kleiner) partye het net hulself te blameer vir situasie, is deels waar, maar die DA het ook lang lyste blapse op die kerfstok \u2013 raadslede wat uit die provinsies waar hulle verkies is verhuis, maar geen vakatures verklaar word nie, raadslede wat \u201clewend ontval,\u201d raadslede wie se name saam met ANC-raadslede op lyste van wanbetalers pryk, \u2018n onderburgemeester wat benewens \u2018n reistoelaag ook \u2018n gehuurde ampsmotor kry &#8230;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Persoonlikheidsbotsings, duidelike onderlinge beleidsverskille en waardesisteme&#8230; dis alles daar teenwoordig.&nbsp; Tog groei die party. Vir die ander is dit dikwels fataal. Het Suid-Afrika, soos baie ander lande,. \u2018n minimum drempel gehad van persentasie stemme om op verteenwoordiging in die parlement geregtig te wees, was \u2018n hele span daarmee heen. In sommige lande is die drempel so hoog as sewe persent. In Suid-Afrika sit \u2018n span partye in die parlement wat minder as twee, en selfs een persent stemme gekry het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die huidige samestelling is egter nie heeltemal iets wat sommer sal herhaal nie. Met die totstandkoming van Cope het \u2018n gees onder baie kiesers posgevat dat hierdie die eerste kraak in die ANC verteenwoordig, en behoorlik stukrag gegee moet word. Partye het dus baie stemme verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Deel hiervan was sterk ANC-kaders, wat egter in die ANC gesien het hulle gaan nie die mas opkom nie, en opportunisties na kleiner partye soos die ACDP gemigreer het waar sommiges inderdaad daarin geslaag het om tot bo te vorder (en dan met \u2018n oorloop terug te keer ANC toe, maar in \u2018n stewig-versterkte posisie). Met Cope se totstandkoming het hierdie party skynbaar dieselfde opsie gebied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In wese het baie kiesers opportunisties of hoopvol hul gewig by Cope ingewerp met die hoop dat dit \u2018n soortgelyke magsbreuk vir die ANC sou inhou as die DA in die Wes-Kaap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met \u2018n nuwe verkiesing sal die Cope-suigkrag waarskynlik nie meer so aanwesig wees nie, en is dit moeilik denkbaar om te voorsien hoe die DA sy Wes-Kaapse rol (nou reeds) suksesvol na die res van die land sal kan \u201duitrol\u201d. In die res van die land sal anders gedink moet word \u2013 elke kieser sal optimaal die geleentheid moet h\u00ea om die beginsels waaroor hy sterk voel te kan uitleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Christen-volkseie gaan nie as \u201clastig\u201d van die tafel gevee kan word nie, en nog minder met argumente oor outyds of verkramp \u2013nie met die \u201cwonderlike\u201d grondwet wat kort-kort nie so wonderlik werk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Interessante vraag is of die Christen-demokrasie oor die momentum \u2013 veral intellektuele momentum \u2013gaan beskik om nou die simplistiese veldtog van \u201cgodsdiens hoort nie in die politiek nie\u201d teen te werk. Veral nou dat \u2018n reuse aantal \u201cmighty men\u201d aldus die voorafaankondigings by Greytown moes gaan hoor \u2018n Christen is \u2018n Christen, nie net in die kerk nie, maar ook in die gesin, die skoolbeheerraad,&nbsp; die parlement. In kort, hy kan nie Sondae teen aborsies en dobbel&nbsp; en die res van die week daarvoor wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar &#8230;die Christen-demokratiese en Christelike volkseie partye moet ook hul kant bring. Plek-plek is nuwe besems nodig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met waarskynlik meer eertydse prominente lede deur eerw. Kenneth Meshoe uit die ACDP gedryf as wat hulle nou in die party bevind, is dit geen geheim wat bedoel word nie. Hy is waarskynlik eiehandig daarvoor verantwoordelik dat die ACDP \u2013in weerwil van die aanspraak op die webwerf van \u201cthe fastest growing party in South Africa\u201d meer as die helfte van sy nasionale en provinsiale setels prysgegee het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volkseie is doodgewoon deur \u2018n grondwetlike bedeling uitverkoop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stemreg-gedeelte van demokrasie sal eers werk as kiesers vir die beginsels kan stem waarin hul glo.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe gaan die uitslag lyk as stembriewe vervang word met \u2018n rekenaarpaneel waarop die kiesers beleidsvrae moet beantwoord. Vrae soos: \u201cGlo u in privaat besit? Glo u in aborsies op aanvraag? Glo u in die doodstraf?\u201d Na afloop van die verkiesing verwerk die rekenaar die antwoorde ooreenkomstig die partye se beleid, en ken setels toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder Zuma se app\u00e8l op swart kiesers dat hulle moreel verplig is om vir die ANC te stem, gaan die uitslag baie, baie anders lyk.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/zaryadnye_i_pusko_zaryadnye\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0437\u0430\u0440\u044f\u0434\u043d\u043e\u0435 \u0443\u0441\u0442\u0440\u043e\u0439\u0441\u0442\u0432\u043e \u0434\u043b\u044f \u0430\u0432\u0442\u043e\u043c\u043e\u0431\u0438\u043b\u044c\u043d\u044b\u0445 \u0430\u043a\u043a\u0443\u043c\u0443\u043b\u044f\u0442\u043e\u0440\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/vestiua.com\/ru\/news\/20150223\/64209.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pas het \u2018n nuwe kieskompas in Nederland die lig gesien. Di\u00e9 kieskompas merk op dat baie kiesers in Nederland in hul harte met die beleid van die betreklike klein ChristenUnie saamstem, maar dat 80 % van die kiesers s\u00ea hulle sal nooit hul kruisies by di\u00e9 party trek nie. \u2018n Waarnemer meen die ChristenUnie se &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=8497\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Beginsels en populariteit \u2013 hoe kies die kiesers?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[],"class_list":["post-8497","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8497","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=8497"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/8497\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=8497"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=8497"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=8497"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}